Olimpiades

By Hoërskool Pretoria-Noord strek uitnemendheid verder as die klaskamer – ons leerders blink ook uit in Olimpiades! Jaarliks meet hulle hul kennis en vaardighede in die Junior en Senior Afrikaanse Olimpiades, sowel as in die Lewenswetenskap- en Wiskunde-Olimpiades. Hierdie uitdagings bied aan leerders die geleentheid om hul potensiaal te ontwikkel en hul akademiese vernuf op ‘n hoër vlak te toets.
Ons neem ywerig deel aan beide die Junior en Senior Olimpiades en behaal jaarliks baie mooi prestasies. Ons sien uit daarna om jou te verwelkom by dié groeiende aktiwiteit.