Toerisme


Toerisme

Die Geesteswetenskappe-departement van Hoërskool Pretoria-Noord bied holistiese onderrig aan leerders. Hulle kry die geleentheid om die leerinhoud nie net in handboeke te bestudeer nie, maar dit ook eerstehands te ervaar.


Verskeie binnelandse uitstappies word aangebied om leerders se kennis te verbreed en hul kurrikulêre leer te verryk. In 2023 het die Graad 10- en 11-Toerismeleerders die Lion & Safari Park en Honeydew Mazes besoek. Suid-Afrika is ‘n unieke land, en deur toerisme kry leerders die kans om ons natuurskoon en ryk erfenis eerstehands te beleef.

Hoërskool Pretoria-Noord bied nie net binnelandse uitstappies nie, maar ook internasionale toere. In 2018 het leerders Nederland, België en Frankryk verken, terwyl ‘n toer na Griekeland in 2024 aangebied is. Hierdie ervarings bied leerders die geleentheid om nuwe kulture te ontdek en kosbare herinneringe te skep.

Personeel:

Mnr. D. Botes



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad



Gallery



Terug