Waarna is jy opsoek?


Hokkie


Hokkie

Hokkie is ‘n spansport wat fiksheid, koördinasie, balvaardigheid en samewerking in spanverband vereis en bevorder. PNHS spog met 5 dogterspanne en 1 seunspan. Al ons dogterspanne neem deel aan die Stadsbeker-liga sowel as die jaarlikse PUK-16 reeks. Tydens die af seisoen skenk ons aandag aan fiksheid en kondisionering. PNHS hokkie fokus op die ontwikkeling van spelers, tegniese vaardighede, spelbewustheid en kondisionering.


In die opwindende wêreld van sport, waar vasberadenheid en vaardighede mekaar ontmoet, staan ​​een sport uit: Hokkie. Terwyl stokke bots en harte jaag, oortref hierdie geliefde sport blote mededinging, vorm bande wat ‘n leeftyd hou en steek vlamme van ywer in elke speler aan die brand.

Wat hokkie onderskei, is sy unieke mengsel van styl en krag. Dit vereis akkuraatheid, en blitsvinnige reflekse, alles terwyl dit kreatiwiteit en innovasie op die veld bevorder. Elke wedstryd is ‘n harmonie van vaardige aflê, gewaagde aanvalle en heldhaftige reddings - ‘n skouspel wat spelers en toeskouers boei.

Ons seisoen begin reeds in die vierde kwartaal waar die spelers die geleentheid gebied word om hul vaardighede op te skerp. Die gimnasium word reg deur die jaar benut onder toesig van n gekwalifiseerde instruktrise.

PNHS-dogtershokkie neem jaarliks aan die NWU Super Reeks deel sowel as die Northerns Blues G3 Hokkie-liga.Seunshokkie neem jaarliks aan die NWU Super Reeks deel sowel as die Northerns Blues 6e Hokkie-liga.

PNHS se hokkie spog met ‘n splinternuwe astro oppervlak wat ons die geleentheid bied om te werk aan ons vaardighede op astro-oppervlak.

Die interne 6 aan n kant toernooi waar leerders en personeel van PNHS betrek word is n hoogtepunt op die kalender.

AFRIGTERS en SPANBESTUURDERS:

1ste span Dogters:
AFRIGTER: Gregory van Aswegen
Vlak 1 Afrigter SAHA geakkrediteerd, SACD Northerns Blues-speler

1ste span Seuns:
AFRIGTER: Andrew Durdle
Vlak 2 oorbruggings Afrigter SAHA geakkrediteerd.AVS afrigter
SPANBESTUURDER: Kaitlyn Mon

2de span Dogters:
AFRIGTER: : Elske Du Toit
Vlak 0 Afrigter SAHA geakkrediteerd

o16 A-span:
AFRIGTER: : Stiena Bornman (Hoofafrigter)
Vlak 1 Afrigter SAHA geakkrediteerd
Verskeie AVS Nasionale spanne afrigter en spanbestuurder, 24jaar ondervinding

o15 A-span:
AFRIGTER: Ansebe Prinsloo
Vlak 1 Afrigter SAHA geakkrediteerd

o14 A-span:
AFRIGTER: Marné Driescher (Organiseerder)
Vlak 1 Afrigter SAHA geakkrediteerd



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


2025 Prestasies

  • PNHS seuns is liga wenners.
  • PNHS seuns is wenners van die Plaatafdeling by die NWU Sportreeks.
  • PNHS dogters eindig algeheel 2e in die G3 liga.
  • o15 Dogters wen G3 liga en kwalifiseer vir Noordvaal uitspele.
  • o15 Dogters eindig 3e in NWU Sportreeks.
Verskeie spelers is opgeneem in die AVS Bokkieweek spanne:

Klara Strydom o19 Wes (Winterweek) en o17 Noord (Somerweek).

Ewan Rynners o19 Noord (Winterweek).

Liamay Botha o17 Wes (Somerweek).

Charney Badenhorst o15 Noord (Somerweek) en o16 Wes (Winterweek).

Ankia Smal o15 Wes (Somerweek).

Verkies tot Nasionale spanne:

Klara Strydom O/17 Gazelle-span.

Charney Badenhorst O/15 Presidente-span.

Vir meer inligting, kontak die organiseerder by [email protected].


Gallery



Terug