VLR


VLR

Die VLR is die wettige demokraties verkose verteenwoordigende liggaam van die leerders van die skool. Jaarliks word drie verteenwoordigers uit die VLR gekies om as spreekbuis op te tree tussen die leerders en die Beheerliggaam.


Die VLR bou ‘n eenheidsgees en ‘n positiewe gesindheid teenoor die klasgroep, die skool en alle aktiwiteite binne die skool. Alle klaspogings en optrede geskied onder leiding en organisasie van die VLR-lede. Die VLR is die spreekbuis van die klas wanneer iets onder die aandag van hoër gesag gebring word. Die VLR-lid is verantwoordelik vir die goeie orde in elke klas en oral waar hulle beweeg.

Hulle verwelkom nuwe leerders en verleen hulp waar hulle kan. Hulle bepaal die behoeftes in hulle voogklas en meld dit aan. Hulle laat hulle klasmaats se verjaarsdae, prestasies en ernstige beproewinge nie ongesiens verbygaan nie. Dit is die VLR-lede se plig om leerders op hoogte van gebeure binne die skool en in die gemeenskap te hou en maak almal betrokke daarby.

Die VLR bevorder goeie verhoudings tussen leerders en alle personeel van die skool en stel ten alle tye ‘n voorbeeld.

Om deel van die VLR te wees gee ‘n leerder die geleentheid om vroeg in hulle lewe te leer om leiding te neem sodat elkeen se leierseienskappe ontwikkel en hulle sodoende voorberei word vir die volwasse lewe. Gedurende die jaar word VLR-lede toegerus deur die regte leiding van die VLR-voogde. Die skool bied jaarliks ‘n leierskap ontwikkelingskursus deur professionele mense aan wat leerders toerus vir hulle taak.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


PNHS Leiers

VLR 2025

Ontmoet ons nuutverkose VLR-lede vir 2025!

Baie geluk aan elkeen en sterkte met jul groot taak.

Graad 8:
  • Janco Schoonraad
  • Mieke Olivier
  • Johan Velthuysen
  • Jodi du Plessis
  • Aiden Gerber
  • Zanté Marx
  • Eduan Engelbrecht
  • Zené Swart
  • Jan-Hendrik van Wyk
  • Tahlecia Opperman
  • Dario van Deventer
  • Mila Jansen van Vuuren
Graad 9:
  • Tyler Neveling
  • Charney Badenhorst
  • Nathan Siebert
  • Danika Trollip
  • Deerik Ellis
  • Mia Viljoen
  • Kayden Steenkamp
  • Nimrie Beyleveld
  • Wihan Flavell
  • Nicola du Plessis
  • Zaine Koekemoer
  • Lara van Schalkwyk
Graad 10:
  • Matthew Roselt
  • Amé van der Westhuizen
  • Jayden Botes
  • Erika Jonker
  • Hanno Bennemeer
  • Fortune Magongoa
  • Raynard Bosman
  • Jessica Watt
  • Michael de Villiers
  • Mia Rynners
Graad 11:
  • Santino Engelbrecht
  • Marlia Botha
  • Kgosi Rammutla
  • Chanté Zeelie
  • Caleb Plaatjies
  • Leandi Jones
  • Ewan Rynners
  • Liané Schutte
  • Paul Benade
  • Dominique Gerritzen
  • Rohan Louw
  • Annabelle van Wyk
Graad 12:
  • Christof Fourie
  • Dima Khoza
  • Ruben van Zyl
  • Ashlee Jordaan
  • Kaelo Muhammed
  • Elmarie van Rooyen
  • Ewald Thorpe
  • Marique Bam
  • Jacques Runnalls
  • Suzel Nel


Gallery



Terug