Gasvryheidstudies

U kind gaan in hierdie vak praktiese en praktykgerigte vaardighede aanleer wat dit vir hom/haar moontlik sal maak om na graag 12 die beroepwêreld te betree. Entrepreneurskap in die voedselbedryf word ook ontwikkel.
Gasvryheidstudies is ‘n opwindende studierigting by PNHS. Gasvryheidstudies is ‘n dinamiese vak waar leerders vaardighede tydens praktiese klasse aanleer. Tydens restaurantaande berei die sjefs voedsel keuring en kreatief voor wat dan deur die kelners aan die gaste bedien word.
U kind gaan in hierdie vak praktiese en praktykgerigte vaardighede aanleer wat dit vir hom/haar moontlik sal maak om na graag 12 die beroepwêreld te betree. Entrepreneurskap in die voedselbedryf word ook ontwikkel.
Dit is ’n universiteitstoelatingsvak.
Het jy geweet?
Die gasvryheidsbedryf bied ’n wye verskeidenheid loopbaanmoontlikhede – van sjef en spyseniersorganiseerder tot hotel- of restaurantbestuurder, en nog vele meer.
By Hoërskool Pretoria-Noord is ons passievol oor Gasvryheidstudies en die veelsydige geleenthede wat die vakrigting vir leerders ontsluit.