Fotografieklub


Fotografieklub

“Kliek, kliek, kliek…” Dit is die klank van ons kameras wat jy hoor om jou beste oomblik of sommer net iets mooi vas te vang. Kom word deel van die PNHS-paparazzi.


Ons fotografieklub bestaan uit 30 leerders van Hoërskool Pretoria-Noord, en saam met die skool se bemarker, Juanmari Pretorius, kliek ons kameras verwoed. Ons wil elkeen help om hulle beste oomblikke te kan koester deur dit op ‘n foto vas te vang.

Ons doen gereeld uitdagings wat ons help om beter fotograwe te word, en om die wêreld uit ‘n ander perspektief te sien. Ons mis nie sommer ‘n geleentheid wat die skool ons bied om ons lense uit te ruk en foto’s te neem nie. Die foto’s wat jy op ons sosiale media en op ons webblad sien is die beelde wat deur ons lense vasgevang is.

Ons kyk onder andere na hoe lig foto’s en hul kwaliteit beïnvloed, om vanuit verskillende perspektiewe na voorwerpe te kyk, agtergrondspeling, aksiefoto’s en nog vele meer.

Die fotografieklub poog om elke week bymekaar uit te kom, en sodoende elke skoolgebeurtenis vas te vang. Ons sien uit vir ‘n opwindende jaar van nuwe foto’s en nuwe fotograwe onder die leiding van mejuffrou Bronkhorst.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Ons het 2025 afgeskop met volle swang en 'n gekliek van kameras. Ons eerste vergaderings is reeds agter die rug en sien ons uit wat die res van die opwindende jaar vir die fotograwe van Hoërskool Pretoria-Noord gaan inhou.



Gallery



Terug