Artikels
SubscribeOmsendbrief 39/2021
Administratief
November 23, 2021
Baie dankie vir ons ouers wat die vergadering bygewoon het. Ons begroting vir 2022 is hier goed gekeur. Skoolfonds vir 2022 is vasgestel op R 20130-00 per jaar en sal styg met R 130-00 per maand van R 1750-00 tot R 1830-00 per maand oor 11 maande.
Omsendbrief 36/2021
Administratief
November 02, 2021
Baie dankie vir ons ouers wat die vergadering vir Dinsdag, 26 Oktober 2021 getrou bygewoon het. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees en ongelukkig kon ons nie die vereiste kworum kry nie. Ons opvolg vergadering sal daarom op Maandag, 15 November 2021 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Ons nooi weereens al ons ouers uit om deel te wees van hierdie uiters belangrike vergadering.
Omsendbrief 35/2021
Administratief
October 21, 2021
Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2022 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 26 Oktober 2021 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 26 Oktober 2021 is nie sal die vergadering op Maandag, 15 November 2021 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 22 September 2021.
Omsendbrief 34/2021
Administratief
October 14, 2021
Baie geluk aan Maruché Smith wat besondere prestasies in sang behaal het. Sy wen 4 platinum medaljes tydens die Pacisa nasionale kompetisie. Behaal 2 goue medaljes in Talent Africa se nasionale kompetisie en sal Suid-Afrika verteeenwoordig tydens die internasionale rondte in 2022. In die Kids with Talent kompetisie dring sy deur na die semi-finaal wat op Saterdag, 16 Oktober in Midrand plaasvind.
Omsendbrief 33/2021
Administratief
September 30, 2021
Neem kennis dat PNHS saam met ‘n groep skole uit Tshwane Wes distrik getrek is om ‘n Geheelskool evaluering deur ‘n paneel van die Gauteng Departement van Onderwys te ondergaan. Dit sal plaasvind op 12 en 13 Oktober 2021.
Omsendbrief 32/2021
Administratief
September 23, 2021
Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. Jacques Duminy, ons dra sy gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd.
Omsendbrief 31/2021
Administratief
September 16, 2021
Sëenwense aan Mev. Bruyns wat op kraamverlof is vanaf 14 September 2021. Skoolbywoning vir die tydperk 10 September – 16 September 2021: graad 8: 94%, graad 9: 92%, graad 10: 91%, graad 11: 93% en graad 12: 98%.
Omsendbrief 30/2021
Administratief
September 14, 2021
Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. John Kelly, ons dra sy gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd
Omsendbrief 29/2021
Administratief
September 06, 2021
Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Me. Magret Links. Ons dra haar gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd.
Top 10 Leerders Tweede kwartaal 2021
Administratief
August 31, 2021
Top 10 leerders vir 2021 - Tweede kwartaal