
Omsendbrief 9/2025
Administratief
March 17, 2025
OB: 9 / 2025
Geagte ouers
Atletiek: Gauteng-Noord Liga 5, 14 Maart 2025, Pulditch
Baie geluk aan die volgende atlete van ons wat deelneem: Ezmarelda Vivier 3000M (3de), Junior Bokwa 800M (9de), Shon Dré Scheun 800M (5de), Divan Botha Gewigstoot (3de) en Diskus (2de met persoonlike beste van 53,74M).
Tennis: Senior Dogters Liga 2
11 Maart 2025:
PNHS 1 v/s Overkruin 1. PNHS wen met 66 potte teenoor 1. Geluk aan Mia Rynners (11-0), Dima Khoza (11-0), Kayla Fourie (10-1) en Didi Molelekwa (11-0) wat almal hulle wedstryde wen. Mia Ryners en Dima Khoza (12-0) en Kayla Fourie en Didi Molelekwa (11-0) wen ook hul dubbels wedstryde. Dit was ons eerste ligawedstryd.
12 Maart 2025:
PNHS 1 v/s H/S Erasmus 1. PNHS wen met 47 potte teenoor 20. Geluk aan Dima Khoza (6-5), Kayla Fourie (10-1), en Didi Molelekwa (11-0) wat almal hulle wedstryde wen. Mia Ryners en Dima Khoza (8-4) en Kayla Fourie en Didi Molelekwa (9-2) wen ook hul dubbels wedstryde. Dit was ons tweede ligawedstryd, waarvan ons beide wen.
Wintersport: NWU 16: Poelwedstryd 2: H/S Ben Viljoen, 15 Maart 2025 (tuis)
Hokkie (Dogters)
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | 2 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/14 A | BenV | 4 | |
0/15 A | PN | 1 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/15 A | BenV | 0 | |
0/16 A | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/16 A | BenV | 5 | |
2de | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
2de | BenV | 8 | |
1ste | PN | 1 | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 1 |
1ste | BenV | 3 |
Hokkie (Seuns)
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | - | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/14 A | BenV | - | |
0/15 A | PN | - | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/15 A | BenV | - | |
0/16 A | PN | - | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | BenV | - | |
2de | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
2de | BenV | 2 | |
1ste | PN | 1 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
1ste | BenV | 3 |
Rugby
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/14 A | BenV | 40 | |
0/15 A | PN | 0 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/15 A | BenV | 61 | |
0/16 A | PN | 7 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/16 A | BenV | 33 | |
2de | PN | 12 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
2de | BenV | 18 | |
1ste | PN | 15 | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 1 |
1ste | BenV | 15 |
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 B | PN | - | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/15 B | PN | 3 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/15 A | BenV | 34 | |
0/16 B | PN | 15 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/16 B | BenV | 12 |
Netbal
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | 7 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/14 A | BenV | 23 | |
0/15 A | PN | 14 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/15 A | BenV | 21 | |
0/16 A | PN | 15 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/16 A | BenV | 19 | |
0/17 A | PN | 21 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
2de | BenV | 8 | |
1ste | PN | 30 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
1ste | BenV | 9 |
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 B | PN | 4 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/14 B | BenV | 15 | |
0/15 B | PN | 19 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/15 B | BenV | 13 | |
0/16 B | PN | 14 | Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 0 |
0/16 B | BenV | 8 | |
2de | PN | 23 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
2de | BenV | 9 |
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 C | PN | 8 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/14 B | BenV | 14 | |
0/15 C | PN | 2 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/15 B | BenV | 12 |
Netbal proewe
Geluk aan ons spelers wat deurdring na die volgende rondte Tshwane proewe:
0/14: Jenique Huygen en Eluandri Olckers (13 Maart H/S Zwartkop)
0/15: Annemi Brits, Ruché Mollentze en Marnic Ferreira (13 Maart HS Zwartkop)
0/16: Amorey Wallendorf. (13 Maart PNHS)
0/17: Tshego Motaung, Cheyenne Pieterse, Marinda Fraser, Anje Maritz (13 Maart PNHS).
Netbal afrigterseksamens:
Geluk aan ons afrigters wat hul eksamens geslaag het:
Vlak 1: Mej. J de Lange, Mej. N Driescher, Mej. M Kotze en Mej. K Langenhoven.
Vlak 2: Mev. M du Plessis.
Mnr. en Mej. PNHS 2025
Baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende wenners:
Mnr. en Mej. Fotogenies: Dehan Joubert en Jonéh Swart
Mnr. en Mej. Persoonlikheid: Henco van der Merwe en Ashlee Jordaan
Mnr. en Mej. PNHS Gunsteling: MC Swanepoel en Liané Schutte
2de Prins en Prinses: Henco van der Merwe en Ashlee Jordaan
1ste Prins en Prinses: Cayden Botha en Marinda Fraser
Mnr. en Mej. PNHS 2025: Duncan Paulsen en Joné Swart
Graad 12 Sertifikate 2024
Ons graad 12 sertifikate vir die 2024 NCS eksamen is beskikbaar by Mev. Pepler.
Afri-Eeufees: 8 Mei 2025
Ons nooi u uit om deel te wees van die viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar by die Afri-Eeufees:
Afrikaans 100-jaar Jonk Musiekfees!
Hierdie buitelugvertoning vind op Donderdag, 8 Mei, op die skool se rugbyveld plaas. Let asseblief daarop
dat daar geen geallokeerde sitplekke is nie – feesgangers moet hul eie kampstoele saambring.
Die musiekfees sluit ‘n vertoning en nagmark in. Daar sal ongelukkig geen pretparkritte wees nie.
Koelerbokse mag saamgebring word teen ‘n koste van R50 per boks, betaalbaar by die hek.
Kaartjies is reeds beskikbaar op d6 en Tixsa: https://bit.ly/4h2ZoEq
Om hierdie geleentheid nog lekkerder te maak, ding alle klasse en grade teen mekaar mee om te sien wie die
meeste kaartjies kan verkoop – met opwindende verrassings vir die wenners!
Indien ons ons teiken van 5 000 kaartjies behaal, sal die skool op Vrydag, 9 Mei, gesluit wees as beloning.
Kaartjie pryse:
- Volwassenes: R150pp
- Skoliere: R120pp (kinders onder 5 het gratis toegang)
- Gesinspakkette: R500 per pakket (2 Volwassene & 2 Skolier kaartjies)
- Goue Kraal: R6500 per tafel van 10
Die Goue Kraal BBP ervaring sluit ‘n peuselbord vir 10 en drinkgoed in. Goue Kraal kaartjiehouers kan ook hul eie koelerbokse saambring.
Ons sien daarna uit om hierdie spesiale mylpaal vir Afrikaans saam met u te vier!
Leerder Ondersteuning: Noorderlig Saaidag
Dit is Saaiweek 17 tot 20 Maart. Ons nooi ons skoolgemeenskap uit Om Saam ‘n verskil te maak:
Gr 8 - ontbytgraan, pasta en rys
Gr 9 - koffie ,tee, suiker en langlewe melk
Gr 10- toilet ware onderarmrol , spuitgoed en lyfseep
Gr 11- grondboontjiebotter, koeldrank en konfyt
Gr 12- blikkieskos, soppoeier en langlewe melk
Elke bydra tel!
Projek: MySPAR Ninapark
SPAR Ninapark gee weer aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 24 Februarie 2025 tot 1 Junie 2025 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000. Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 24 Februarie 2025.
Program vir die week
Maandag, 17 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Gasvryheidstudies: Interne Vasvra, 14H15, restaurant.
Dinsdag, 18 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 4.
Woensdag, 19 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Akademiese periode 8 – 12, 14H15 – 15H15.
- Tennis: PNHS 1 v/s Garsfontein, 14H30, (weg) PNHS 2 v/s Tuine 1, 14H30, weg.
Donderdag, 20 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 6.
Vrydag, 21 Maart:
- Vakansiedag: Menseregtedag
Maandag, 24 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof