Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
VLR
Die VLR is die wettige demokraties verkose verteenwoordigende liggaam van die leerders van die skool. Jaarliks word drie verteenwoordigers uit die VLR gekies om as spreekbuis op te tree tussen die leerders en die Beheerliggaam.
Die VLR bou ‘n eenheidsgees en ‘n positiewe gesindheid teenoor die klasgroep, die skool en alle aktiwiteite binne die skool. Alle klaspogings en optrede geskied onder leiding en organisasie van die VLR-lede. Die VLR is die spreekbuis van die klas wanneer iets onder die aandag van hoër gesag gebring word. Die VLR-lid is verantwoordelik vir die goeie orde in elke klas en oral waar hulle beweeg.
Hulle verwelkom nuwe leerders en verleen hulp waar hulle kan. Hulle bepaal die behoeftes in hulle voogklas en meld dit aan. Hulle laat hulle klasmaats se verjaarsdae, prestasies en ernstige beproewinge nie ongesiens verbygaan nie. Dit is die VLR-lede se plig om leerders op hoogte van gebeure binne die skool en in die gemeenskap te hou en maak almal betrokke daarby.
Die VLR bevorder goeie verhoudings tussen leerders en alle personeel van die skool en stel ten alle tye ‘n voorbeeld.
Om deel van die VLR te wees gee ‘n leerder die geleentheid om vroeg in hulle lewe te leer om leiding te neem sodat elkeen se leierseienskappe ontwikkel en hulle sodoende voorberei word vir die volwasse lewe. Gedurende die jaar word VLR-lede toegerus deur die regte leiding van die VLR-voogde. Die skool bied jaarliks ‘n leierskap ontwikkelingskursus deur professionele mense aan wat leerders toerus vir hulle taak.
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
2026 Verteenwoordigende Leerderraad:
8A
Francois Bezuidenhout
Lené Bezuidenhout
8B
Riando Niemand
Luané Paterson
8C
Huyser Fourie
Miandri Ysel
8D
Cilliers Janse van Rensburg
Mieke Mulle
8E
Léru Snyman
Chandri du Plessis
8F
Caleb de Lange
Lianie Potgieter
9A
Janco Schoonraad
Ayisha Kritzinger
9B
Pheto Molokomme
Donay Nagel
9C
Johan Myburgh
Caitlyn Paterson
9D
Kevin du Preez
Ansonelle Dearlove
9E
Bonolo Malatse
Simoné van der Walt
9F
Dario van Deventer
Zené Swart
