Waarna is jy opsoek?


Omsendbrief 5/2026

Omsendbrief 5/2026


Administratief
February 17, 2026


OB: 5 / 2026

Geagte ouers

Swem: Liga 3: Deutsche Internationale Schule, 12 Februarie 2026

Baie geluk aan die volgende swemmers:

1ste Plekke:

Jean-Ré Pienaar (0/16: 50M rugslag)

2de Plekke:

Heino Schuster (o/16: 100M Vrylag), Ruan Louw (Ope: 100M Vryslag) en Ruan Schoonraad (0/17: 50M Vlinderslag).

3de Plekke:

Jayson Du Plessis (0/14: 50M Vryslag), Stuart Botes (0/14: 50M Borslag), Paul –Franco Botha (0/14: 50M Rugslag), Marnus Havenga (0/15: 50M Rugslag) en Malan Bezuidenhout (Ope: 50M Rugslag). Jason du Plessis, Janco Schoonraad, Heino Schuster, Ruan Schoonraad en Rohan Louw (Ope: 4X50M Ladder aflos.)

Volgende gala: Interhoër: Woensdag, 18 Februarie 2026, Hillcrest. Vertrek om 06H30 vanaf PNHS.

Atletiek: Liga 4: Teen die Berg Byeenkoms, Hartebeespoort, 13 Februarie 2026

Ongelukkig afgelas weens reën.

Volgende byeenkoms is die “Noord van die Berg Byeenkoms” by H/S Gerrit Maritz eerskomende Vrydag, 20 Februarie 2026. Deelnemende skole: PNHS, H/S Gerrit Maritz, H/S Overkruin, HTS John Vorster en Eduplex. PNHS sal sluit om 13H30.

Sport buite Skoolverband: Rolbal

Baie geluk aan: Paul Benadé en Aiden de Klerk wat opgeneem is in die Gauteng-Noord span wat vanaf 29 Maart 2026 – 1 April 2026 in Bloemfontein aan die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskappe gaan deelneem.

Leierskap: PN-Raad

Baie geluk aan Juané Greyvenstein wat opgeneem is in die PN-Raad.

Waardebalkie

Baie geluk aan Raynard Bosman wat ‘n waardebalkie vir Integriteit ontvang.

Skoolfonds 2026

Ons skoolfonds vir 2026 beloop R 28 985-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 2 635-00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2026.

Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.

Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u ontvang het en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor, dit moet persoonlik afgehaal word. Dit kan ook per e-pos by [email protected] aangevra word.

Beheerliggaam Tussenverkiesing

Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Ons het 5 vakante poste op ons Beheerliggaam met ouers wie se kinders afgestudeer het in 2025. Der halwe moet ‘n Beheerliggaam Tussenverkiesing uitgeroep word om hierdie vakatures te vul. Hierdie Beheerliggaam Tussenverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026 en indien ons nie die vereiste kworum op genoemde dag bereik nie sal die opvolgverkiesing plaasvind op 15 April 2026.

‘n Voldagverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026. Ons voldagverkiesing sal reeds om 06H15 open met personeel wat in Eeufeestraat en Berglaan diens doen om werkende ouers wat leerders aflaai te help om te stem. U sal ook op die betrokke dag ‘n “drive through” kan doen in by Berglaan en by Emiley Hobhouse uit, met tien stempunte waar u kan stem terwyl u, u kind aflaai. Daar sal deur die dag ook stempunte by die saal beskikbaar wees met toegang deur die Eeufeestraathekkie. Hierdie stempunte sal oop bly tot 19H00, wanneer die voldag-verkiesing sluit.

Nominasies vir die verkiesing sal plaasvind nie meer as 7 dae en nie minder as 3 dae voor die verkiesing nie, dit wil sê nominasies open vanaf Woensdag 11 Maart 2026 om 08H00 en sluit op Vrydag 13 Maart 2026 om 14H00. Ouers kan nominasievorms by ons navraetoonbank afhaal vanaf Woensdag, 11 Maart 2026. Dit word weer ingedien by ons navraetoonbank saam met ‘n geheue stokkie met ‘n video op waarin die nominant hom / haarself voorstel en ‘n kort voorlegging maak oor die bydrae wat hulle tot die skool kan lewer (30sekondes). Hou asb. ons “facebook” – en webblad dop vir ons nominante vanaf 11Maart 2026.


Program vir die week

Maandag, 16 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel (6), 14H15 – 15H15.
  • Graad 12: IGO PAT 14H15 – 15H15.
  • Krieket Uitspele: PNHS v/s St Albans, 14H30, weg.
Dinsdag, 17 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Toetsdag.
  • Graad 8 A - C ASAT toetse, 09H00 – 13H00, saal.
  • Mnr. & Mej. PNHS pasdag, vertrek om 07H00.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel (1), 14H15 – 15H15.
Woensdag, 18 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Atletiek: Distrik Kampioenskappe, Pulditch.
  • Swem Interhoër, 11H00, Hillcrest. Vertrek om 07H30 vanaf PNHS.
  • Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Interne Vasvrae, 14H00 – 15H00, K 18 – K24.
  • Atletiek Akademie vergadering. (Alle ouers welkom), 18H00, personeelkamer.
Donderdag, 19 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 8 D – F ASAT toetse, 09H00 – 13H00, saal.
Vrydag, 20 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Toetsdag.
  • Atletiek Liga 5: Magalies-Moot Byeenkoms, 14H30, Gerrit Maritz.
    Skool sluit om 13H30.
Saterdag, 21 Februarie:
  • Laerskole Rugby, hokkie & netbal dag, 08H00, PNHS.
  • Krieket: Uitspeelwedstryd. (Besonderhede word deur die week bevestig)
Maandag, 22 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug