Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 6/2026
Administratief
February 23, 2026
OB: 6 / 2026
Geagte ouers
Krieket: Pienkbal Reeks: PNHS v/s St Albans, 16 Februarie 2026 (Tuis)
PNHS Ontwikkelling wen die loot en boul eerste. St Albans behaal 160 / 8 in hul 20 beurte. Jaydon Schoeman neem 5 paaltjies vir 45 lopies in 4 beurte. Jayden Schoeman, Mark Gorman, Christpoher Runnals en Janco Schoonraad neem vangskote. PNHS volg op met 99 / 9 in hul toegelate 20 beurte. Mark Gorman slaan 43 lopies van 40 balle en Charl Otto 29 lopies van 30 balle. PNHS verloor met 61 lopies. PNHS Ontwikkellingspan het 5 wedstryde gespeel waarvan hulle twee wen en 3 verloor, hulle sal speel vir posisie 7 en 8 teen Oos Moot 2 op 23 Februarie by PNHS.
Swem: Interhoër D-Bond, 18 Februarie 2026
Dankie vir ons swemmers wat deelgeneem het deur die seisoen en ons swem seisoen op ‘n hoogtepunt laat afsluit het:
Uitslae:
- Crawford International Pretoria (387)
- Maragon Mooikloof Maragon (380)
- Hoërskool Die Wilgers (370)
- The Glen High School (294)
- Afrikaans Hoër Meisiesskool D (280)
- Hoërskool Pretoria Noord (246)
- Pinnacle College (214)
- Prestige College (149)
- Sutherland High School B (137)
- Trinity House Centurion (81)
Ons swemmers het individueel 49 medaljes verower.
1ste Plekke: o/17 Vlinderslag – Ruan Schoonraad.
2de Plekke: Senior IM – Marlene Jansen van Rensburg, o/16 100m Vryslag – Heino Schuster, o/19 100m Vryslag – Rohan Louw, o/16 50m Borsslag - Christopher Runnalls, o/15 Medley Aflos – Marnus Havenga, Jaydrian Brandon, Janco Schoonraad, Jordan Anderson, o/17 Medley Aflos – Allan Ribeiro, Ian van der Zel, Ruan Schoonraad, Juandré du Raan, o/16 50m Rugslag – Jean-Ré Pienaar, o/17 50m Rugslag – Allan Ribeiro, o/19 50m Rugslag – Malan Bezuidenhout, o/19 50m Vlinderslag – Marlene Jansen van Rensburg en o/19 Vryslag Aflos – Zian Jooste, Jadon Smith, Ivander Coetzee, MC Swanepoel.
3de Plekke: o/17 100m Vryslag – Janus Smith, o/19 50m Borsslag – Marlene Jansen van Rensburg, o/16 Medley Aflos – Jean-Ré Pienaar, Christopher Runnalls, Deerik Ellis, Marinus Jansen van Rensburg, o/19 Medley Aflos Larissa Ellis, Corloa Du Plooy, Marlene Jansen van Rensburg, Mikayla Smith, o/19 50m Rugslag- Larissa Ellis, o/14 50m Vlinderslag – Jason du Plessis, o/15 Vryslag Aflos – Edrich Visagie, Collin Knoetze, Xian Boshoff, Jaydrian Brandon, o/16 Vryslag Aflos – Jean-Ré Pienaar, Marinus Jansen van Rensburg, Christopher Runnalls, Henrü Smith, o/17 Vryslag Aflos – Allan Ribeiro, Ian van der Zel, Juandré du Raan, Ruan Schoonraad, o/19 Vryslag Aflos – Marlene Jansen van Rensburg, Mikayla Smith, Corlia du Plooy, Larissa Ellis en “Dash for Cash” 50m Borsslag – Marlene Jansen van Rensburg.
Atletiek: Liga 5: Magalies-Moot Byeenkoms, Gerrit Maritz, 20 Februarie 2026
Hierdie spog byeenkoms, aangebied deur Gerrit Maritz was ons laaste voorbereiding voor Interhoër, dankie aan al ons atlete wat op hul pos was om ons as skool trots te maak!
Uitslae:
- H/S Pretoria-Noord (2828)
- H/S Gerrit Maritz (2411)
- Eduplex (2259⅟₂)
- H/S Overkruin (2161⅟₂)
- HTS John Vorster (2056)
Ons individuele atlete verower 151 medaljes, 88 goud, 36 silwer en 27 brons.
Atlete wat goud verower het:
Jeanique Huygen (100M, 200M & 400M), Neil Botha (100M & Vs), Leana Bezuidenhout (100M & 200M), Jadon Robbertson (200M & 300M Hekkies), Shon-dré Scheun (800M), Jamila Buff (400M, 800M & 1500M), Simoné de Koker (3000M), Jaydon van Wyngaardt (Hs), Fortune Mongongoa (Vs & Ds), Divan Deysel (Gs & Sw), Divan Botha (Sw & Gs), Jayden Schoeman (Sg), Janus Smith (Sg), Anca J van Vuuren (100m & 90M Hekkies), Rohan Louw (100M & Sg), Miandri Yssel (400M & Vs), Heino Schuster (400M & 800M), Henrico van Tonder (400M), Momo Sepotokele (800M), Jazlyn Roux (800M), Sandra Viviers (800M & 1500M), Matthew Roselt (800M), Juhane du Plessis (800M & 1500M), Charney Badenhorst (1500M), Lianie Potgieter (1500M & 3000M), Mikyle Willemse (1500M), Junior Bokwa (400M Hekkies &3000M), Anelska van Dyk (100M Hekkies), Chantelee Nel (100M Hekkies), Juané Gruyvenstein (400M Hekkies), Mischca Breytenbach (Hs), Miané du Plessis (Vs), Dominique Gerritzen (Vs), Carmen Zengel (Gs), Ziané Nel (Gs), Eduard Du Plessis (Gs), MC Swanepoel (Gs), Dehan Joubert (Sw), Zandile Twala (Sg), Colten Schoeman (Sg), George Greeff (Sg) en Lize Meiring (Sg), Dogters 0/14 Aflos (1000), Seuns o/15 aflos (671 ASA), Dogters 0/16 Aflos (575 ASA), Seuns 0/16 Aflos (680 ASA), Dogters 0/17 Aflos (623 ASA), Dogters 0/19 Aflos (551 ASA) en Seuns 0/19 Aflos (702 ASA).
Baie geluk aan ons atlete wat Silwer verower het:
Henrico van Tonder (800M & 1500M), Mathew Roselt (1500M), Jadon Robbertson (100M Hekkies), Junior Bokwa (Vs), Lize Meiring (Gs), Colten Schoeman (Gs), MC Swanepoel (Sg), Miané du Plessis (100M & 200M), Lianie Potgieter (800M), Caleb Jooste (800M, 1500M & 3000M), Charney Badenhorst (3000M), Juhane du Plessis (3000M), Thsego Molope (300M Hekkies), Carmen Zengel (Hs & Sg), Leana Bezuidenhout (Hs), Michael Schult (Vs), Chantelee Nel (Vs), Herco Prinsloo (Vs), Nathan Oosthuizen (Ds), Marinda Fraser (Gs), René Thessner (Sw), Anushke van Dyk Stroebel (Sg), Dante Bosch (Sg), Dogters 0/15 aflos (568 ASA), en Seuns o/17 aflos (660 ASA).
Baie geluk aan ons atlete wat brons verwower het:
Miandri Yssel (200M), Eduard du Plessis (200M), Rhulani Khoza (1500M), Heino Schuster (100M), Marinda Fraser (Sg), Elmari Fourie (Sw), Juané Greyvenstein (Ds &100M), Stefan van Tonder (400M), Cheyenne Pieterse (400M), Kaylie van Jaarsveld (800M), Jordan Anderson (800M), Charney Badenhorst (800M), Momo Sepotokele (1500M), Sandra Viviers (3000M), Angelique Jonker (90M Hekkies), Junior Bokwa (110M Hekkies),Ficardo Morgan (Hs), Rea Malatse (Vs), Bonolo Malatse (Vs), Liamey Botha (Ds), Jaydon van Wyngaardt (Ds), Aiden Pofadder (Ds), Lucille Zengel (Gs), Marinus J van Rensburg (Sw), Lizé Meiring (Sw) en Lars Muller (Sw).
Baie geluk ook aan die volgende atlete wat trofee verower:
Jeanique Huygen - Beste Baan Atleet (1539 ASA punte vir 100M en 200M)
Divan Botha - Beste Veld Atleet Seuns (1694 ASA punte vir Gs & Sw)
Lizé Meiring - Beste Veld Atleet Dogters (1320 ASA punte vir Gs & Sw)
Jeanique Huygen - Junior Victrix Ludorum.
Divan Botha - Senior Victor Ludorum.
- Ons volgende byeenkoms is Woensdag, 25 Februarie 2026. Dit is die C- Bond Interhoër op Pulditch stadion.
- Ons atlete en geesgroep sal reeds om 06H00 per bus vanaf PNHS vertrek.
- Die skool sal vir die res van die leerders gesluit wees. Ouers wat logistieke probleme ervaar kan hul kinders wel by die skool aflaai op die normale tyd, daar is toesig vir die dag gereël.
Suid-Afrikaanse Junior Jukskei Kampioenskappe, Desember 2025, Kroonstad:
Baie geluk aan:
Tyler Neveling, Jean-Pierre van der Westhuizen, MP O’Grady, Nicole Guelpa, Anushke van Dyk-Stroebel, Kylie Steyn en Zoë Jonker van PNHS wat vir hulle onderskeie provinsiale spanne aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelneem.
- Tyler Neveling word verkies vir die 0/16 A Junior Suid-Afrikaanse span.
- Anushke van Dyk-Stroebel word verkies tot die Suid-Afrikaanse Junior Akademie Meisies span.
- Zoë Jonker word verkies tot die Suid-Afrikaanse Junior Akademie Uitnodiging Meisies span.
Waardebalkie
Baie geluk aan:
Jessica van Jaarsveld (12A) wat ‘n waardebalkie vir Lojaliteit ontvang.
Kaylee-Ann du Plooy (12A) wat ‘n waardebalkie vir Lojaliteit ontvang.
Caleb Snyman (12F) wat die Super PN waardebalkie ontvang vir voltooing van al sy waardebalkies.
Skoolfonds 2026
Ons skoolfonds vir 2026 beloop R 28 985-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 2 635-00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2026.
Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.
Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u ontvang het en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor, dit moet persoonlik afgehaal word. Dit kan ook per e-pos by [email protected] aangevra word.
Beheerliggaam Tussenverkiesing
Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Ons het 5 vakante poste op ons Beheerliggaam met ouers wie se kinders afgestudeer het in 2025. Der halwe moet ‘n Beheerliggaam Tussenverkiesing uitgeroep word om hierdie vakatures te vul. Hierdie Beheerliggaam Tussenverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026 en indien ons nie die vereiste kworum op genoemde dag bereik nie sal die opvolgverkiesing plaasvind op 15 April 2026.
‘n Voldagverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026. Ons voldagverkiesing sal reeds om 06H15 open met personeel wat in Eeufeestraat en Berglaan diens doen om werkende ouers wat leerders aflaai te help om te stem. U sal ook op die betrokke dag ‘n “drive through” kan doen in by Berglaan en by Emiley Hobhouse uit, met tien stempunte waar u kan stem terwyl u, u kind aflaai. Daar sal deur die dag ook stempunte by die saal beskikbaar wees met toegang deur die Eeufeestraathekkie. Hierdie stempunte sal oop bly tot 19H00, wanneer die voldag-verkiesing sluit.
Nominasies vir die verkiesing sal plaasvind nie meer as 7 dae en nie minder as 3 dae voor die verkiesing nie, dit wil sê nominasies open vanaf Woensdag 11 Maart 2026 om 08H00 en sluit op Vrydag 13 Maart 2026 om 14H00. Ouers kan nominasievorms by ons navraetoonbank afhaal vanaf Woensdag, 11 Maart 2026. Dit word weer ingedien by ons navraetoonbank saam met ‘n geheue stokkie met ‘n video op waarin die nominant hom / haarself voorstel en ‘n kort voorlegging maak oor die bydrae wat hulle tot die skool kan lewer (30sekondes). Hou asb. ons “facebook” – en webblad dop vir ons nominante vanaf 11Maart 2026.
Akademie vir Leerder Ondersteuning, Noorderlig
Graag wil die Akademie Voorsitter, Mev. Corné Labuschagne, al ons leerders en ouers bedank vir hulle bydrae tydens die “saai week”.
Ouers word ook herhinner dat nie-bederfbare produkte enige tyd gedurende die kwartaal skool toe gestuur kan word.
Program vir die week
Maandag, 23 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Krieket: PNHS Ontwikkelling v/s Oos Moot 2, 14H30, tuis.
- Gholf: Voorsitters Trofee: PNHS 1 v/s 3D Christian Academy, 14H30, Akasia gholfbaan.
Dinsdag, 24 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Toetsdag.
- Graad 12 akademiese uur, sleutel (2), 14H15 – 15H15.
- Atletiek Interhoërspan, Motivering, 15H15 – 16H15, saal.
Woensdag, 25 Februarie:
- Atletiek: C-Bond Interhoër, 09H00 – 17H30, Pilditch:
# Atlete: 06H00, saal. Kontrole en vertrek vanaf Eeufees.
# Geesgroep: 06H00, aantreeblad. Kontrole en vertrek vanaf Eeufees.
# Skool gesluit vir leerders.
Donderdag, 26 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Wintersport: Eerste span Inhuldigingsfunksie, 18H00, saal.
Vrydag, 27 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Toetsdag.
- Interne Redenaars, 14H15, restaurant.
Saterdag, 28 Februarie:
- Wintersport: NWU 16: Poelwedstryd 1, 09H00, H/S Standerton. Busse vertrek om 04H00 vanaf PNHS.
Maandag, 2 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- VLR vergadering, 14H00, K 76.
- Graad 12 IGO PAT: 14H15-15H15, K9.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof
