
Omsendbrief 8/2025
Administratief
March 10, 2025
OB: 8 / 2025
Geagte ouers
Atletiek: Gauteng-Noord Liga 4, 1 Maart 2025, Pilditch
Baie geluk aan die volgende atlete van ons wat deelneem: Chris Moolman Spiesgooi 0/18 (4de), Shondré Scheun 800M 0/18 (1ste) en Simoné de Koker 1500M 0/18 (2de).
Tennis: Senior Dogters Liga 2
5 Maart 2025:
PNHS 1 v/s Sutherland 1, uitgestel weens reën en donderweer. PNHS 2 v/s Rietodale 1. PNHS verloor met 13 potte teenoor 41. Baie geluk aan Anneke Le Roux (7-4), wat haar wedstryd wen. Dit was ons tweede ligawedstryd, waarvan ons een wen en een verloor.
Wintersport: PNHS v/s Rietondale High (vriendskaplik, 5 Maart 2025 weg)
Hokkie (Dogters)
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | 2 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/14 A | RH | 0 | |
0/15 A | PN | 14 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/15 A | RH | 0 | |
0/16 A | PN | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 | |
0/16 A | |||
2de | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
2de | RH | 6 | |
1ste | PN | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 0 | |
1ste |
Rugby
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 B | PN | 17 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/14 A | RH | 19 | |
0/15 B | PN | 24 | Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: 1 |
0/15 A | RH | 26 | |
0/16 B | PN | 20 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/16 B | RH | 22 | |
2de | PN | 12 | Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: 2 |
1ste | RH | 46 |
Netbal
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 C | PN | 4 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/14 B | RH | 11 | |
0/15 C | PN | 3 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/15 B | RH | 10 | |
0/17A | PN | 181 | Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: 1 |
1ste | RH | 20 |
Netbal proewe
Geluk aan ons spelers wat deurdring na die volgende rondte proewe:
0/14:
Cara Potgieter, Larochelle van der Merwe, Jenique Huygen, Mieke Olivier, Ayisha Kritzinger, Eluandri Olckers (10 Maart Overkruin.)
0/15:
Annemi Brits, Ruché Mollentze, Marnic Ferreira, Helé Lottering (10 Maart Overkruin)
0/16:
Ané Reis, Amorey Wallendorf, Fortune Morudu. (12 Maart PNHS)
0/17:
Olorato Masilo, Tshego Motaung, Cheyenne Pieterse, Mikayla de Wet, Anchen Gerber, Marinda Fraser, Anje Maritz (12 Maart PNHS).
Netbal afrigterseksamens:
Geluk aan ons afrigters wat hul eksamens geslaag het:
Vlak 1: Mej. J de Lange, Mej. N Driescher, Mej. M Kotze en Mej. K Langenhoven.
Vlak 2: Mev. M du Plessis.
Sagtebal
Baie geluk aan Jayden Neethling (0/16) wat opgeneem is in die Gauteng senior mans-span, wat vanaf 18 – 22 Maart 2025 aan die nasionale kampioenskappe in Rustenburg deelneem.
Sport buite skoolverband: Boks
Baie geluk aan Kelvin Dirker wat op 1 Maart ‘n goue medalje by die Gauteng Ontwikkelings Kampioenskappe verower het.
Fisiese Wetenskap: Interne Waterkompetisie, 6 Maart 2025
Dankie aan almal wat deelgeneem het, geluk aan die volgende wenners:
4de: (145 strafpunte) Raynard Bosman, Micaela Lourens, Marsha Hamann.
3de: (106 strafpunte) Kiara Jonker, Beate Haarhoff, Hantoné du Plessis.
2de: (85 strafpunte) Michael de Villiers, Jayden de Villiers, Dehan Joubert.
1ste: (9 strafpunte) Davie Pieterse, Ruan Olwagen, James Ashby.
Waardebalkies
Baie geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies verower het:
- Zené Swart (8D) vir verantwoordelikheid.
- Matthew Oelofse (8E) vir verantwoordelikheid.
- Christopher Snyman vir verantwoordelikheid.
Projek: MySPAR Ninapark
SPAR Ninapark gee weer aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 24 Februarie 2025 tot 1 Junie 2025 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000. Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 24 Februarie 2025.
Program vir die week
Maandag, 10 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
Dinsdag, 11 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Toetsdag
- Tennis: PNHS 1 Dogters v/s Overkruin, 14H30, Pretoria-Noord tennisklub.
- Gasvryheidstudies: Graad 11 restaurantaand,18H00, restaurant.
Woensdag, 12 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Akademiese periode 8 – 12, 14H15 – 15H15.
- Wintersport: Seuns hokkie v/s Peacanwood College, 14H30, weg.
- Tennis: PNHS 1 Dogters v/s Erasmus 1, 14H30, Pretoria-Noord tennisklub.
- Mnr. en Mej. PNHS kleedrepetisie, 16H30, saal.
Donderdag, 13 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Toetsdag.
- SAMO Wiskunde Olimpiade rondte 1, 14H15, K8.
- Netbal 0/16 en 0/17 proewe, 14H30, PNHS.
- Mnr. & Mej. PNHS, 18H00, saal.
Vrydag, 14 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Graad 12 Mondelinge Eksamen.
Saterdag, 15 Maart:
- Graad 12 Mondelinge Eksamen.
- Wintersport: NWU 16 reeks: PNHS v/s Ben Viljoen, 09H00, tuis.
Maandag, 17 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Gasvryheidstudies: Interne Vasvra, 14H15, restaurant.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof