
Omsendbrief 7/2025
Administratief
March 03, 2025
OB: 7 / 2025
Geagte ouers
Lief en Leed
Ons verwelkom vir mev. V. van den Bergh, sportwetenskaplike van Tukkies, wat by ons aansluit in die plek van Mnr. Wandile Ntuli wat in Desember bedank het om ‘n pos te aanvaar by die Universiteit van die Witwatersrand.
Krieket: Plaat Finaal, Eerste Kwartaal Liga, 26 Februarie 2025, Tuis
PNHS wen die loot en kolf eerste. PNHS behaal 138 / 2 in 25 beurte. Goeie kolfwerk van Ulrich Breytenbach met 57 lopies van 60 balle (silwer balkie) en Mark Gorman met 54 lopies van 58 balle (silwer balkie). H/S Zwartkop volg op met 139 /7 in 19 beurte. Goeie boulwerk van Michael Flanagan met 2 paaltjies vir 20 lopies in 4 beurte (brons balkie) en Christopher Runnals met 2 paaltjies vir 38 lopies in 4 beurte (brons balkie). Goeie veldwerk van Rohan Louw met 2 vangskote (brons balkie). Zwartkop wen met 3 paaltjies.
Tennis: Senior Dogters Liga 1
26 Februarie 2025:
PNHS 1 v/s Pinnacle College B. Pinnacle College onttrek. PNHS 2 v/s Wonderboom 2. PNHS wen met 43 potte teenoor 24. Baie geluk aan Yolanda Pretorius (11-0), Anneke Le Roux (11-0) en Lize Meiring (9-2), wat hulle wedstryde wen. Dit was ons eerste ligawedstryd.
Wintersport: NWU 16: Poelwedstryd 1: H/S Ellisras, 1 Maart 2025 (tuis)
Hokkie (Dogters)
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/14 A | Ellis | 9 | |
0/15 A | PN | 4 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/15 A | Ellis | 0 | |
0/16 A | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/16 A | Ellis | 1 | |
2de | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
2de | Ellis | 3 | |
1ste | PN | 2 | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 0 |
1ste | Ellis | 2 |
Rugby
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | 12 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/14 A | Ellis | 20 | |
0/15 A | PN | 9 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/15 A | Ellis | 5 | |
0/16 A | PN | 15 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/16 A | Ellis | 30 | |
2de | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
2de | Ellis | 17 | |
1ste | PN | 7 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
1ste | Ellis | 27 |
Rugby (B-spanne)
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 B | PN | 5 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/14 B | Ellis | 27 | |
0/16 B | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/16 B | Ellis | 40 |
Netbal
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | 6 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/14 A | Ellis | 12 | |
0/15 A | PN | 12 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/15 A | Ellis | 18 | |
0/16 A | PN | 18 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | Ellis | 11 | |
2de | PN | 11 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
2de | Ellis | 15 | |
1ste | PN | 34 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
1ste | Ellis | 30 |
Netbal (B-spanne)
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 B | PN | 1 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/14 B | Ellis | 16 | |
0/15 B | PN | 7 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/15 B | Ellis | 10 | |
0/16 B | PN | 12 | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 0 |
0/16 B | Ellis | 12 |
Sang
Baie geluk aan Marioné Engelbrecht wat uitgenooi is deur die “Stars of the Universe” organiseerders om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Italian Performing Arts Cup in die eerste week van Julie 2025.
Waardebalkies
Baie geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies verower het:
- Tahlecia Opperman (8E) vir verantwoordelikheid.
- Raynard Bosman (10D) vir respek.
Leierskap
Baie geluk aan Michael De Villiers wat verkies is tot Junior Stadsraad verteenwoordiger vir PNHS.
Projek: MySPAR Ninapark
SPAR Ninapark gee weer aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 24 Februarie 2025 tot 1 Junie 2025 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000. Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 24 Februarie 2025.
Program vir die week
Maandag, 3 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- VLR-vergadering, 14H15, K 76.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
Dinsdag, 4 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Toetsdag
- “Perfect Life” Loopbaanskou graad 11 en 12, 08H00, PNHS.
- Gasvryheidstudies: Graad 11 restaurantaand, 18H00, restaurant.
Woensdag, 5 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Akademiese periode 8 – 12, 14H15 – 15H15.
- Wintersport: Netbal, rugby en hokkie v/s Rietondale High, 15H00, weg.
- Tennis: PNHS 1 (dogters) v/s Sutherland High 1, 14H30, weg.
PNHS 2 (dogters) v/s Rietondale High 1, 14H30, weg.
Donderdag, 6 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Toetsdag.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 6, 14H15 – 15H00.
- Gasvryheidstudies: Graad 11 restaurantaand, 18H00, restaurant.
- Netbal: Laerskole Distrikproewe, 14H00, PNHS.
Vrydag, 7 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Graad 12 Mondelinge Eksamen.
Saterdag, 8 Maart:
- Graad 12 Mondelinge Eksamen.
- Wintersport: NWU 16 reeks: Los Lootjie.
Maandag, 10 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof