
Omsendbrief 4/2025
Administratief
February 10, 2025
OB: 4 / 2025
Geagte ouers
Lief en Leed
Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van twee van ons ouers, Mnr. Jakob Botha is verlede week oorlede en Mnr. Jan de Beer, is vanoggend oorlede. Ons dra hierdie gesinne op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle.
Atletiek
Top 15: Noordheuwel, 5 Februarie 2025
- PNHS eindig 11de uit 21 skole in kompetisie 2 by hierdie prestige byeenkoms.
- Baie geluk aan die volgende medaljewenners: Junior Bokwa wen silwer in die S 0/19 800M. Danté Bosch wen brons in die S 0/14 verspring. Shon-dré Scheun wen brons in die S 0/19 800M.
- Baie geluk aan die volgende atlete wat goeie punte op die ASA tabel behaal: Divan Botha skyfwerp (754), Mathew Roselt 1500M (711) en 3000M (761), Dehan Joubert skyfwerp (707), Rohan Louw 100M (707), Shon-dré Scheun 800M (741), Junior Bokwa 800M (729), Jeanique Huygen 200M (703) en 100M (733), Charné Badenhorst 3000M (760), Jamila Buff 800M (717), Leana Bezuidenhout 100M (752) en 200M (721), Lizé Meiring gewigstoot (732), Simoné de Koker 1500M (754) en 3000M (849) en Ezmarelda Vivier 3000M (721).
Liga 3, Tuisbyeenkoms, 7 Februarie 2025
Uitslag:
1ste: H/S Pretoria-Noord (2567)
2de: H/S Warmbad (1240)
3de: Vereeniging Gimnasium (Onttrek)
Baie dankie vir die mooi gees en deelname van al ons atlete, ons geesgroep en ook ons ouers. Baie geluk aan ons atlete wat mooi presteer het.
90 Eerste plekke is behaal deur: Jeanique Huygen (100M, 200M, 90MH en 400M), Neil Botha (100M), Leana Bezuidenhout (100M, 200M en 400M), Chantelee Nel (100M en 100MH), Rohan Louw (100M, 200M en Sg), Ezmarelda Vivier (100M, 800M, 1500M en 3000M), Danté Bosch (200M en Sg), Jamila Buff (400M, 800M, 1500M en Hs), Shon-dré Scheun (400M, 800M en 1500M), Matthew Roselt (400M, 800M, 1500M en 3000M), Simoné de Koker (800M, 1500M en 3000M), Junior Bokwa (400M, 800M, 1500M en 3000M), Charné Badenhorst (3000M), Fortune Magongoa (Vs), Divan Botha (Gs en Sw), Henco van der Merwe (Gs), Mia Rynners (Sw), Miané du Plessis (200M, 90MH en Vs), Matthys Benecke (200M en Vs), Davie Pieterse (200M), Jordan Anderson (400M, 800M en 1500M), Heino Schuster (400M, 1500M, Liamay Botha (400M), Elisma van Wyk (400M), Kaylie van Jaarsveld (800M en 1500M), Caleb Jooste (800M en 3000M), Rhulani Khoza (800M en 1500M), Pedri Engelbrecht (300MH), Meagan Mylonas (400MH), Juané Greyvenstein (400MH), Zandrea Olwagen (Hs), Janus Smith (Hs), Dané Louw (Hs), Mieke Olivier (Vs), Dominique Gerritzen (Vs en Ds), Kiara Jonker (Vs en Ds), Aiden Pofadder (Ds), Amorey Nel (Gs), Lucy Zengel (Gs), Marinda Fraser (Gs), Valdine Botha (Gs), Elmari Fourie (Sw), Dehan Joubert (Sw), Danielle Scholtz (Sw), Gute von Steen (Sw), Eluandri Olckers (Sg), Sylé Britz (Sg), Jayden Schoeman (Sg), Lizé Meiring (Sg), Eduard du Plessis (Sg), Ashlee Jordaan (Sg), Michael Flanagan (Sg), Dogters 0/14 aflos, Dogters 0/15 aflos, Seuns 0/15 aflos, Dogters 0/16 aflos, Seuns 0/16 aflos, Dogters 0/17 aflos, Seuns 0/17 aflos en Seuns 0/19 aflos.
Hierbenewens behaal ons atlete ook 91 Tweede plekke en 72 Derde plekke.
Ons laaste liga byeenkoms is op Vrydag, 14 Februarie by H/S Hartebeespoort. Skool sal om 13H00 sluit.
Swem Liga 3: Prestige College, 6 Februarie 2025
Baie geluk aan ons swemmers wat plekke verower tydens hierdie byeenkoms:
1ste plekke:
0/15: 50M rugslag: Jean-Ré Pienaar.
0/16: 50M vryslag: Ruan Schoonraad.
0/19: 50M vryslag: Michael Jooste.
0/16: 50M wisselslag aflos: Ian van der Zel, Ruan Schoonraad, Allan Robeiro en Janus Smith.
0/17: 50M wisselslag aflos: Rohan Louw, Ivander Coetzee, Malan Bezuidenhout en Keegan Trewin.
0/16: 50M vryslag aflos: Ian van der Zel, Ruan Schoonraad, Allan Robeiro en Janus Smith.
Ladder aflos: Jacques Runnals, Ruan Schoonraad, Jean-Ré Pienaar, Xian Boshoff en Rohan Louw.
2de plekke:
0/17: 50M vlinderslag: Marlene Jansen van Rensburg.
0/17: 50M vlinderslag: Rohan Louw.
0/19: 50M: vlinderslag: Jacques Runnals.
0/15: 50M vryslag: Jean-Ré Pienaar.
0/17: 50M vryslag: Marlene Jansen van Rensburg.
0/17: 50M wisselslag aflos: Larissa Ellis, Helé Lottering, Nicola du Plessis en Marlene Jansen van Rensburg.
0/19: 50M wisselslag aflos: Jaco Jansen van Vuuren, Wallie Eksteen, Jacques Runnals en Duncan Paulsen.
0/14: 50M vryslag aflos: Santiago Bezuidenhout, Marnus Havenga, Janco Schoonraad en Dastian Barnard.
0/17: 50M vryslag aflos: Larissa Ellis, Nicola du Plessis, Helé Lottering en Marlene Jansen van Rensburg.
0/17: 50M vryslag aflos: Ivander Coetzee, Malan Bezuidenhout, Rohan Louw en Enrico Kleingeld.
0/19: 50M wisselslag aflos: Jaco Jansen van Vuuren, Wallie Eksteen, Michail Jooste en Duncan Paulsen.
3de plekke:
0/14 50M vlinderslag: Marnus Havenga.
0/15 50M vlinderslag: Nicola du Plessis.
0/15 50M vlinderslag: Christopher Runnals.
0/19: 50M vlinderslag: Desiree Coetzee.
0/14: 50M vryslag: Xian Boshoff.
0/19: 50M vryslag: Ezmarelda Vivier.
0/14: 50M wisselslag aflos: Santiago Bezuidenhout, Collin Knoetze, Marnus Havenga en Xian Boshoff.
0/15: 50M wisselslag aflos: Christopher Runnals, Deerik Ellis, Jean-Ré Pienaar en Marinus Jansen van Rensburg.
0/19: 50M wisselslag aflos: Marlene Jansen van Rensburg, Joneh Swart, Ezmarelda Vivier en Desiree Coetzee.
0/19: 50M vryslag aflos: Larissa Ellis, Ezmarelda Vivier, Joneh Swart en Desiree Coetzee.
Krieket: PNHS v/s Sutherland, 8 Februarie 2025, tuis
PNHS kolf eerste en behaal 268 / 6 in 40 beurte. Mooi kolfwerk van Ulrich Breytenbach met 126 lopies van 117 balle (goue balkie), Charl Otto met 36 lopies van 56 balle (brons balkie), JP Thomas met 26 lopies van 24 balle.en Michael Flanagan met 24 lopies van 28 balle. Sutherland volg op met 269 / 3 in 33 beurte. Goeie boulwerk van Michael Flanagan met 2 paaltjies vir 53 lopies in 8 beurte (brons balkie) en Cristopher Runnals met 1 paaltjie vir 63 lopies in 8 beurte (brons balkie). Sutherland wen met 7 paaltjies PNHS het 4 ligawedstryde gespeel en 3 gewen en 1 verloor.
Akademie: Google Classroom kodes
Graad 8 - 5hfzrf7
Graad 9 - r5k7o6c
Graad 10 - g2aypvz
Graad 11 - zxqdv5j
Graad 12 - nbgxfsz
Skoolfonds 2025
Ons skoolfonds vir 2025 beloop R 26 125-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 2 375 - 00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2024.
Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.
Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u ontvang het en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor, dit moet persoonlik afgehaal word. Dit kan ook per e-pos by [email protected] aangevra word.
Bankbesonderhede
Geagte ouers ons het reeds verlede jaar kennis gegee dat ons bankbesonderhede verander het en versoek dat gelde nie meer by ABSA in betaal moet word nie. Neem asseblief kennis dat ons die ABSA rekening vanaf 31 Januarie 2025 gaan sluit en die rekening der halwe nie meer gaan bestaan nie.
Ons bankbesonderhede is:
FNB
Rekeningnommer: 63096257738
Takkode: 210554
Program vir die week
Maandag, 10 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Swem Interhoër, 11H00, CBC Mount Edmund. Vertrek 09H30.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Akademie vir Leierskap vergadering, 18H00, personeelkamer.
Dinsdag, 11 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Toetsdag
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 1, 14H15 – 15H00.
- Sluiting vir inskrywings Afrikaanse Olimpiade.
- English Evening, 17H30, personeelkamer.
Woensdag, 12 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 6
- Graad 8-11: Addisionele akademiese uur, 14H00 – 15H00.
- Interne Redenaars, 17H00, K. 18 en K 21.
Donderdag, 13 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 1
- Toetsperiode
- Fotodag: Individuele foto’s.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 2, 14H15 – 15H00.
Vrydag, 14 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 1 (herhaal)
- Atletiek Liga 4: Teen die Berg Byeenkoms, 14H30, Hartebeespoort. Skool sluit om 13H00.
Saterdag, 15 Februarie:
- Krieket: PNHS Ontwikkelling span semi-finaal, loslootjie. Montana onttrek.
- Koor: Dagkamp, 08H00 – 17H00, K81.
Maandag, 17 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof