Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Koor
Die koor van PNHS staan bekend as Canta Libre wat beteken om ‘vrylik te kan sing’. Die koor is in 2017 gestig en spog tot vandag met mooi musiek en ‘n familie-gees.
CANTA LIBRE SKOOLKOOR
Canta Libre streef om ons koorlede op te bou, te ondersteun en te ontwikkel. Ons koor bestaan tans uit 52 lede en groei elke jaar.
Koor oudisies vir nuwe lede vind plaas aan die einde van Januarie waarna die koor volstoom wegspring en elke Woensdag oefen van 15:00 tot 18:00, tot en met Oktober.
Ons neem jaarliks deel aan verskeie feeste en kompetisies soos bv. Pretoria Eisteddfod. Die koor het hard gewerk aan al hulle musiek en gegroei as ‘n familie. Die lede sprankel altyd met energie, passie en talent.
Kom raak deel van meer as net ‘n skoolkoor. Kom raak deel van ons familie.
Afrigters / Personeel betrokke:
Meneer Francois Olivier (afrigter)
Meneer D Venter (organiseerder)
Juffrou Scheepers (hulp-organiseerder)
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
KOOR: 2026 Vooruitsigte
Die komende jaar word met afwagting beheen. Eersdaags op 28 Januarie is die audisies vir die Gr 8 nuwelinge, waarna die hele koor op 4 Februarie 2026 vir die eerste keer sal bymekaar kom.
Dit beteken dat ons slegs 6 weke het om voor te berei vir die “Songs of Praise” te NG kerk Queenswood op 14 en 15 Maart 2026. Tussendeur sal daar ook ‘n koorkamp hier op ons skoolgronde wees om van die jaar se nuwe werk in te studeer.
Ander vooruitsigte is natuurlik ons optredes tydens die Opedag en PNNK, wanneer ons die geleentheid het om voor ons eie mense te kan optree. Verskeie koorfeeste sal dan ook nog hopelik geskeduleer en bygewoon word.
Met Dank
Dirk Venter
