
Omsendbrief 5/2025
Administratief
February 17, 2025
OB: 5 / 2025
Geagte ouers
Atletiek: Teen die Berg, 14 Februarie 2025, Hartebeespoort
Uitslag:
1ste: H/S Frikkie Meyer (1097)
2de: H/S Pretoria-Noord (1037)
3de: H/S Hartebeespoort (852)
4de: H/S Brits (771)
5de: H/S Uitsig (676)
Baie dankie vir die mooi gees en deelname van al ons atlete. Baie geluk aan ons atlete wat mooi presteer het.
30 Goue medaljes is geoes deur: Jeanique Huygen (100M, 200M en 400M), Leana Bezuidenhout (100M en 200M), Ezmarelda Vivier (800M, 1500M en 3000M), Jamila Buff (800M), Matthew Roselt (1500M en 3000M), Simoné de Koker (800M, 1500M en 3000M), Junior Bokwa (800M, 1500M en 3000M), Charné Badenhorst (1500M), Fortune Magongoa (Vs), Divan Botha (Gs en Sw), Henco van der Merwe (Gs), Mia Rynners (Sw), Heino Schuster (800M en 1500M, Kaylie van Jaarsveld (1500M), Jayden Schoeman (Sg), Lizé Meiring (Sg) Zivan Bezuidenhout (Vs) en Kiara Jonker (Vs).
32 Silwer medaljes: Zanthe Joubert (100M), Rohan Louw (200M), MC Swanepoel: (Gs en Sg), Jamila Buff (400M, 1500M en Hs), Ashlee Jordaan (400M), Kaylie van Jaarsveld (800M), Charney Badenhorst (800M), Caleb Jooste (800M en 1500M), Liamay Botha (800M), Elisma van Wyk (800M en 1500M), Henrico van Tonder (800M), Sandra Viviers (1500M), Mikyle Willemse (1500M en 3000M), Chané de Lange (3000M), Miané du Plessis (90MH en Vs), Juané Greyvenstein (400MH), Danté Bosch (Vs), Wiandri Viviers (Gs), Mia Rynners (Gs), Lizé Meiring (Sw), Elmari Fourie (Sw), Dehan Joubert (Sw), Ficardo Morgan (Sg), 0/14 Dogters Aflos en 0/15 Dogters Aflos.
Brons medaljes: Leana Bezuidenhout: (400M), Dané Greeff: (400MH), Meagan Mylonas (400MH), Ashlee Jordaan (Sg), Heino Schuster (400m), Matthew Roselt (800m), Henrico van Tonder (1500m), Caleb Jooste (3000m), Maurice Munro (3000M), Kiara Jonker (100MH en Ds), Davie Pieterse (100M), Dehan Joubert (Gs), Rohan Louw (100M), Neil Botha (100M en Gs)), Miané du Plessis (200M), Matthys Benecke (200M), Chantelee Nel (200M en 100MH), Jordan Anderson (1500M), Charney Badenhorst (3000M), Aiden Pofadder (Ds), Cady Meyer (Gs), Marinus jv Rensburg (Gs), Henco van der Merwe (Gs), Danielle Scholtz (Sw), Divan Botha (Sg) en Ficardo Morgan (Sg).
Die C-Bond interhoër vind plaas op Woensdag, 19 Februarie op Pilditch. Atlete moet reeds om 06H15 in atletiekdrag in die saal aanmeld om na Pilditch te vertrek. Ons Geesgroep meld om 06H30 in skooldrag in die saal aan.
Gegewe die weervoorspelling vir Woensdag van 90% kans vir reën en die koste verbonde daaraan het ons besluit om nie die res van die skool saam te neem na Pilditch toe nie. Ons personeel is almal ook by Pilditch en der halwe sal die skool gesluit wees vir die res van die skool.
Swem Interhoër, CBC Mount Edmund, 10 Februarie 2025
Ongelukkig afgestel weens reën en donderweer.
English Evening, Personeelkamer, 11 Februarie 2025
Dankie aan almal wat deelgeneem het en baie geluk aan die volgende wenners:
Voordrag:
Juniors: Nimrie Beyleveld (3de), Jamila Buff (2de) en Jaslyn Sedibe (1ste)
Seniors: Leandré Koekemoer (3de), Anja Maritz (3de), Mia Rynners (2de) en Tristan Booyens (1ste).
Toesprake:
Juniors: Bontle Mashego (3de), Nicona Mienie (2de) en Logan Pretorius (1ste).
Seniors: Didintle Molelekwa (3de), Raynard Bosman (2de) en Cheyenne Pieterse (1ste)
Akademie: Google Classroom kodes
Graad 8 - 5hfzrf7
Graad 9 - r5k7o6c
Graad 10 - g2aypvz
Graad 11 - zxqdv5j
Graad 12 - nbgxfsz
Skoolfonds 2025
Ons skoolfonds vir 2025 beloop R 26 125-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 2 375 - 00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2024.
Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.
Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u ontvang het en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor, dit moet persoonlik afgehaal word. Dit kan ook per e-pos by [email protected] aangevra word.
Bankbesonderhede
Geagte ouers ons het reeds verlede jaar kennis gegee dat ons bankbesonderhede verander het en versoek dat gelde nie meer by ABSA in betaal moet word nie. Neem asseblief kennis dat ons die ABSA rekening vanaf 31 Januarie 2025 gaan sluit en die rekening der halwe nie meer gaan bestaan nie.
Ons bankbesonderhede is:
FNB
Rekeningnommer: 63096257738
Takkode: 210554
Program vir die week
Maandag, 17 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Mnr. & Mej. PNHS oefening, 16H30 – 18H30, saal.
Dinsdag, 18 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Toetsdag.
- Atletiek periode: Atlete finalisering van Interhoërspan en Geesgroep.
- Graad 8 A, B en C, ASAT-toetse, 10H00 – 13H30, saal.
- Atletiek: Funksie 14H30, saal.
Woensdag, 19 Februarie:
- Skool gesluit.
- Atlete en Geesgroep, C-Bond Interhoër, 08H00 -18H30, Pilditch.
- Atlete 06H15, saal, vertrek vanaf PNHS om 06H30.
- Geesgroep, 06H30, saal, vertrek vanaf PNHS om 07H00.
Donderdag, 20 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Graad 8 D, E en F, ASAT-toetse, 09H00 – 13H00, saal.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 3, 14H15 – 15H00.
Vrydag, 21 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 5.
Saterdag, 22 Februarie:
- Krieket: PNHS Ontwikkelling span Plaat-finaal,
- Laerskole: Rugby- en Netbaldag, 07H00, PNHS.
Maandag, 24 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof