Omsendbrief 7/2021

Omsendbrief 7/2021

Administratief
March 05, 2021


OB: 7 / 2021

Geagte ouers
Leierskap

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die Verteenwoordigende Leerder Raad van H/S Pretoria-Noord:

8A: Etienne Botha / Beate Haarhoff
8B: Migael Snyman / Megan Botha
8C: Deacon Roberts / Zoë Hickman
8D: Tyrus Jacobs / Crystal Hickman
8E: Lee-Ray Stassen / Zurina Tafel
8F: Wickus Jansen van Rensburg / Dianel Ball
9A: André haarhof B/ ea-Mae Lombard
9B Don Mokasi / Megan Jardim
9C Arno Venter / Denize Smit
9D Darius Syffert / Danielle Bouwer
9E Jaco Venter / Jessica van Wyk
9F Billy Moeketsi / Mia Makau
10A: Nantes Niemand / Kayla Jacobs
10B: Alex Solomon / Cathleen Roets
10C: Andrew Durdle / Annika Strydom
10D: Guillaume du Toit / Jucille Basson
10E: Kassie van Vuuren / Bianca Badenhorst
10F: Brandon Abrams / Monica Fritz
11A: Lourens du Plessis / Lenushke van Niekerk
11B Corné Kruger / Chanté Forbes
11C: Xander Bronkhorst / Hesmari Scholtz
11D: Erich Lorenz / Malory Cronjé
11E: DJ Hattingh / Suliena Tafel
12A: Elkan van Wyk / Madelet van loggerenberg
12B: Warren Lebyane / Johandi Botha
12C: Wynand Roos / Alexa Farrel
12D: Wian Snyman / Kimberley Breedt
12E: Martin Groenewald / Krizél Langenhoven

D6 Skool Kommunikeerder

Ons het hierdie jaar oorgeskakel na die D6 administratiewe program om dit vir u makliker te maak. Skakel asseblief so vining as moontlik hierby in sodat u alle nodige kommunikasie van die skool kan ontvang, gemaklik betalings kan maak en u kind se punte en skoolwerk kan monitor.

Opstelling (teken in of registreer)
  • Laai die D6 Connect toepassing met die swart en wit ikoon af by die Google AppStore. Wanneer u die toepassing oop gemaak het, gaan u versoek word om u selfoon-nommer en wagwoord in te sleutel of in te teken as u ‘n reeds geskepte profiel het.
  • Indien u nie alreeds ‘n profiel het nie, dan gaan u as ouer sien daar is ‘n “registreer”knoppie. U kan daarop klik en die nodige inligting verskaf. Hierna gaan u ‘n OTP verifikasiekode ontvang wat u moet insleutel. Indien suksesvol, sal u na die “boodskapmuur” geneem word.
Koppel u kind of kinders
  • Klik op die drie strepies links bo om u kind se skool te kies. Klik ook op die “Koppel” knoppie om u kind as ‘n leerder aan u profiel te koppel. Kies nou die skool naam of leerder naam (verkieslik) en klik daarop. Nou kan u boodskappe van die skool ontvang.
  • Kies nuus, kalender, bronne of inligting onder. Die inligting opsie gee u ‘n “leerder inligting”-opsie waarop u kan klik. Dit gee u die leerder se punte, huiswerk, dissipline, afwesighede, finansies, leerderinligting en volgelinge. Hierdie is alles opsies waarop u kan klik om dit te monitor.
  • Die toepassing is streng en verifieer dat slegs kinders wat reeds aan ouers in dieselfde familiekode gekoppel is op die stelsel, aan mekaar op die profiel gekoppel kan word. ID nommers moet dus ook korrek ingelees wees op die stelsel. Dit sluit ouers se korrekte selnommers in wat die ontvang van OTP verifikasie kodes gedurende die inteken en registrasie proses moontlik maak.
Beheerliggaam-verkiesing, 17 Maart 2021

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons gister ‘n nuwe direktief van die Hoof van die Gauteng Onderwys Departement ontvang het wat die begin datum van die Beheerliggaam verkiesings uitstel na 15 Maart 2021 toe. Noodgedwonge moet ons nou ook weer ons bestuursplan aanpas. Neem asseblief kennis dat ons beheerliggaamverkiesing dan wel sal plaasvind op Woensdag, 17 Maart 2021 om 18H00 in die skoolsaal. Sou ons nie die vereiste kworum verkry nie sal die opvolgverkiesing sonder ‘n kworum op 6 April 2021 om 18H00 in die skoolsaal plaasvind. Nominasiebriewe word weer vir u gerief aangeheg en nominasies kan ingehandig word by ons navraetoonbank vanaf Maandag, 8 Maart 2021 tot Dinsdag, 16 Maart 2021. Ons het reeds met ons verkiesingsbeampte bevestig dat nominasies wat reeds ingehandig is nie sal verval nie. Ons vra om verskoning vir enige ongerief.

Leerder Ondersteuning Akademie: Noorderlig
  • Noordehoekie tye: Maandae: 07H00 – 08H00 Donderdae: 07H00 – 08H00.
  • Indien ‘n persoon nood het en nie in daardie tye kan kom nie, skakel met ons navraetoonbank sodat ons ‘n afspraak kan maak met tannie Antoinette om u te help.
  • Indien daar nog ouers is wat wil deel word van die omgee-groep kan u gerus ‘n e-pos aan ons voorsitster stuur by: [email protected]
Program vir die week
Vrydag, 5 Maart:
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 2.
Saterdag, 6 Maart:
  • Graad 12: Gasvryheidstudies: “back to basics”- prakties, 08H00– 15H00, restaurant.
  • Graad 12: Afrikaans mondeling eksamen, 08H00, K.19.
Maandag, 8 Maart:
  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12, groep B, dag 2.
Dinsdag, 9 Maart:
  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12, groep A, dag 3.
Woensdag, 10 Maart:
  • Toetsdag
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 3.
Donderdag, 11 Maart:
  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 4.
  • Akademiese Merietefunksie, 18H00, saal.
  • VLR inhuldiging, 18H00, saal.
Vrydag, 12 Maart:
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 4.
Saterdag, 13 Maart:
  • Graad 12: Afrikaans mondeling eksamen, 08H00, K.19.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug