Interne vasvra

PNHS se leerders kry reg deur die jaar die geleentheid om aan verskeie interne vasvra kompetisies deel te neem.
“Kennis moet voortdurend verbeter, uitgedaag en verhoog word, anders verdwyn dit.” - Peter Drucker
Die interne vasvra toets jou kennis oor gebeure in die skool, land en die wêreld. Hierdie vasvra vind in die eerste, tweede en derde kwartaal plaas. Indien daar aan al drie geleenthede deelgeneem word verdien die leerder ‘n erekaart by die merietefunksie. Die top drie per graad word ook kwartaalliks aangekondig. Die beste van alles is – die kompetisie is gratis.
Kom toets hoeveel jy regtig weet. Kan jy die volgende vrae korrek beantwoord?
Wie is die eerste minister van Engeland?
Wat is die populêrste sport in Suid-Afrika?
Hoe lank is Afrikaans al ‘n amptelike taal van Suid-Afrika?
VOORUITSKOUING VAN DIE SEISOEN
Wie gaan vanjaar met die Myburgh- trofee wegstap as beste presteerder in die Interne Algemene Kennisvasvrakompetisie?
AFRIGTERS / PERSONEEL BETROKKE
Organiseerder: Juffrou Avenant, in samewerking met die Afrikaansdepartement.
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
Interne vasvra 2025
Algehele wenner kwartaal 1, 2025: Annabelle van Wyk (graad 11)