Artikels
Subscribe
Omsendbrief 37/2023
Administratief
October 30, 2023
Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons ongelukkig nie op Dinsdag, 24 Oktober 2023, ‘n kworum volgens regulasies kon behaal nie en der halwe is ons Algemene Ouervergadering uitgestel na Dinsdag, 14 November 2023 om 18H00 in die saal. Hierdie Algemene Ouervergadering sal voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 10 Oktober 2023.

Omsendbrief 36/2023
Administratief
October 23, 2023
Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2024 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 24 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 24 Oktober 2023 is nie sal die vergadering op Dinsdag, 14 November 2023 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 10 Oktober 2023.

Omsendbrief 35/2023
Administratief
October 16, 2023
Geagte ouers dit het onder ons aandag gekom dat die wanpersepsie bestaan dat die staat ruim bydrae tot skole en ook skoolfonds betaal vir alle leerders wat vrystelling ontvang. Die waarheid is egter dat die staat se bydrae tot ons skool so beperk is dat ons nie eens ons diensterekening vir 8 maande daarmee sal kan betaal nie. Die staat se vergoeding vir verpligte vrystellings beloop maar sowat 5% van die werklike verlies vir die skool. Om die skool instaat te stel om kwaliteit onderrig en geleenthede vir u kind te bied nodig ons dat ons ouers getrou skoolfonds sal betaal.

Omsendbrief 34/2023
Administratief
October 10, 2023
Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2024 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 24 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer.

Meningstuk - BELA: Is die koeël deur die kerk vir onderwys?
Administratief
September 27, 2023
Die portefeuljekomitee oor basiese onderwys se onlangse aanvaarding van die konsepwet op onderwyswette, oftewel BELA, is beslis ’n groot skoot, maar nie noodwendig ’n doodskoot nie, skryf dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van FEDSAS.

Omsendbrief 33/2023
Administratief
September 27, 2023
Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2024 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 24 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer.

Omsendbrief 32/2023
Administratief
September 18, 2023
PNHS is deur die Departement van Binnelandse sake genader om aansoeke vir identiteitsdokumente te vergemaklik. Op Donderdag, 28 September 2023 sal daar ‘n mobiele eenheid na die skool ontbied word waar daar een afspraak elke 15 minute sal geskied vanaf 09:30. Dus kan ons op die dag slegs 25 leerders tegemoet kom. Dit is dus daarom dat dit streng op afspraak sal geskied. Ouers kan tot en met Dinsdag, 26 September 2023, om 14:00 afsprake vir ‘n tydgleuf maak by die kantoor deur mev. de Wit telefonies by 012 546 6590 te skakel.

Omsendbrief 31/2023
Administratief
September 11, 2023
Geagte ouers ons versoek dat u nie in burgerstraat sal parkeer wanneer u, u kind in die middae oplaai nie, dit skep ‘n uiters gevaarlike situasie en ons het verskeie klagtes van inwoners en die metropolisie ontvang oor die situasie. Ons versoek dat u aan die kant van die Berglaan grens van PNHS sal parkeer. Ook dat u met u voertuig se neus na die grens sal parker en nie parallel nie, sodat meer voertuie daar kan parkeer.

Omsendbrief 30/2023
Administratief
September 04, 2023

Omsendbrief 27/2023
Administratief
August 12, 2023
Alle ouers word uitgenooi om die vergadering op 22 Augustus 2023 om 18H00 in die personeelkamer by te woon. Die vergadering het ten doel om idees uit te ruil om PNHS se akademie tot hoër hoogtes te neem.