Revue


Revue

PNHS se revue sal enige kultuurliefhebber se tone laat omkrul van lekkerkry. Dit is geen geheim dat die vertonings iets vir almal inhou en dat die revue elke jaar oor ‘n tema beskik wat die gehoor se hartsnare ,op ‘n voelgoed wyse, roer nie.


Die oudisies word al vroeg in Februarie afgelê en daarna begin die leerders volstoom oefen. Die leerders oefen twee maal per week, Dinsdae en Donderdae, van 16:00-18:00.

Saam met die danspassies, wat deur ‘n gekwalifiseerde dansinstrukteur uitgewerk is, om by die tema en storielyn te pas, word daar ook ‘n klankopname gemaak waar daar ongeveer twintig leerders gekies word vir die opname.

Dit is ook natuurlik gepas dat die leerders in die regte kostuums en gegrimeer is en daarom lyk die groep elke jaar spoggerig op die verhoog. Buiten vir die oefen, hou die revue hope pret en ontspanning vir die leerders in en word nuwe vriendskapsbande gesmee.

Kompetisies en optredes skop vroeg in die derde kwartaal af en die groep neem aan soveel as moontlik kompetisies deel.

In die vierde kwartaal sluit die groep hul seisoen af met ‘n aand se genot by Barnyard wat met die jare ‘n revue-tradisie geword het. Maak los jou litte, laat spat met die blinkers en sing uit volle bors, want by PNHS se revue is dit ‘n fees om op die verhoog te wees.

Afrigters / Personeel betrokke:

Belinda van Vuuren (Choreograaf + eienaar van Studio 5)
Juffrou Basson (Organiseerder)
Juffrou van Niekerk
Juffrou Avenant
Juffrou Bezuidenhout



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus




Gallery



Terug