Krieket

PNHS se krieketakademie slaan jou vir 'n ses vanuit gevestigde waardes en krieketetiket.
Baie welkom by Pretoria-Noord se krieketwebblad. Ons is baie trots op ons krieketspelers en werk deurlopend daaraan om die sport in ons skool te verbeter en vir ons spelers meer geleenthede in die sport te skep.
Krieket is ‘n gewilde sport met ‘n ryk geskiedenis waar jong spelers ‘n verskeidenheid waardevolle vaardighede soos samewerking en spanwerk ontwikkel asook dissipline en strategie leer. Dit bied ook ‘n platform vir fisiese fiksheid, uithouvermoë, en koördinasie, wat vir die algemene gesondheid en welstand van die spelers van onskatbare waarde is.
In 2025 begin ons ontwikkelingsspan in die eerste kwartaal se liga deel te neem aan die TH-reeks. Ons spanne neem deel aan die Northerns-ligas.
Spanne:
Onder 14
Onder 15
2 De Span
1 Ste Span
Moontlike Toere:
1 Ste Span gaan aan die Vossie krieket toer deelneem in Tzaneen 7-11 Julie by Hoërskool Ben Voster.
Onder 15 gaan aan die Jaru Sport Academy krieket toer deelneem in Rustenburg 27 Junie - 01 Junie.
Onder 14 gaan aan die Jaru Sport Academy krieket toer deelneem in Rustenburg 27 Junie - 01 Junie
Afrigters:
Organiseerder: Louis Lottering
Hulp Organiseerder: Zander Gouws
Onder 14 - Louis Lottering, Ulrich Gouws
Onder 15 - Gregory van Aswegen, Ludwig Erasmus
2 de Span - Francois Steyn, Pieter van Niekerk
1 Ste Span - Zander Gouws, Hulp Afrigters