Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 4/2026
Administratief
February 09, 2026
OB: 4 / 2026
Geagte ouers
Swem: Liga 2: Sutherland, 5 Februarie 2026
Baie geluk aan die volgende swemmers:
1ste Plekke:
Jean-Ré Pienaar (0/16: 50M rugslag), Ruan Schoonraad (o/17 50m Vlinderslag), Marlene Jansen van Rensburg (Snr: Individuele Medley) en Heino Schuster, Jean-Ré Pienaar, Christopher Runnals, Henru Smith (o/16 Vryslag Aflos).
2de Plekke:
Jason du Plessis (0/14: 50M Rugslag), Marnic Ferreira (o/16: 50m Rugslag), Allan Ribeiro (o/17: 50M Rugslag), Larissa Ellis (Ope: 50M Rugslag), Heino Schuster (o/16: 50M Vlinderslag), Janco Schoonraad, Marius Havenga, Jaydrian Brandon en Jordan Anderson (o/15: Medley Aflos), Heino Schuster, Jean-Ré Pienaar, Christopher Runnals en Deerik Ellis (o/16: Medley Aflos), Janus Smith, Ian van der Zel, Juandré Duraan en Ruan Schoonraad (o/17: Vryslag Aflos), Jason du Plessis, Janco Schoonraad, Heino Schuster en Rohan Louw (Ope: Ladder Aflos).
3de Plekke:
Marnic Ferreira (o/16: 50M Rugslag), Larissa Ellis (Ope: 50M Rugslag) en Malan Bezuidenhout (Ope: 50M Rugslag), Jaydrian Brandon, Marnus Havenga, Collin Knoetze en Xian Boshoff (0/15: Vryslag Aflos), Lariss Ellis, Corlia Du Plooy, Marlene Jansen van Rensburg en Mikayla Smith (Ope: Vryslag Aflos), Marnic Ferreira, Helé Lottering, Carlie Huebsch en Ané Reis (o/17: Medley Aflos), Juandré Duraan, Ian van der Zel, Ruan Schoonraad en Janus Smith (o/17: Medley Aflos), Lariss Ellis, Corlia Du Plooy, Marlene Jansen van Rensburg en Mikayla Smith (Ope: Medley Aflos).
Volgende gala: Donderdag, 12 Februarie 2026, Deutsche Schule. Vertrek 13H30.
Atletiek: Liga 3: Maroela Tuisbyeenkoms, 6 Februarie 2026
Uitslae:
- H/S Brandwag (1326)
- H/S Pretoria-Noord (1268⅟₂)
- H/S Hans Moore (833)
- H/S Warmbad(558⅟₂))
- Centurion Secondary (528)
Baie geluk aan ons atlete wat 114 medaljes verower.
Baie geluk aan ons atlete wat goue medaljes verower het:
Jeanique Huygen (100M & 200M), Neil Botha (100M, Vs, Gs, Sg), Leana Bezuidenhout (Hs), Jadon Robbertson (100M Hekkies), Jordan Anderson (400M), Shon-dré Scheun (200M), Kaylie van Jaarsveld (1500M), Simoné de Koker (1500M), Michael Schult (Vs), Fortune Mongongoa (Vs & Ds), Divan Deysel (Gs), Divan Botha (Sw & Gs), Janus Smith (Sg), Rohan Louw (100M), Matthys Benecke (200M), Henrico van Tonder (400M & 1500), Heino Schuster (800M), Junior Bokwa (400M Hekkies, 800M & 3000M), Caleb Jooste (1500M), Lianie Potgieter (3000M), Charney Seuns o/15 aflos. Badenhorst (3000M), Anelska van Dyk (100M Hekkies), Chantalee Nel (100M Hekkies), Juané Greyvenstein (400M Hekkies), Miané du Plessis Vs), Dominique Gerritzen (Ds), Nathan Oosthuizen (Ds), Ekmarie Fourie (Sw), Dehan Joubert (Sw), Colten Schoeman (Sg), Seuns o/15 Aflos, Dogters o/17 Aflos en Seuns o/19 Aflos.
Baie geluk aan ons atlete wat 2de plekke verower het:
Anca Jansen van Vuuren (100M), Jeanique Huygen (200M & 300M Hekkies), Jamilla Buff (400M, 800M & 1500M), Heino Schuster (400M), Jordan Anderson (400M &1500M), Mathew Roselt (800M & 1500M), Jadon Robbertson (300M Hekkies & 200M), Leana Bezuidenhout (200M), Lize Meiring (Sw, Gs & Sg), Jaydon Schoeman (Sg), Dominique Gerritzen (Vs), MC Swanepoel (Sg), Miané du Plessis (100M & 200M), Anelska van Dyk (100M), Juané Greyvenstein 100M), Miandri Yssel (200M & Vs), Chantelee Nel (200M), Henrico van Tonder (800M), Sandra Viviers (1500M &3000M), Jazlyn Roux (1500M &3000M), Mikyle Willemse (3000M), Aiden Helberg (300M Hekkie), Meagan Mylonas (400M Hekkies), Carmen Zengel (Hs), Fortune Magongoa (Hs), Bonolo Malatse (Vs), Marinda Fraser (Gs), Anuska Van Dyk-Stroebel (Sw), Zandile Twala (Sg), Dogters o/14 Aflos, Dogters o/15 aflos, Dogters o/16 Aflos en Dogters o/19 Aflos.
Baie geluk aan ons atlete wat 3de plekke verwower het:
Miandri Yssel (400M), Eduard du Plessis (100M & Gs), Lianie Potgieter (1500M), Kaylie van Jaarsveld (400M), Cheyenne Pieterse (400M), Jazlyn Roux (800M), Lianie Potgieter (1500M), Juhané du Plessis (1500M), SJ Labuschagne (3000M), Maurice Munro (3000M), Anca Janse van Vuuren (90M Hekkies), Yvonne Moeketsi (100M Hekkies), Ruan Schoonraad (110M Hekkies), Jayden Neethling (110M Hekkies), Amorey Wallendorff (400M Hekkies), Rea Malatse (Hs), Liamay Botha (Ds), Carmen Zengel (Gs), Kyla Wheeler (Gs), Marinus Jansen van Rensburg (gs), Lucille Zengel (Gs), Bonolo Malatse (Sw), René Thessner (Sw), Michael Schult (Sg), George Greeff (Sg), Seuns o/16 Aflos.
Volgende byeenkoms is die “Teen die Berg Byeenkoms” by H/S Hartebeespoort eerskomende Vrydag, 13 Februarie 2026, . Deelnemende skole: PNHS, H/S Hartebeespoort, H/S Brits en H/S Frikkie Meyer en H/S Bastion. PNHS sal sluit om 12H00.
Krieket
Pienkbal Reeks: PNHS v/s H/S Hartebeespoort, 2 Februarie 2026 (Tuis)
PNHS Ontwikkelling wen die loot en kolf eerste. PNHS behaal 175 / 3 in hul toegelate 20 beurte. Mark Gorman slaan 79 lopies van 54 balle en Charl Otto vaar net so goed met die kolf met 56 lopies van 51 balle. H/S Hartebeespoort word beperk tot 32 / 4 in 6 beurte toe dit begin reën. Mark Gorman neem 4 paaltjies vir 16 lopies in 3 beurte. Jayden Schoeman neem 2 vangskote en Phillip Beukes en Jaydon van Wyngaardt elkeen een. Die uitslag word volgens die Duckworth Lewis sisteem bepaal en PNHS wen met 85 lopies. PNHS Ontwikkellingspan het 3 wedstryde gespeel waarvan hulle twee wen en 1 verloor en dring deur na die kwart-finaal.
Pienkbal Reeks: Kwart-Finaal: PNHS v/s HTS John Vorster, 7 Februarie 2026 (Weg)
PNHS Ontwikkeling wen die loot en stuur HTS John Vorster in om te kolf. HTS John Vorster behaal 176 /10. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 3 paaltjies vir 25 lopies in 7 beurte, Charl Otto met 2 paaltjies vir 35 lopies in 8 beurte en Christopher Runnals met 2 paaltjies vir 41 lopies in 8 beurte. Jaydon van Wyngaardt, ruan schoonraad en Joshua de Klerk neem mooi vangskote. PNHS volg op maar kon ongelukkig nie aan die gang kom nie en behaal 76 / 10. Jaydon Schoeman behaal die hoogste telling met 33 lopies van 29 balle. HTS John Vorster wen met 100 lopies. Dit was PNHS Ontwikkelling se vierde wedstryd waarvan hulle twee wen en twee verloor.
Leierskap: Verteenwoordigende Leerder Raad verkiesing 2026
Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die Uitvoerende Komitee van die VLR, hulle sal ons leerders op die Beheerliggaam verteenwoordig:
Raynard Bosman (11D), Michael de Villiers (11E) en Liané Schutte (12D).
Leierskap: Junior Stadsraad van Pretoria
Baie geluk aan Helé Lottering wat verkies is tot PNHS se Junior Stadsraad Verteenwoordiger.
Uitnemende Prestasie buite skoolverband
Baie geluk aan Zené Swart wat ‘n goue toekenning wen vir Redenaars in die internasionale “Stars of the Universe” kompetisie.
Skoolfonds 2026
Ons skoolfonds vir 2026 beloop R 28 985-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 2 635-00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2026.
Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.
Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u ontvang het en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor, dit moet persoonlik afgehaal word. Dit kan ook per e-pos by [email protected] aangevra word.
Beheerliggaam Tussenverkiesing
Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Ons het 5 vakante poste op ons Beheerliggaam met ouers wie se kinders afgestudeer het in 2025. Der halwe moet ‘n Beheerliggaam Tussenverkiesing uitgeroep word om hierdie vakatures te vul. Hierdie Beheerliggaam Tussenverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026 en indien ons nie die vereiste kworum op genoemde dag bereik nie sal die opvolgverkiesing plaasvind op 15 April 2026.
‘n Voldagverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026. Ons voldagverkiesing sal reeds om 06H15 open met personeel wat in Eeufeestraat en Berglaan diens doen om werkende ouers wat leerders aflaai te help om te stem. U sal ook op die betrokke dag ‘n “drive through” kan doen in by Berglaan en by Emiley Hobhouse uit, met tien stempunte waar u kan stem terwyl u, u kind aflaai. Daar sal deur die dag ook stempunte by die saal beskikbaar wees met toegang deur die Eeufeestraathekkie. Hierdie stempunte sal oop bly tot 19H00, wanneer die voldag-verkiesing sluit.
Nominasies vir die verkiesing sal plaasvind nie meer as 7 dae en nie minder as 3 dae voor die verkiesing nie, dit wil sê nominasies open vanaf Woensdag 11 Maart 2026 om 08H00 en sluit op Vrydag 13 Maart 2026 om 14H00. Ouers kan nominasievorms by ons navraetoonbank afhaal vanaf Woensdag, 11 Maart 2026. Dit word weer ingedien by ons navraetoonbank saam met ‘n geheue stokkie met ‘n video op waarin die nominant hom / haarself voorstel en ‘n kort voorlegging maak oor die bydrae wat hulle tot die skool kan lewer (30sekondes). Hou asb. ons “facebook” – en webblad dop vir ons nominante vanaf 11Maart 2026.
Akademie vir Leerder Ondersteuning: “Noorderlig Saaiweek” 9-13 Februarie 2026
- Dit is weer Saaiweek, en ons nooi ons skoolgemeenskap uit om saam ‘n verskil te maak.
- Een klein gebaar kan ‘n groot verskil maak!
- Laat die Noorderlig helder skyn deur ‘n bydrae te lewer en om te sien na die basiese behoeftes van dié wat dit die nodigste het.
Graadbydraes:
- Graad 8 – Ontbytgraan, pasta & rys
- Graad 9 – Koffie, tee, suiker & langlewe melk
- Graad 10 – Toiletware (onderarmrol, spuitgoed & lyfseep vir seuns & dogters)
- Graad 11 – Grondboontjiebotter, koeldrank & konfyt
- Graad 12 – Blikkieskos, soppoeier & langlewe melk
Elke bydrae tel! Kom ons maak dit ‘n week van omgee en verskil.
Akademie vir Leerder Prestasie
Baie geluk aan Mev. Lezelle Koekemoer wat ons nuwe voorsitter van ons Akademie vir Leerder Prestasie is.
Dit word beoog om ouers en leerders te nooi na ons volgende vergadering en die boodskap wat oorgedra wil word is dat:
- Dit is nie net vir leerders wat akademies presteer nie, maar vir almal.
- Akademiese sake word bespreek.
- Leerderondersteuning word verleen dmv webtuistes vir vorige vraestelle en ekstra hulpmiddels wat gebruik kan word.
Besonderhede in verband met vergadering:
- Datum: 11 Februarie 2026
- Tyd: 18:00
- Plek: Personeelkamer
By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
LEZELLE KOEKEMOER
(0825527251)
Program vir die week
Maandag, 9 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Graad 12 IGO PAT 14H15 – 15H15.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- VLR-vergadering, 14H15, K76.
- Leier Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
Dinsdag, 10 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Toetsdag.
- Graad 12 akademiese uur, sleutel (5), 14H15 – 15H15.
- Mnr. & Mej. PNHS oefening, 14H30 – 15H30, saal.
- Jukskei Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
Woensdag, 11 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Atletiek: Distrik Cluster Byeenkoms, Pulditch.
- Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
- Interne Vasvrae, 14H00 – 15H00, K 18 – K24.
- Akademie vir Leerder Prestasie vergadering, 18H00, personeelkamer.
Donderdag, 12 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Toetsdag.
- Mnr. & Mej. PNHS oefening, 14H30 – 15H30, saal.
- Swem: Liga 3: Deutsche Schule, vertrek om 13H30.
Vrydag, 13 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Atletiek Liga 4: Teen die Berg Byeenkoms, 14H00, Hartebeespoort.
Skool sluit om 12H00.
Saterdag, 14 Februarie:
- Hokkie: o/14 oefening, 08H00 – 11H00.
- Krieket: Uitspeelwedstryd.
- Valentys Opelug Dans, 18H00 – 22H00, Binneplein.
Maandag, 16 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Graad 12 akademiese uur, sleutel (5), 14H15 – 15H15.
- Graad 12: IGO PAT 14H15 – 15H15.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof
