Waarna is jy opsoek?




Omsendbrief 9/2026


Administratief
March 16, 2026


OB: 9 / 2026

Geagte ouers

1. Seuns Hokkie: Pretoria Liga 1 — PNHS 1 v/s Montana 2 (Tuis, 11 Maart 2026)

PNHS wen met 5 doele teenoor 1. Baie geluk aan Rohan Louw (2), Jayden de Villiers en Nathan Oosthuizen (2) wat doele aanteken. Dit was ons eerste ligawedstryd.

2. Tennis

11 Februarie:

PNHS Dogters 1 v/s St Marys DSG — PNHS wen met 66 potte teenoor 1. Baie geluk aan Mia Rynners (11-0), Yolanda Pretorius (10-1), Miané du Plessis (11-0) en Kayla Fourie (11-1) wat almal hulle wedstryde wen. Dit was ons eerste ligawedstryd.

PNHS Dogters 2 v/s Sutherland — PNHS verloor met 22 potte teenoor 45. Baie geluk aan Anneke Le Roux en Lize Meiring wat hul dubbelswedstryd wen (7-5). Dit was ons eerste ligawedstryd.

3. Atletiek: Gauteng-Noord Kampioenskappe, Pulditch (14 Maart 2026)

Baie geluk aan Divan Botha wat algeheel 4de in Gewigstoot eindig en ‘n silwer medalje in Skyfwerp verower. Hy kwalifiseer hiermee om in April aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem in beide items. Jou skool is trots op jou Divan!

4. Wintersport: NWU 16 — Poelwedstryd 3: PNHS v/s Hoërskool Ellisras (14 Maart 2026, Tuis)

Hokkie (Dogters)
  PN El PN El PN El PN El PN El
Span 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Telling 0 1 0 5 4 0 5 0 3 1
  0/14A 0/15A 0/16A 2de 1ste
Gewen 0 0 3 2 2
Verloor 3 3 0 1 1
Gelyk 0 0 0 0 0
Rugby
  PN El PN El PN El PN El PN El
Span 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Telling 7 29 25 19 5 24 15 26 30 11
  0/14A 0/15A 0/16A 2de 1ste
Gewen 0 2 0 0 2
Verloor 3 1 3 3 1
Gelyk 0 0 0 0 0
Rugby (Vriendskaplik)
  PN El PN El PN El PN El
Span 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B 3de 3de
Telling 0 35 0 5 0 50 10 20
  0/14B 0/15B 0/16B 3de
Gewen 0 0 0 1
Verloor 3 2 3 1
Gelyk 0 0 0 0
Netbal
  PN El PN El PN El PN El PN El
Span 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Telling 23 8 10 12 11 22 10 16 6 11
  0/14A 0/15A 0/16A 2de 1ste
Gewen 1 0 2 1 2
Verloor 2 3 1 2 1
Gelyk 0 0 0 0 0
Netbal (Vriendskaplik)
  PN El PN El PN El PN El
Span 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B 0/17A 0/17A
Telling 15 9 3 17 12 10 20 13
  0/14B 0/15B 0/16B 0/17A
Gewen 4 0 1 3
Verloor 0 2 2 0
Gelyk 0 1 0 0

5. Kultuur

5.1 English Evening (10 Maart 2026)

Baie dankie aan al ons deelnemers. Baie geluk aan die volgende wenners:

Junior Voordrag:

  1. Caitlyn Patterson
  2. Takwa Umuton
  3. Hailey Bierman

Junior Toesprake:

  1. Miandri Yssel
  2. Cara Potgieter
  3. Alexander Cloete

Senior Voordrag:

  1. Mia Rynners
  2. Tristan Booyens
  3. Desirae van Staden

Senior Toesprake:

  1. Raynard Bosman
  2. Minki van Staden
5.2 Mnr. & Mej. PNHS 2026 (12 Maart 2026)

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende wenners:

Titel Wenner
Mnr. Fotogenies Henrű Smith
Mej. Fotogenies Chané Wurth
Mnr. Persoonlikheid Jadon Smith
Mej. Persoonlikheid Anje Maritz
Mnr. PNHS Gunsteling Jayden Neethling
Mej. PNHS Gunsteling Mia Rynners
2de Prins Dehan Joubert
2de Prinses Amorey Wallendorf
1ste Prins Mathew Roselt
1ste Prinses Fortune Magongoa
Mnr. PNHS 2026 Jayden Neethling
Mej. PNHS 2026 Marinda Fraser

6. Akademie: Interne

6.1 Interne Brugbou Kompetisie (6 Maart 2026)

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende wenners:

  1. Anina Smit, Nicole Guelpa en Ashley Fourie — Brug dra 54kg
  2. Larissa Ellis, Jayden de Villiers en Michael de Villiers — Brug dra 45kg
  3. Helé Lottering, Jolizna Steyn en Mia Viljoen — Brug dra 30kg
6.2 Waterkompetisie (11 Maart 2026)

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende wenners:

  1. Patrick van Staden, Duncan Nelson en Allan Ribeiro
  2. Willow Robinson, Logan Pretorius en Jordan Anderson
  3. Raynard Bosman, Marsha Haman en Joseph Ditibane

7. Beheerliggaam Tussenverkiesing

Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Ons het 5 vakante poste op ons Beheerliggaam met ouers wie se kinders afgestudeer het in 2025. Derhalwe moet ‘n Beheerliggaam Tussenverkiesing uitgeroep word om hierdie vakatures te vul.

  • Datum: 18 Maart 2026 (opvolgverkiesing 15 April 2026 indien kworum nie bereik word nie)
  • Stemtye: 06:15 – 19:00
  • “Drive through” stemming beskikbaar by Berglaan-ingang / Emiley Hobhouse-uitgang
  • Stempunte by die saal (toegang via Eeufeestraathekkie) beskikbaar deur die dag

Nominasies het plaasgevind tussen 11 Maart 2026 (08:00) en 13 Maart 2026 (14:00).

Kandidate

Lezelle Koekemoer — Fokus op akademiese uitnemendheid en ondersteuning van ouers en leerders.

Arina Brits — Boekhouer en oudleerder van PNHS. Passie vir ‘n veilige en ondersteunende skoolomgewing.

Francois Kriel — Praktiserende advokaat met 8 jaar ondervinding op ‘n laerskool se beheerliggaam. Fokus op nakoming van die Skolewet.

Anelia Kruger-van Staden — Prokureur van beroep. Fokus op integriteit, verantwoordelikheid en die beste belange van leerders.

Corné Labuschagne — Voorsitter van die Noorderlig-sentrum. Fokus op die fisiese en emosionele welstand van leerders.

Peirru Marx — Ouer van ‘n derde generasie PNHS-leerder. Fokus op die bewaring van die skool se geskiedenis, waardes en tradisies.

8. PNHS Ondersteuners: Mandjiedans (21 Maart 2026)

PNHS Ondersteuners nooi al ons ouers uit na ons mandjiedans op 21 Maart 2026 om 18:00 in die skoolsaal. U bring u eie mandjie met verversings. Braaiervuur en musiek vir ‘n lekker “langarm” dans word voorsien.

Kaartjiepryse:

  • Volwassene: R80
  • Paartjie: R150
  • Kind: R40
  • Kinders onder 12: Gratis (Geen kinders sonder ouertoesig)

Betaalopsies:

  • EFT: FNB, Takkode 250655, Rekeningnr. 63020235750, verwysing: mandjiedans — stuur bewys aan [email protected]
  • PNHS Finansies toonbank
  • By u kind se voogonderwyser

9. Padwedloop: Tshwane North Ultra Marathon (18 April 2026)

PNHS is in vennootskap met City of Tshwane, Atletiek Gauteng-Noord, Mpileng Group, Addicted to Life, Madoko en Atteridgeville Klub vir hierdie Comrades-kwalifiserende marathon.

Inskrywings by www.tshwanenorthultra.com

Afstand Inskrywingsfooi
50km R495
21km R290
10km R200
5km R100

Kontak: 079 965 4524 / 073 497 3141

10. Gevare van Sosiale Media

Me. Carla de Beer van SocialSaam het ons leerders op 16 Maart 2026 toegespreek oor die gevare van sosiale media en wetlike implikasies van aanlyn plasings.

Die skakel hieronder is slegs vir PNHS-ouers en mag nie aangestuur word nie. Die skakel is oop vanaf 17 Maart 2026 vir 2 weke:

https://youtu.be/aujEw6BlygI


Program vir die Week

Maandag, 16 Maart
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Gasvryheidstudies: Vasvra, 14H00, K66.
  • Graad 12 IGO PAT: 14H15-15H15, K9.
Dinsdag, 17 Maart
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Graad 11 Restaurantaand, 18H00, restaurant.
Woensdag, 18 Maart
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Beheerliggaam Tussenverkiesing, 06H15 – 19H00.
  • Akademiese uur graad 8 – 12, 14H15 – 15H00.
  • Tennis: Dogters 2de v/s Wilgers, 14H30, Pretoria-Noord Klub.
Donderdag, 19 Maart
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Graad 11 Restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • Tennis: Seuns 0/15A v/s Eduplex, 14H30, weg.
    Tennis: Seuns 0/15B v/s Sutherland, 14H30, Pretoria-Noord Klub.
  • Distrik Netbalproewe, 14H30, tuis.
Vrydag, 20 Maart
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • ATKV Debat Interne Kompetisie, 14H30, saal.
Saterdag, 21 Maart
  • Mandjiedans, 18H00, saal.
Maandag, 23 Maart
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Detensie 14H15 – 15H15.
  • Graad 12 IGO PAT: 14H15-15H15, K9.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug