Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 7/2026
Administratief
March 02, 2026
OB: 7 / 2026
Geagte ouers
1. Interna Vasvra: Kwartaal 1, 11 Februarie 2026
Baie geluk aan die volgende wenners:
- Graad 8: Cara van Wyk
- Graad 9: Dario van Deventer
- Graad 10: Isabella Campbell
- Graad 11: Carli du Plessis
- Graad 12: Dehan Joubert
Algehele wenner: Isabella Campbell
2. Krieket: Pienkbal Reeks – PNHS v/s Oos Moot 2 23 Februarie 2026 (Tuis)
PNHS Ontwikkelling wen die loot en kolf eerste. Hulle behaal 136 / 5 in hul toegelate 20 beurte. Goeie kolfwerk van JP Thomas met 48 lopies van 41 balle en Jayden Schoeman met 34 lopies van 21 balle. Oos Moot 2 volg op met 137 / 3 in 17 beurte. Jaydon van Wyngaardt vaar goed met die bal en neem 2 paaltjies vir 30 lopies in 4 beurte en Christopher Runnals neem 1 paaltjie vir 17 lopies in 3 beurte. PNHS verloor met 7 paaltjies. Dit was PNHS Ontwikkellingspan se laaste wedstryd in die reeks, ons het 6 wedstryde gespeel waarvan ons 2 wen en 4 verloor. Ons eindig hiermee in die agtste posisie.
3. Gholf: Voorsitters Trofee – PNHS v/s 3D Christian Academy 23 Februarie 2026 – Akasia Gholfbaan
Ons gholfspan neem deel aan hierdie gesogte uitklopreeks. Ons wen 3D Christian Academie met 3⅟₂ teenoor ‘n ⅟₂ wedstryd. Geluk aan Neil Botha, Jayden Neethling en Ewan Rynners wat hulle wedstryde wen. GP Engelbrecht dwing ‘n gelykop uitslag af. Ons dring deur na die volgende rondte teen Afrikaans Hoër Seuns 4, eerskomende Dinsdag by Akasia gholfbaan.
4. Atletiek: C-Bond Interhoër – 25 Februarie 2026
Uitslae:
- H/S Pretoria-Noord (2623)
- H/S Wonderboom (2527)
- H/S Die Wilgers (2418)
- H/S Hartebeespoort (2376)
- Rietondal H/S (2316)
- H/S Erasmus (2011)
- Eduplex (1837)
- Uitsig H/S (1804)
- Pretoria Boys High (1570)
- Pretoria Girls High (1060)
Ons individuele atlete verower 83 medaljes, 20 goud, 41 silwer en 22 brons.
Atlete wat goud verower het:
Jeanique Huygen (200M & 400M), Jamilla Buff (400M, 800 & 1500M), Leana Bezuidenhout (Hs), Shondré Scheun (800M), Simoné de Koker (800M, 1500M & 3000M), Divan Deysel (Gs), Divan Botha (Sw & Gs), Junior Bokwa (400M Hekkies), Juané Gruyvenstein (400M Hekkies), MC Swanepoel (Sg), Dehan Joubert (Sw), Diwan Vermaak (100M Hekkies & 300M Hekkies) en Miandri Yssel (Vs).
Baie geluk aan ons atlete wat Silwer verower het:
Jadon Robbertson (100M Hekkies & 300M Hekkies), Lize Meiring (Gs & Sw), Colten Schoeman (Gs), Charney Badenhorst (800M & 1500M), Juhane du Plessis (800M & 1500M), Leana Bezuidenhout (100M & 200M), Marinda Fraser (Gs), Neil Botha (100M), Heino Schuster (800M), Jazlyn Roux (800M), Kaylie van Jaarsveld (1500M), Jordan Anderson (1500M), Matthew Roselt (1500M), Sandra Viviers (3000M), Fortune Magongoa (Vs & Hs), Jadon Smith (Hs), Elmarie Fourie (Sw), Jayden Schoeman (Sg), en Rohan Louw (Sg). Dogters 0/15 aflos (647 ASA), Seuns 0/15 Aflos (701 ASA), 0/17 Dogters Aflos (664) en Seuns o/17 aflos (701 ASA).
Baie geluk aan ons atlete wat brons verwower het:
Heino Schuster (400M), Kaylie van Jaarsveld (800M), Momo Sepotokele (800M), Sandra Viviers (1500M), Junior Bokwa (3000M Hekkies), Marinus J van Rensburg (Gs), Jeanique Huygen 9100M), Jadon Robbertson (200M), Shon-dré Scheun (400M), Matthew Roselt (800M), Caleb Jooste (1500M), Jazlyn Roux (1500M & 3000M), Anca Jansen van Vuuren (90M Hekkies), Anelska van Dyk (100M Hekkies), Chantelee Nel (100M Hekkies), Miané du Plessis (Vs), Colten Schoeman (Sg) en Dogters 0/14 Aflos (616 ASA)
Ons verower die volgende trofee:
C-Bond Interhoër wenners.
C-Bond Beste dogtersspan.
- Geluk aan ons atlete wat gekwalifiseer het om vir die distrikspan aan die Gauteng Kampioenskappe deel te neem, hulle sal eerskomende Vrydag en Saterdag in aksie wees op die Herman Immelman stadion in Germiston. Hulle is: Miané du Plessis, Jeanique Huygen, Lucille Zengel, Neil Botha, Inge van Eeden, Marinda Fraser, Divan Botha, Dehan Joubert, Jayden van Wyngaardt, Jayden Robbertson en Carmen Zengel.
5. Interne Redenaars – 27 Februarie 2026
Juniors Onvoorbereid:
- Caitlyn Patterson
Juniors Voorbereid:
- Janco Schoonraad
- Dario van Deventer
- Zené Swart
Seniors Onvoorbereid:
- Ziané Nel
Seniors Voorbereid:
- Mia Rynners
- Charney Badenhorst
- Michael de Villiers
6. Wintersport: NWU 16 – Poelwedstryd 1 PNHS v/s H/S Standerton 28 Februarie 2026 (Weg)
Hokkie (Dogters):
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 A | PN | 1 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/14 A | Stand | 8 | |
| 0/15 A | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/15 A | Stand | 4 | |
| 0/16 A | PN | 9 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/16 A | Stand | 0 | |
| 2de | PN | 6 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 2de | Stand | 3 | |
| 1ste | PN | 3 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 1ste | Stand | 1 |
Hokkie (Seuns):
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 1ste | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 1ste | Stand | 3 |
Rugby:
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 A | PN | 5 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/14 A | Stand | 40 | |
| 0/15 A | PN | 21 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/15 A | Stand | 15 | |
| 0/16 A | PN | 20 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/16 A | Stand | 21 | |
| 2de | PN | 15 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 2de | Stand | 20 | |
| 1ste | PN | 14 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 1ste | Stand | 16 |
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 B | PN | 12 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/14 B | Stand | 24 | |
| 0/15 B | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/15 B | Stand | 36 | |
| 0/16 B | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/16 B | Stand | 60 |
Netbal:
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 A | PN | 4 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/14 A | Stand | 15 | |
| 0/15 A | PN | 10 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/15 A | Stand | 11 | |
| 0/16 A | PN | 17 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/16 A | Stand | 9 | |
| 2de | PN | 11 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 2de | Stand | 16 | |
| 1ste | PN | 21 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 1ste | Stand | 13 |
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 B | PN | 20 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/14 B | Stand | 13 | |
| 0/15 B | PN | 7 | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 0 |
| 0/15 B | Stand | 7 | |
| 0/16 B | PN | 8 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/16 B | Stand | 11 | |
| 0/17 A | PN | 18 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 2de | Stand | 16 | |
| 0/14 B | PN | 20 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/14 C | Stand | 13 |
7. Beheerliggaam Tussenverkiesing
Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Ons het 5 vakante poste op ons Beheerliggaam met ouers wie se kinders afgestudeer het in 2025. Der halwe moet ‘n Beheerliggaam Tussenverkiesing uitgeroep word om hierdie vakatures te vul. Hierdie Beheerliggaam Tussenverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026 en indien ons nie die vereiste kworum op genoemde dag bereik nie sal die opvolgverkiesing plaasvind op 15 April 2026.
‘n Voldagverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026. Ons voldagverkiesing sal reeds om 06H15 open met personeel wat in Eeufeestraat en Berglaan diens doen om werkende ouers wat leerders aflaai te help om te stem. U sal ook op die betrokke dag ‘n “drive through” kan doen in by Berglaan en by Emiley Hobhouse uit, met tien stempunte waar u kan stem terwyl u, u kind aflaai. Daar sal deur die dag ook stempunte by die saal beskikbaar wees met toegang deur die Eeufeestraathekkie. Hierdie stempunte sal oop bly tot 19H00, wanneer die voldag-verkiesing sluit.
Nominasies vir die verkiesing sal plaasvind nie meer as 7 dae en nie minder as 3 dae voor die verkiesing nie, dit wil sê nominasies open vanaf Woensdag 11 Maart 2026 om 08H00 en sluit op Vrydag 13 Maart 2026 om 14H00. Ouers kan nominasievorms by ons navraetoonbank afhaal vanaf Woensdag, 11 Maart 2026. Dit word weer ingedien by ons navraetoonbank saam met ‘n geheue stokkie met ‘n video op waarin die nominant hom / haarself voorstel en ‘n kort voorlegging maak oor die bydrae wat hulle tot die skool kan lewer (30sekondes). Hou asb. ons “facebook” – en webblad dop vir ons nominante vanaf 11Maart 2026.
8. Program vir die Week
Maandag, 2 Maart
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Graad 12 IGO PAT: 14H15-15H15, K9.
Dinsdag, 3 Maart
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Toetsdag.
- Graad 11 & 12: “Perfect Life Loopbaanskou” 07H00, saal.
- Graad 12 akademiese uur, sleutel (4), 14H15 – 15H15.
- Mnr. & Mej PNHS oefening, 14H30 – 15H30, saal.
- Gholf: PNHS 1 v/s AHS 4, 14H30, Akasia Gholfklub.
Woensdag, 4 Maart
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Toetsdag - Stelwerk.
- Fotodag.
- Akademiese uur graad 8 – 12, 14H15 – 15H00.
- Finansiële Komiteevergadering, 17H00 – 19H00, Konferensiekamer.
- Uitvoerende Komiteevergadering, 19H00 – 21H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 5 Maart
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Toetsdag.
- Graad 12 akademiese uur, sleutel (5), 14H15 – 15H15.
- Mnr. & Mej PNHS oefening, 14H30 – 15H30, saal.
Vrydag, 6 Maart
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Toetsdag.
- Atletiek: Gauteng Kampioenskappe, 09H00, Germiston.
- Interne Brugbou Kompetisie, 14H15-20H00, saal.
Saterdag, 7 Maart
- Wintersport: NWU 16: Poelwedstryd 2, 09H00, H/S Ben Viljoen, (Groblersdal). Busse vertrek om 04H00 vanaf PNHS.
- Atletiek: Gauteng Kampioenskappe, 09H00, Germiston.
Maandag, 9 Maart
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- ATKV Toneel oudisies, 14H00, K2.
- Graad 12 IGO PAT: 14H15-15H15, K9,
- Kultuur Akademievergadering, 18H00, restaurant. Enige ouers is welkom.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof
