Debat


Debat

Daar word elke jaar ‘n formele, interne debat by PNHS gehou om spanne vir daardie jaar te identifiseer. Hierdie spanne berei deeglik voor en neem deel aan die ATKV- , Con Spirito- en AfriForum Dink-of-Sink kompetisies.


Debat is ’n buitemuurse aktiwiteit waar die leerders leer hoe om hoflik oor ’n saak te stry en vas te staan in hulle standpunte. Die leerders leer hoe om bronne te gebruik en watter bronne kredietwaardig is.

Die leerders word geleer hoe om konstruktiewe- en repliek toesprake te skryf, asook oor te dra. Vele artikels, joernale en bronne word deurgegaan vir die voorbereiding vir die debat, veral vir die debatsgesprek. Een seniorspan en een juniorspan het in 2023 hulle opponente by die ATKV-debatskompetisie oorwin. Hierdie leerders het behoorlik hulle standpunte gestel en het sommer almal daarvan oortuig.

Die afrigters vir die debat is mejuffrou C. Bronkhorst, mevrou T. de Beer en meneer J. van Wyk. Al drie hierdie afrigters het ondervinding in debate en pak elke oefening met geesdrif en deeglike voorbereiding aan.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Debat 2024 en 2025

Die PNHS raakpraters het in 2024 in drie spanne opgedeel en saam in April na die ATKV-Debatskompetisie vertrek, waar hul behoorlik hul opponente ore aangesit het.

Die Junior span het as voorstanders opgetree met hul skerp insae op die onderwerp; "Skoolsport moet afgeskaf word." en het die teenstanders behoorlik laat dink.

Die twee Senior spanne het onderskeidelik opgetree as voorstanders en teenstanders, en elke span het met sterk argumente die onderwerp, "Selfdoen-aksie bevorder demokrasie in Suid-Afrika." verdedig en aangeval.

Hierdie spanne, tesame met nuwe debateerders, is gretig om vanjaar die 2025 ATKV-, Con Spiritio- en AfriForum Dink-of-Sink kompetisies aan te pak.

Gaan doen solank saam met hulle jou eie navosing oor hierdie volgende onderwerpe vir die ATKV kompetisie:

Juniors: "Suid-Afrikaanse realiteitsprogramme weerspieël die werklikheid." / "Suid-Afrikaanse realiteitsprogramme weerspieël nie die werklikheid nie."

Seniors: "Die afskaling van gedrukte media is geregverdig." / "Die afskaling van gedrukte media is nie geregverdig nie."

Kyk ook solank na die onderwerpe vir die Con Spirito kompetisie wat plaasvind later die jaar:

Juniors: “Afrikaanse mense word in die Suid Afrikaanse vermaaklikheidswêreld afgekraak.” / “Afrikaanse mense word nie in die Suid Afrikaanse vermaaklikheidswêreld afgekraak nie.”

Seniors: “Die herinstelling van tegniese fokusskole in Suid-Afrika is noodsaaklik.” / “Die herinstelling van tegniese fokusskole in Suid-Afrika is nie noodsaaklik nie.”

Onthou ook van die onvoorbereide AfriForum Dink-of-Sink kompetisie waarmee spanne met hul algemene kennis en debatsvermoë moet kan deelneem!



Gallery



Terug