Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Mnr en Mej PNHS
Mnr. en Mej. Hoërskool Pretoria-Noord - Die sosiale glansgeleentheid van die jaar.
Mnr. en Mej. Hoërskool Pretoria-Noord is verseker een van die hoogtepunte op elke jaar se sosiale kalender. Hierdie spoggeleentheid is beslis nie net ʼn skoonheidskompetisie nie, maar bied ook aan ons Gr. 10 – Gr. 12 leerlinge ʼn platform vir selfontdekking en persoonlike groei ten opsigte van ʼn gesonde en positiewe selfbeeld. Gedurende die oefensessies word finaliste deur bekwame afrigters touwys gemaak rakende loopplank-etiket, hoe om uitrustings te modelleer en hoe om jouself te handhaaf wanneer die kollig op jou val. Daar word egter nie gepoog om ʼn plastiese en generiese voorkoms van skoonheid uit te beeld nie. In teen deel word finaliste gemotiveer om die gehoor en die beoordelaars deur hulle eie unieke sjarme en sprankelende persoonlikhede te betower. Die uiteinde is dat elke finalis sy/haar eie definisie moet verleen aan die konsep van skoonheid en besef dat filters en ander toeps wat gebruik word om foto’s te dokter net valse illusies skep.
Afrigters en Personeel betrokke:
Me. L. Venter-Kruger, Me. C. Williamson, Me. M. Driescher, Me. A. van Niekerk, Nadine Barkhuizen.
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
Mnr. en Mej. PNHS 2026
Baie geluk aan ons nuut gekroonde Mnr. en Mej. Pretoria-Noord 2026! Julle verteenwoordig die ware Maroelapit-gees met trots, styl en karakter. Ons is ongelooflik trots op julle!
Vanjaar het die skool weer 'n opwindende mnr. en mej PNHS. Die geleentheid het selfvertroue, individualiteit en selfuitdrukking gevier, wat elke deelnemer die geleentheid gegee het om nie net hul uiterlike skoonheid ten toon te stel nie, maar ook hul talente, intelligensie en unieke persoonlikhede. Die deelnemers het hulself met trots voorgestel, hul passies gedeel en met grasie en egtheid oor die verhoog gestap. Die atmosfeer was gevul met ’n gejuig en aanmoediging terwyl die finaliste die boodskap van selfaanvaarding en innerlike krag uitgebeeld het. Op die ou end was die kompetisie nie net oor wen nie, maar oor die viering van wie hulle werklik is - 'n kragtige herinnering dat almal op hul eie manier skitter.
2026 Wenners:
Mnr. Fotogenies: Henrü Smith
Mej. Fotogenies: Chané Wurth
Mr. Persoonlikheid: Jadon Smith
Mej. Persoonlikheid: Anje Maritz
Mnr. PNHS Gunsteling: Jayden Neethling
Mej. PNHS Gunsteling: Mia Rynners
2de Prins: Dehan Joubert
2de Prinses: Amorey Wallenndorf
1ste Prins: Matthew Roselt
1ste Prinses: Fortune Magongoa
Mnr. Pretoria-Noord 2026: Jayden Neethling
Mej. Pretoria-Noord 2026: Marinda Fraser
Borge
