Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Fotografieklub
“Kliek, kliek, kliek…” Dit is die klank van ons kameras wat jy hoor om jou beste oomblik of sommer net iets mooi vas te vang. Kom word deel van die PNHS-paparazzi.
Elke foto vertel ’n storie: ’n oomblik, ’n gevoel, ’n herinnering. Die fotografieklub is waar ons leer om die wêreld deur ’n ander lens te sien. Geen ervaring is nodig nie, net hope entoesiasme!
Ons fotografieklub bestaan uit ongeveer 30 leerders van Hoërskool Pretoria-Noord, en saam met die skool se bemarker, Ansebe Prinsloo, kliek ons kameras verwoed. Ons wil elkeen help om hulle beste oomblikke te koester deur dit op ‘n foto vas te vang.
Ons doen gereeld uitdagings wat ons help om beter fotograwe te word, en om die wêreld uit ‘n ander perspektief te sien. Ons mis nie sommer ‘n geleentheid wat die skool ons bied om ons lense uit te pluk en foto’s te neem nie. Die foto’s wat jy op ons sosiale media en op ons webblad sien, is die beelde wat deur ons lense vasgevang is.
Die fotografieklub poog om elke week bymekaar uit te kom, en sodoende elke skoolgebeurtenis vas te vang. Ons sien uit vir ‘n opwindende jaar van nuwe foto’s en nuwe fotograwe onder die leiding van Juffrou Lombard en Juffrou Cockeram.
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
Ons het 2026 afgeskop met volle swang en 'n gekliek van kameras. Ons eerste vergaderings is reeds agter die rug en sien ons uit wat die res van die opwindende jaar vir die fotograwe van Hoërskool Pretoria-Noord gaan inhou.
