Koor

Die koor van PNHS staan bekend as Canta Libre wat beteken om ‘vrylik te kan sing’. Die koor is in 2017 gestig en spog tot vandag met mooi musiek en ‘n familie-gees.
CANTA LIBRE SKOOLKOOR
Canta Libre streef om ons koorlede op te bou, te ondersteun en te ontwikkel. Ons koor bestaan tans uit 52 lede en groei elke jaar.
Koor oudisies vir nuwe lede vind plaas aan die einde van Januarie waarna die koor volstoom wegspring en elke Woensdag oefen van 15:00 tot 18:00, tot en met Oktober.
Ons neem jaarliks deel aan verskeie feeste en kompetisies soos bv. Pretoria Eisteddfod. Die koor het hard gewerk aan al hulle musiek en gegroei as ‘n familie. Die lede sprankel altyd met energie, passie en talent.
Kom raak deel van meer as net ‘n skoolkoor. Kom raak deel van ons familie.
Afrigters / Personeel betrokke:
Meneer Francois Olivier (afrigter)
Meneer D Venter (organiseerder)
Juffrou Scheepers (hulp-organiseerder)
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
Hierdie jaar was vir die koor ‘n jaar waar ons nuwe talente ontdek het en die koorfamilie kon uitbrei. Die seisoen het afgeskop met ‘n dagkamp op 15 Februarie en ‘n koorkamp vanaf 20 tot 21 Maart. Op die koorkamp is daar gewerk aan parte en nuwe liedjies wat baie opwinding veroorsaak het. Daar was aktiwiteite waaraan almal kon deelneem. Die kamp was ‘n reuse sukses. Die koor maak reg vir koorfeeste by Rietondale, Kandelaarkerk en Gerrit Maritz asook die Pretoria Eisteddfod in Mei.
Na die seisoen:
Daar wag groot opwinding in die toekoms vir die koor en daar kan uitgesien word na nog vele kompetisies en avonture wat voorlê.