Geesgroep


Geesgroep

“Al wat jy sien is die Vuurmasjien”, ‘n nuwe tradisie wat in 2018 by PNHS gestig is. Sou jy steeds wonder wie of wat die Vuurmasjien is, dit is die skool se eie gelukbringertjie of beter bekend as ‘n “Mascot” wat saam met die skool se geesgroep sorg vir vuurwarm gees by sportgeleenthede.


Suikerbos ek wil jou hê want Ons is die PN! en In die Noord is ons sterk!
PNHS se Geesgroep is verseker die gees agter die groep atlete wie ons harte vinnig laat klop en ons stemme elke jaar laat bulder tydens die atletiekseisoen.
Al wat jy sien is die Vuurmasjien en ‘n skare leerders met ‘n liedjie of twee in hul harte.

Die Vuurmasjien sal by elke denkbare geleentheid gesien word en is veral ‘n ondersteuner by sportbyeenkomste. Hy beeld die skool se veelsydigheid uit met sy sportiewe bou, bril en vriendelike voorkoms. Dit is ook ‘n simbool van die fakkel in die skoolwapen en daarom sal jy gereeld die Vuurmasjien met ‘n fakkel in die hand sien.

Tydens interhoër byeenkomste is die Vuurmasjien, saam ‘n groep van ongeveer 200 leerders en 16 dirigente, besig om die skool aan te por met hul stemme vanaf die pawiljoen. Hier word gesing en geklap en geskree en kan PNHS met trots sê dat hul die beste ondersteuners het.

Die Vuurmasjien breek die hoërskool stereotipes en beeld uit dat daar ‘n plek vir elke leerder by PNHS is. Word daarom deel van die geesgroep en ondersteun die Vuurmasjien!

Onthou… “Gooi water, gooi sand, die Noord is aan die brand!”

Afrigters / Personeel betrokke:
Juffrou K. Avenant
Juffrou T. de Beer
Mnr van Wyk



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Ons het die G-E-E-S! In 2024 het PNHS groot gees getoon by die Atletiek interhoër in Februarie.

Daar was bykans 200 leerders deel van die geesgroep wat gemaak het vir ‘n reuse lawaai. Die geesgroep het vierde plek behaal in die gees kompetisie en het met alles wat hulle het die atlete ondersteun. Dit vat meer as die warm son en ‘n lang dag om PNHS se gees te demp.

Die geesgroep poog om in 2026 nog beter te presteer en die betrokke leerders en onderwysers is reeds baie opgewonde!



Gallery



Terug