Vakke

By Hoërskool Pretoria-Noord bied ons ’n gebalanseerde en uitgebreide vakkeuse aan wat leerders toerus met die kennis, vaardighede en geleenthede om hul toekoms met selfvertroue aan te pak.
Vakke
In Graad 8 en 9 bou ons voort op ‘n stewige grondslag met algemene vakke soos:
- Afrikaans Huistaal
- Engels Eerste Addisionele Taal
- Wiskunde
- Natuurwetenskappe – Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe
- Lewensoriëntering
- Sosiale Wetenskappe – Geskiedenis en Geografie
- Ekonomiese Bestuurswetenskappe – Rekeningkunde en Besigheidstudies
- Skeppende Kunste
- Tegnologie
Vanaf Graad 10 tot 12 neem alle leerders die volgende verpligte vakke:
- Afrikaans Huistaal
- Engels Eerste Addisionele Taal
- Lewensoriëntering
- Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Vanaf Graad 10 tot 12 kan leerders hul akademiese rigting verfyn met keuses uit ’n verskeidenheid keusevakke, waarvan drie gekies moet word. Hierdie vakke sluit in:
- Rekeningkunde
- Besigheidstudies
- Fisiese Wetenskappe
- Lewenswetenskappe
- Inligtingstegnologie
- Rekenaartoepassingstegnologie
- Visuele Kunste
- Geografie
- Geskiedenis
- Ingenieursgrafika- en Ontwerp
- Toerisme
- Gasvryheidstudies