Kunswedstryde


Kunswedstryde

Die leerders het geleentheid om in te skryf vir 8 tot 9 kompetisies 'n jaar sodat hul unieke, kunstige talente ten toon gestel kan word. Leerders wie deelneem onder PNHS se naam verdien nie net meriete vir hul prestasies nie, maar ontdek- en leef hulself ten volle uit tydens hierdie kompetisies.


Daar word deur die jaar verskeie kompetisies aangebied vir leerders om voor in te skryf soos; Pierneefteater Kunstefees, Pretoria Eisteddfod, Noordekruin Kunstefees, Afrikaanse Kunsvereniging Pretoria, Moot Dramafees en BOLD International Eisteddfod.

Elkeen van hierdie kompetisies bied ‘n verskeidenheid Afrikaans en Engelse items aan soos; voorbereide- en onvoorbereide voordrag, beeldend kunste, sang, dans, skryf en nog vele meer.

Moet nie hierdie kompetisies misloop nie en neem deel aan hierdie gulde geleenthede!



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


PNHS se leerders pronk behoorlik met hulle goeie prestasies in 2024. Dié leerders het onderskeidelik die volgende prestasies behaal.

Lara van Schalkwyk het gesamentlik vyf goue sertifikate behaal vir voorbereide poësie en lees sowel as onvoorbereide lees. Verder neem sy deel aan ‘n beeldende kuns item en verwerf ‘n goue sertifikaat vir haar kunswerk.

Michael De Villiers skryf sy eie poësiestuk en verwerf ‘n silwer sertifikaat.

André en Beate Haarhoff het elk 'n goue sertifikaat verwerf vir hul voorbereide poësie.

Luan O’Callaghan verdien nege goue sertifikate en dertien silwer sertifikate vir sang items soos Afrikaans, Country, Engels, Gewyd, Populêr en Rock. Hy verdien verder ook drie goue sertifikate vir kreatiewe- skryf, waarneming en poësie.

Mia Rynners is twee keer die kategoriewenner vir karakteruitbeelding, sowel as twee keer die kategoriewenner vir onvoorbereide lees. Sy is ook die kategoriewenner vir gedramatiseerde poësie én voorbereide poësie. Verder verwerf sy twee-en-twintig goue sertifikate vir voorbereide poësie, gedramatiseerde poësie, monoloog, karakteruitbeelding, redevoering en onvoorbereide lees.

Sy wen dus die kunswedstrydallegaartjie trofee as die beste leerder in Kunswedstryde.

Ons sien uit na 2025 en die hoë hoogtes wat die leerders weer gaan bereik!



Gallery



Terug