Omsendbrief 5/2020

Omsendbrief 5/2020


Administratief
February 10, 2020


Geagte ouers
Atletiek:
Byeenkoms Hans Strijdom Naboomspruit, 7 Februarie 2020

Baie geluk aan ons atlete wat skitterend presteer het.

Uitslag Groottotale:

  • Hoërskool Ermelo 1151
  • Hoërskool Hans Strijdom 829
  • Hoërskool Akasia 801,5
  • Hoërskool Pretoria-Noord 795
  • Hoërskool Wonderboom 686,5
  • Hoërskool Dirk Postma 194,5

Baie geluk aan die volgende atlete met hulle pragtige individuele prestasies:

1e Plekke:

Gillaume du Toit (100m, 200m), Cindy de Koker (800m, 1500M rekord), Stephan Steyn (800m), Dylan McMaster (800m), Stephan van Wyk (1500m rekord), Carel Greyling (300m Hekkies), Kyle Engelbrecht (Hoogspring rekord), Verspring), Lourens du Plessis (Hoogspring rekord, Skyfwerp), Zain Vorster (Gewigstoot rekord, Skyfwerp), Chrissie de Beer (Gewigstoot rekord), Kevin Smit (Gewigstoot), Ryan Cilliers (Spiesgooi record) en 0/15 Seuns aflos

2e Plekke:

Sunéle Naude (100m), Franco Cohen (100m), Jarred Enslin (100m, 200m), Danica Grobler (400m, 400m Hekkies), Saentoné Louw (400m), Stephan van Wyk (800m), Stephan Steyn (1500m), Coenie Kruger (3000m), Carel Greyling (100m Hekkies), Michelle Loock (100m Hekkies), Divan Labuschagne (110m Hekkies), Dané McNay (400m Hekkies), Kalyca de Reuck (Hoogspring), Gillaume du Toit (Verspring), Nicole Busby (Verspring), Duncan van Wyk (Driesprong), Salomé Venter (Gewigstoot), Nathan du Preez (Gewigstoot), Nekeishe Rademeyer (Gewigstoot, Skyfwerp), Arno Venter (Skyfwerp), Anmari Malan (Skyfwerp, Spiesgooi), Kevin Smit (Skyfwerp), Amberlee Sutherland (Spiesgooi), 0/15 Dogters Aflos en 0/17 Dogters Aflos.

3e Plekke:

Danica Grobler (100m), Leander Botha (100m), Zandré Blignaut (400m), Dylan McMaster (400m), Marcolaine Kirsch (800m, 1500m), Joelien Greyling (1500m), Stephan van Wyk (3000m), Arthur Dobson (100m Hekkies), Monika Vos (100m Hekkies), Luzuko Matlala (110m Hekkies), Marné Driescher (400m Hekkies), Divan Labuschagne (110m Hekkies), Rico Nel (Hoogspring), Dané McNay (Verspring), Wilné Kriel (Gewigstoot), Dian Smit (Gewigstoot), Angelique Venter (Skyfwerp), Chrissie de Beer (Skyfwerp, Spiesgooi), Amberlee Sutherland (Skyfwerp), Deonne Meintjies (Spiesgooi), Taryn Hayes (Spiesgooi), Nekeishe Rademeyer (Spiesgooi) en 0/16 Seuns aflos

Byeenkoms Hans Strijdom Naboomspruit, 7 Februarie 2020

Baie geluk aan die volgende atlete wat gekies is om die skool by die Top 20 byeenkoms in Bloemfontein te gaan verteenwoordig:

Top 10 Seuns

  1. Zain Vorster
  2. Divan Labuschagne
  3. Kyle Engelbrecht
  4. Jarred Enslin
  5. Leander Botha
  6. Dylan McMaster
  7. Kevin Smith
  8. Lourens du Plessis
  9. Guillaume du Toit
  10. Jadon O’Neill

Top 10 Dogters

  1. Chrissie de Beer
  2. Danica Grobler
  3. Anmari Malan
  4. Sunéle Naude
  5. Cindy de Koker
  6. Amberlee Sutherland
  7. Nekeishe Rademeyer
  8. Jucille Basson
  9. Annika Strydom
  10. Wilné Kriel

Hierdie atlete sal Donderdag 12H00 na Bloemfontein vertrek en Saterdag om en by 13H30 terug wees by PNHS.

Swem: Gala 1: PNHS Munisipale Swembad, 6 Februarie 2020

Deelnemende skole: PNHS, Overkruin, Rietondale, Curro Roodeplaat, Prestige College, The Glen en Gerrit Maritz.

Geluk aan die volgende swemmers met hul individuele prestasies:

Goue medaljes:

Seuns 0/16 200M vryslag aflos en seuns 0/16 200M Medley aflos.

Silwer Medaljes:

Anandee Reis 100M vryslag, Seuns 0/14 200M vryslag aflos, Dogters 0/14 200M vryslag aflos, Dogters 0/17 200M vryslag aflos, Seuns 0/17 200M vryslag aflos, Dogters 0/14 200M Medley aflos, Dogters 0/17 200M Medley aflos en Seuns 0/17 200M Medley aflos.

Brons Medaljes:

Janeco Coetzee 200M IM, Juané Pretorius 50M vryslag, Sonya Vermeulen 50M vryslag, Eben Schreuder 50M vryslag, Damien van Tonder 100M vryslag, Adrian Durdle 100M vryslag, Lize Britz 100M vryslag, Stian Human 100M vryslag, Lené Nel 50M borsslag, Anandee Reis 50M borsslag, Christa Momberg 50M borsslag, Hendro Opperman 50M borsslag, Lize Britz 50M vryslag, Dogters 0/15 200M vryslag aflos, Seuns 0/15 200M vryslag aflos, Seuns 0/14 200M Medley aflos, Dogters 0/15 200M Medley aflos en Seuns 0/15 200M Medley aflos.

Tennis

5 Februarie:

PNHS dogters 1ste span v/s Midstream College 1, weg. PNHS 1 wen met 47 potte teenoor 20. Baie geluk aan Nicole Bosman (8-4), Christel Mostert (9-2), Anke Stoltz (8-3) en Maruché Smith (6-5) wat almal hulle wedstryde wen. Dit was ons dogters 1ste span se eerste ligawedstryd.

Sport buite skoolverband

Baie geluk aan Wayne van Staden wat vanaf 31 Januarie – 2 Februarie 2020 aan die 0/16 Suid- Afrikaanse snoeker kampioenskappe deelgeneem het waar hy ‘n 2de plek behaal het. Wayne is nou opgeneem in die Suid-Afrikaanse span wat gedurende Junie aan die Wêreld Kampioenskappe in Rusland gaan deelneem.

Veiligheid
  • Ter wille van die veiligheid van uself, u kind en u eiendom word daar toegangsbeheer toegepas by die skool. U het daarom ‘n parkeerskyfie nodig om op die terrein te parkeer. Hierdie skyfies is beskikbaar by Mev. A Venter in ons finansiële kantoor teen R 10-00. Onthou asseblief u voertuig se registrasienommer indien u ‘n parkeerskyfie wil kom koop.
  • By min skole het ons die voorreg om ons kinders op die terrein op en af te laai, dit is iets eie aan Pretoria-Noord. Maak asseblief gebruik van hierdie voorreg, maar respekteer di took vir wat dit is, deur altyd versigtig te ry wanneer u die terrein binnekom. Die spoedperk binne die skoolterrein is 10 km/h. Persone wat roekeloos ry op die terrein en ‘n gevaar is vir ons kinders sal verbied word om die terrein binne te kom met ‘n voertuig.
  • Volgens regulasies moet die skoolhekke gesluit wees vir die skooldag ter wille van die veiligheid van ons kinders, der halwe het Phillip opdrag gekry om die Berglaanhek eers om 13H45 oop te maak vir ouers wat kinders kom afhaal. Enige person wat voor dit by die skool wil inkom moet eers by navrae aanmeld.
  • Daar sal ‘n afgemerkte “Wagarea” wees vir leerders links van die hoofingang binne die skoolterrein. Ons wil versoek dat kinders daar vir hul ouers wag eerder as buite die terrein waar hulle nie vir Phillip sigbaar is nie.
“Heroes Anonymous”- Applikasie
  • Ons skool word een van die loods skole vir hierdie nuwe selfoon applikasie, “Heroes Anonymous”, wat vandag deur Jo Black en Willem Engelbrecht aan ons kinders bekend gestel is. Let egter daarop dat leerders hul ouers se toestemming nodig het om hierdie applikasie te mag gebruik. Hierdie toestemmingsbriewe moet asseblief teen Vrydag, 7 Februarie 2020 ingehandig word by hul voogonderwysers.
Program vir die week

Maandag, 10 Feb:

  • SAPS skole anti-dwelm-program, 08H00, saal
  • Gasvryheidstudies: graad 12 kelneropleiding, 14H00, restaurant.
  • Mnr. en Mej. PNHS kursus, 14H15 – 15H15, saal.

Dinsdag, 11 Feb:

  • Toetsreeks begin.
  • Adissionele Akademiese uur graad 12 sleutel 3, 14H15 – 15H15.

Woensdag, 12 Feb:

  • Adissionele Akademiese uur graad 8 tot 11, 14H15 - 15H15, alle vakpersoneel beskikbaar.
  • Tennis: Dogters 1ste span v/s Montana, 14H30, Pretoria-Noord Klub. Tennis: Dogters 2de span v/s Erasmus, 14H30, Pretoria-Noord Klub.
  • VLR – inhuldiging, 18H00, saal.

Donderdag, 13 Feb:

  • Toetsdag.
  • Atletiek: Distrik Cluster byeenkoms, 09H00, Langenhoven.
  • Atletiek: Top 20 vertrek na Bloemfontein, 12H00.
  • Fotografieklub, 14H00, K 74.
  • Swem: Liga 2, 14H30, Sutherland.
  • Adissionele Akademiese uur graad 12 sleutel 4, 14H15 – 15H15.

Vrydag, 14 Feb:

  • Atletiek: Top 20, 09H00 Bloemfontein.
  • Atletiek: Hartebeespoort, 14H30. Skool sluit om 13H00.

Maandag, 17 Feb:

  • Mnr. en Mej. PNHS onderhoude, 14H15 – 16H00, saal.

Dinsdag, 18 Feb:

  • Toetsdag.
  • Adissionele Akademiese uur graad 12 sleutel 5 14H15 – 15H15.
  • Interne Raakpraat Redenaars, 17H00, saal
  • Rugby Akademievergadering, 18H00, Konferensiekamer.
  • Hokkie Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.

Aflaai aanhangsel

Terug