Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Afrikaans
Afrikaans Huistaal word by Pretoria-Noord Hoërskool natuurlik vir graad 8-12 aangebied. Afrikaans help leerders om hul spel- en skryfvermoë, kreatiewe denke asook probleemoplossingsvaardighede uit te ontwikkel. Leerders van graad 8-12 word bekend gestel aan die volgende leerareas: Prosa, poësie asook taalstrukture en -konvensies
Die akademiese span vir 2027
Departementshoof: Me. M. Basson
Vakpersoneel:
- Graad 8-koördineerder – Me. E. Du Toit
- Graad 9-koördineerder – Me. C. Bezuidenhout
- Hulpkoördineerder vir graad 8 en 9 – Me. M. Lindeque
- Graad 10-koördineerder – Me. K. Avenant
- Graad 11-koördineerder – Me. L. Du Toit
- Graad 12-koördineerder – Me. M. Basson
’n Terugblik op 2026
Die 2025-matriekuitslae was ’n bron van trots vir die skool en die Afrikaansdepartement. Verskeie leerders het onderskeidings behaal, onder wie Rigardt Beytell, wat 90% vir Afrikaans behaal het.
Redenaars het die leerders toegelaat om hulle praatvaardighede uit te brei en te slyp. Daar word onder andere aan die Noordekruin Kunstefees, ATKV-redenaars, Kansvatter en Oppie Tong Af deelgeneem.
Leerders het ook aan debatskompetisies (Con Spirito) deelgeneem waar hulle in Afrikaans hulle standpunte met ander kon deel.
Daar is ook hierdie jaar ekstern aan Akademia se spelkompetisie deelgeneem.
Hoogtepunte en prestasies
- Rigardt Beytell behaal 90% vir Afrikaans in matriek.
- Mia Rynners, Cheyenne Pieterse en Chrizelda Fourie dring deur na die finale ronde van Kansvatter Redenaars.
- Raynard Bosman behaal 42ste plek by die Senior Afrikaanse Olimpiade.
- Leandré Koekemoer behaal ook die nasionale top 100 by die Senior Afrikaanse Olimpiade.
Die volgende prestasies word by die ATKV-UitklopSpel-finaal behaal:
| Seniors | Juniors |
|---|---|
| Helé Lottering – 6de plek | Lara Basson – 10de plek |
| Mia Viljoen – 9de plek | Zanté Marx – 11de plek |
| Ziané Nel – 12de plek | Cara van Wyk – 13de plek |
Akademiese ondersteuning en verryking
Alle en enige leerder is welkom om op Woensdagmiddae by hul Afrikaansonderwyser aan te klop vir ekstra klas of ekstra hulp tydens die akademiese periode.
In elke Afrikaansklaskamer is daar ook leesboeke, woordeboeke en verrykende boeke beskikbaar.
Elke vakpersoneellid bied ook bykomende ondersteuning aan leerders wat dit benodig. Daar word ook aan leerders bykomende ekstra klasse gebied indien daar aanvraag of behoefte is.
