Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 8/2026
Administratief
March 09, 2026
OB: 8 / 2026
Geagte ouers
Gholf: Voorsitters Trofee: Rondte 2, PNHS v/s Afrikaans Hoër Seuns 4, 3 Maart 2026, Akasia Gholfbaan.
PNHS 1 word uitgeskakel deur Afrikaans Hoër Seuns 4 met 4 wedsryde teenoor 0.
Atletiek: Gauteng Kampioenskappe, Germiston, 6 & 7 Maart 2026
Baie geluk aan die volgende atlete wat ons skool en distrik verteenwoordig het by die Gauteng Kampioenskappe:
0/15: Jeanique Huygen, Neil Botha en Jaden Robbertson.
0/17: Miané du Plessis, Inge van Eeden, Divan Botha en Jaden van Wyngaardt.
0/19: Marinda Frazer en Dehan Joubert.
Geluk aan Jeanique Huygen wat vorder tot in die semi-finaal van die 200M en Divan Botha wat algeheel die 5de plek in beide gewigstoot en skyfwerp behaal.
Wintersport: NWU 16: Poelwedstryd 1: PNHS v/s H/S Ben Viljoen, 7 Maart 2026 (weg)
Hokkie (Dogters):
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 A | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 0/14 A | BV | 6 | |
| 0/15 A | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 0/15 A | BV | 10 | |
| 0/16 A | PN | 6 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/16 A | BV | 1 | |
| 2de | PN | 0 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 2de | BV | 10 | |
| 1ste | PN | 0 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 1ste | BV | 7 |
Hokkie (Seuns):
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 1ste | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 1ste | Stand | 2 |
Rugby:
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 A | PN | 5 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 0/14 A | Stand | 54 | |
| 0/15 A | PN | 19 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/15 A | Stand | 28 | |
| 0/16 A | PN | 10 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 0/16 A | Stand | 34 | |
| 2de | PN | 14 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 2de | Stand | 26 | |
| 1ste | PN | 25 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 1ste | Stand | 13 |
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 B | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 0/14 B | BV | 39 | |
| 0/15 B | PN | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 | |
| 0/15 B | BV | ||
| 0/16 B | PN | 5 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 0/16 B | BV | 41 | |
| 3de | PN | 32 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 3de | BV | 7 |
Netbal:
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 A | PN | 5 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 0/14 A | BV | 12 | |
| 0/15 A | PN | 6 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 0/15 A | BV | 25 | |
| 0/16 A | PN | 17 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/16 A | BV | 14 | |
| 2de | PN | 15 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 2de | BV | 7 | |
| 1ste | PN | 15 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 1ste | BV | 13 |
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 B | PN | 27 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/14 B | BV | 6 | |
| 0/15 B | PN | 15 | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 1 |
| 0/15 B | BV | 7 | |
| 0/16 B | PN | 12 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 0/16 B | BV | 17 | |
| 0/17 A | PN | 15 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/17 A | BV | 6 |
Sport buite skoolverband: Perde sport
Baie geluk aan Xanya van Dyk-Stroebel wat 3 eerste plekke op die Tshwane-Noord Kampioenskappe en twee eerste plekke op die Noordwes Kampioenskappe verower het.
Waardebalkies
Baie geluk aan die volgende twee graad 12 leerders wat al vier waarde balkies verwower het en daarmee saam hul goue “Super PN” balkie verower het:
- Dehan Joubert (12C)
- Ivander Coetzee (12E)
Beheerliggaam Tussenverkiesing
Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Ons het 5 vakante poste op ons Beheerliggaam met ouers wie se kinders afgestudeer het in 2025. Der halwe moet ‘n Beheerliggaam Tussenverkiesing uitgeroep word om hierdie vakatures te vul. Hierdie Beheerliggaam Tussenverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026 en indien ons nie die vereiste kworum op genoemde dag bereik nie sal die opvolgverkiesing plaasvind op 15 April 2026.
‘n Voldagverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026. Ons voldagverkiesing sal reeds om 06H15 open met personeel wat in Eeufeestraat en Berglaan diens doen om werkende ouers wat leerders aflaai te help om te stem. U sal ook op die betrokke dag ‘n “drive through” kan doen in by Berglaan en by Emiley Hobhouse uit, met tien stempunte waar u kan stem terwyl u, u kind aflaai. Daar sal deur die dag ook stempunte by die saal beskikbaar wees met toegang deur die Eeufeestraathekkie. Hierdie stempunte sal oop bly tot 19H00, wanneer die voldag-verkiesing sluit.
Nominasies vir die verkiesing sal plaasvind nie meer as 7 dae en nie minder as 3 dae voor die verkiesing nie, dit wil sê nominasies open vanaf Woensdag 11 Maart 2026 om 08H00 en sluit op Vrydag 13 Maart 2026 om 14H00. Ouers kan nominasievorms by ons navraetoonbank afhaal vanaf Woensdag, 11 Maart 2026. Dit word weer ingedien by ons navraetoonbank saam met ‘n geheue stokkie met ‘n video op waarin die nominant hom / haarself voorstel en ‘n kort voorlegging maak oor die bydrae wat hulle tot die skool kan lewer (30sekondes). Hou asb. ons “facebook” – en webblad dop vir ons nominante vanaf 11Maart 2026.
PNHS Ondersteuners (Artikel 21): Mandjiedans, 21 Maart 2026, Skoolsaal
PNHS Ondersteuners nooi al ons ouers uit na ons mandjiedans op 21 Maart 2026 om 18H00 in die skoolsaal. U bring u eie mandjie met verversings. Daar sal ook braaivleisvuur verskaf word vir die wat eerder ‘n vleisie wil braai. Ons verskaf ook musiek vir ‘n lekker “langarm” dans. Daar is net ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar teen R 80 -00 per volwassene / R 150-00 per paartjie / R 40-00 per kind en kinders onder 12 jaar is gratis (Geen kinders sonder ouertoesig word toegelaat nie).
Betalings kan gemaak word:
- Per EFT by FNB: Takkode: 250655 en Tjek rekeningnommer: 63020235750, verwysing mandjiedans, stuur bewys van betaling en naam aan: [email protected].
- PNHS Finansies toonbank.
- By u kind se voogonderwyser.
Padwedloop: “Tshwane North Ultra marathon” 18 April 2026
PNHS is opgewonde om aan te kondig dat ons in venootskap gegaan het saam met City of Tshwane, Atletiek Gauteng-Noord, Mpileng Group, Addicted to Life, Madoko en Atteridgeville klub om hierdie kwalifiserende marathon vir die Comrades aan te bied. Padwedloop entosiaste kan aanlyn inskryf vir die 50km, 21km, 10km of 5km padwedlope by www.tshwanenorthultra.com. Kontaknommers: 0799654524 / 073 4973141.
Program vir die Week
Maandag, 9 Maart
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- ATKV Toneel oudisies, 14H00, K21.
- Graad 12 IGO PAT: 14H15-15H15, K9,
- Kultuur Akademievergadering, 18H00, restaurant. Alle ouers is welkom.
Dinsdag, 10 Maart
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Toetsdag.
- Graad 12 akademiese uur, sleutel (6), 14H15 – 15H15.
- Mnr. & Mej PNHS oefening, 14H30 – 15H30, saal.
- English Evening, 17H30, personeelkamer.
Woensdag, 11 Maart
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Beheerliggaam Tussenverkiesing, nominasies open, 08H00.
- Akademiese uur graad 8 – 12, 14H15 – 15H00.
- Tennis: Dogters 1ste v/s St Mary’s DSG, 14H30, Pretoria-Noord tennis klub.
- Tennis: Dogters 2de v/s Sutherland, 14H30, weg.
- Mnr & Mej. PNHS kleedrepitisie, 15H00 – 18H00, saal.
Donderdag, 12 Maart
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Toetsdag.
- Mnr. & Mej PNHS, 18H00, saal.
Vrydag, 13 Maart
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Toetsdag.
- Beheerliggaam Tussenverkiesing, nominasies sluit, 14H00.
Saterdag, 14 Maart
- Wintersport: NWU 16: Poelwedstryd 3, 09H00, H/S Ellisras, tuis.
- Koor: “Songs of Praise”, 15H00, Queenswood NG.
Sondag, 15 Maart
- Koor: “Songs of Praise”, 15H00, Queenswood NG.
Maandag, 16 Maart
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Gasvryheidstudies: Vasvra, 14H00, restaurant.
- Graad 12 IGO PAT: 14H15-15H15, K9,
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof
