Omsendbrief 6/2023

Omsendbrief 6/2023


Administratief
February 13, 2023


OB: 6 / 2023

Geagte ouers
Lief en Leed

Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. André Vorster. Ons bid vir vertroosting en dra sy gesin op aan ons Hemelse Vader.

Atletiek:
  • Hartebeespoort byeenkoms van 10 Februarie 2023 is afgestel weens reën.
  • Ons top atlete sal op Dinsdag, 14 Februarie 2023 by HTS Tuine deelneem aan die distrik se cluster byeenkoms, die byeenkoms is Vrydag uitgestel vanweë reën. Atlete sal om 06H30 vertrek vanaf PNHS.
  • Ons top 20 atlete sal eerskomende Vrydag in Bloemfontein deelneem aan ‘n Top 20-byeenkoms. Baie geluk aan die volgende atlete wat opgeneem is in die Top 20 span: Schalk Fourie, Dehan Joubert, Keaan van Wyk, Zain Vorster, Shon-dre Scheun, Guillaume du Toit, Junior Bokwa, Rubin Nel, Carel Greyling, Henco van der Merwe, Simoné de Koker, Leana Bezuidenhout, Deoné Meintjies, Wilné Kriel, Anelska van Dyk, Salomé Venter, Cindy de Koker, Meagan Mylonas, Jacinda de Lange en Zanthé Joubert. Hulle vertrek op Donderdag, 16 Februarie om 10H00 vanaf PNHS en sal terug wees by PNHS op Saterdag, 18 Februarie om en by 14H00.
Swem: Liga 3: Sutherland, 2 Februarie 2023
  • PNHS behaal ’n algehele 3de plek uit die 8 skole wat deelneem het.
  • Die medley relays kon ongelukkig die plaasvind nie agv slegte weersomstandighede

Geluk aan die volgende swemmers wat plekke behaal het:

2de plekke

Allan Ribeiro - 50m Vryslag, Rohan Louw - 50m Vryslag, Jacques Runnels - 100m Vryslag, Schalk Pretorius - 100m Vryslag, René Thessner - 50m Borsslag, Mikayla Smith - 50m Rugslag, Jaco Jansen van Vuuren - 50m Rugslag en Rohan Louw - 50m Vlinderslag.

3de plekke

Ewan Rynners - 50m Rugslag, Caitlyn Smith - 50m Vlinderslag, Juané Pretorius - 50m Vlinderslag

  • Die swem interhoër vind plaas op Donderdag, 16 Februarie by Hillcrest om 14H00.
Beheerliggaam Tussenverkiesing, 16 Februarie 2023

Neem asseblief kennis van hierdie tussenverkiesing. Volgens regulasies kan ‘n ouer net op ‘n beheerliggaam dien vir so lank sy / haar kind ‘n ingeskrewe leerder by die skool is. Dit laat ons met twee vakante poste op die beheerliggaam met Mr. H Bronkhorst en Dr. L Scholtz wie se kinders in 2022 gematrikuleer het. Die tussenverkiesing vir hierdie doel sal gehou word op Donderdag, 16 Februarie 2023 in die skoolsaal om 18H00. Die nominasievergadering sal plaasvind van 18H00 – 18H30 en die verkiesing vanaf 18H30 – 19H00. Indien die vereiste kworum van 15% stemgeregtigde ouers nie behaal word nie sal ‘n opvolgverkiesing plaasvind twintig dae later op Woensdag, 8 Maart 2023 om 18H00 en die verkiesing sal dan voortgaan met of sonder ‘n kworum.

Vind asseblief aangeheg die amptelike kennisgewing met nominasievorm. Nominasievorms kan vanaf 9 Februarie 2023 tot 15 Februarie 2023 by ons navraetoonbank ingehandig word of tydens die nominasievergadering op 16 Februarie 2023.

Toegang by PNHS

Dit het onder ons aandag gekom dat daar verwarring heers rondom toegang tot die skoolterrein. Hier volg die amptelike reëlings:

  • Skoolhekke sal gesluit wees gedurende die skooldag (Departementele regulasies & Veiligheidsbeleid) vanaf 07H20 – 14H15. Daar sal slegs toegang deur die navraetoonbank wees by die Eeufees straat hek.
  • Toegang tot die terrein kan slegs vanaf 14H15 by die Berglaanhek verkkry word. Die skool kom om 14H00 uit en ter wille van die veiligheid van ons leerders kan geen voertuie deur die hek beweeg tussen 14H00 en 14H15 nie.
  • Voertuie mag wel vanaf 14H15 die terrein binnekom, maar moet inteken by Phillip (Departementele regulasies en Veiligheidsbeleid). Toegang tot die terrein moet ongelukkig beheer word om vreemde rondlopers op die terrein te beperk en ook om motordiefstalle op die terrein te verhoed.
  • Ouers van die skool kan wel ‘n toegangsplakker teen R 10-00 by die navraetoonbank of by Phillip aanskaf en indien die plakker sigbaar op die voorruit van u voertuig is sal u nie hoef in te teken nie, omdat Phillip dan duidelik sal kan sien u is ‘n ouer van die skool.

Jammer vir enige ongerief ervaar weens onduidelikheid

H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.

Program vir die week
Maandag, 13 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Tennis: Oefening juniors & seniors, 15H00 – 16H30, PNHS tennisbane.
Dinsdag, 14 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Toetsreeks
  • Valentynsdag: Trek skooldrag of gewone drag aan met iets rooi vir R 5-00.
  • Atletiek: Distrik Cluster byeenkoms, vertrek om 06H30 vanaf PNHS.
  • Graad 8 A, B en C, ASAT-toetse, 08H00, saal.
  • Graad 12: Sleutel 1, Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Interne redenaars, 18H00, K19.
Woensdag, 15 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Graad 8 D, E en F, ASAT-toetse08H00, saal.
  • Aflos oefening, 13H20 – 14H00, atletiekbaan.
  • Akademiese Periode Graad 8 – 11, 14H00 – 15H00.
  • Interne redenaars, 18H00, K19.
  • Sagtebal Akademievergadering, 18H00, restaurant.,
Donderdag, 16 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Toetsreeks
  • Atletiek Top 20 vertrek na Bloemfontein om 10H00.
  • Swem: D-Bond interhoër, 14H00, Hillcrest. Vertrek om 12H00 vanaf PNHS.
  • Beheerliggaam Tussenverkiesing, 18H00, skoolsaal.
Vrydag, 17 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Fotodag: Leerders graad 9 tot 12 trek wintersdrag aan, graad 8, somersdrag.
  • Atletiek: Top 20, Bloemfontein, 09H00.
Saterdag, 18 Februarie:
  • Rugby: Laerskole rugbydag, 08H00, A-rugbyveld.
  • Top 20 atlete terug by PNHS om en by 14H00.
Maandag, 20 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Tennis: Oefening juniors & seniors, 15H00 – 16H30, PNHS tennisbane.
  • Gasvryheidstudies: Kelneropleiding graad 11, 14H15, restaurant.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug