Artikels

Subscribe

Omsendbrief 17/2024

Administratief
May 27, 2024

Ons immer gewilde “Donkey Derby” vind op 8 Junie om 18H00 in die skoolsaal plaas. Kaartjies kos R 150 per sitplek en sluit ‘n ligte aandete, lekker musiek en baie pret in. Enkele kaartjies is nog beskikbaar by Mnr. R. Steyn ([email protected]) en Mev. A Smith ([email protected]).


Lees meer


Omsendbrief 16/2024

Administratief
May 20, 2024

Ondersteun asseblief ons hokkie fondsinsamelingsprojek. Hoë kwaliteit paviljoenkussings is te koop teen R 250-00. Bestellings kan geplaas word by Christelle Erasmus 079 499 5711 en by Koos Erasmus 082 442 1709.


Lees meer


Omsendbrief 15/2024

Administratief
May 13, 2024

Baie geluk aan Marioné Engelbrecht wat goud wen by Talent Africa se streek sang uitdunne in Hartebeespoort op Saterdag, 10 Mei 2024. Sy sal in September deelneem aan die finale rondte in Vereniging.


Lees meer


Omsendbrief 14/2024

Administratief
May 06, 2024

Geagte ouers neem ook kennis dat die skool teen einde Junie heeltemal kontantloos gaan word. Die koste verbonde aan en gevaar aan hantering van kontantgeld noodsaak hierdie stap. Dit maak u registrasie op D6 noodsaaklik en ons versoek dat u so vinnig as moontlik op die applikasie sal registreer.


Lees meer


Omsendbrief 13/2024

Administratief
April 29, 2024

Baie geluk aan al ons spanne wat skitterend presteer het. Rugby het naelskraap 2de geeindig in die kompetisie om Rugbyskool van die NWU, ons netbal bly konstant top 5 in die NWU en ons hokkie het skitterend verbeter van ‘n 16de plek verlede jaar, tot ‘n 8ste plek hierdie jaar.


Lees meer


Omsendbrief 12/2024

Administratief
April 22, 2024

Geagte ouers hierdie toetse is aan ons graad 8 leerders uitgereik vir u kennisname. Maak asseblief seker dat u die uitslae ontvang het en liaseer dit asseblief vir u kind. Hierdie toetse is belangrik om leer probleme te identifiseer en moet saam met die graad 9 Junior Aanleg Toetse gebruik word, wanneer graad 9 vakkeuses aan die einde van die graad 9 jaar gedoen word.


Lees meer


Omsendbrief 10/2024

Administratief
April 08, 2024

Alle ouers word uitgenooi na ons skool se strategiese sessie wat sal plaasvind op Woensdag, 10 April 2024 van 17H30 – 20H30 en Donderdag 11 April 2024 van 17H30 – 20H30. Hierdie strategiese sessie sal gebruik word om die strategiese doelwitte vir PNHS vir 2024 – 2027 vas te pen.


Lees meer


Omsendbrief 9/2024

Administratief
March 18, 2024

Geagte ouers ons het oor die afgelope paar jaar toenemend versoeke van leerders, wat nie ingeskrewe leerders van PNHS is nie, wat graag sport by PNHS wou beoefen. Sodanige leerders sluit in leerders wat te oud is vir hul laerskoolspanne, leerders wat tuisonderrig doen en in enkele gevalle ook skole waar ‘n betrokke sport nie meer aangebied word nie.


Lees meer


Omsendbrief 7/2024

Administratief
March 04, 2024

Neem kennis dat benewens die 37 medaljes wat ons atlete verower het, soos gemeld in verlede week se omsendbrief van verlede week, dat Rubin Nel ook in die 400M seuns 0/17 ‘n brons medalje verower het. Dit bring ons totaal medaljes vir die interhoër op 38 te staan. Baie geluk ook aan Rubin!


Lees meer


Karnaval Mei 2024

Administratief
March 04, 2024

Karnaval Mei 2024


Lees meer