Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 37/2025
Administratief
November 17, 2025
OB: 37 / 2025
Geagte ouers
Algemene Ouervergadering, 12 November 2025
Dankie vir al ons ouers wat hierdie vergadering bygewoon het waar ons begroting vir 2026 goedgekeur is. Skoolfonds vir 2026 is vasgestel op R 28 985-00 vir die jaar. Dit kan afbetaal word in 11 gelyke paaiemente van R 2 635-00 vanaf Januarie tot November. Ouers wat ten volle betaal het teen 28 Februarie 2026 sal R 500-00 korting ontvang.
Jaarblad 2025
2025 Jaarblad – Belangrike Inligting:
Ons 2025 Jaarblad kan bestel word teen R 270-00.
Let asseblief op die volgende:
- Bestellings:
- Alle bestellings moet voor 1 Desember per e-pos aan mev. Lynette du Toit gestuur word: [email protected]
- ➡️ Let wel: Indien geen e-pos ontvang is nie, word dit nie as ’n bestelling erken nie.
- Betaling:
- Betaling kan maklik via D6 gemaak word. Bedrag R270.
- Gebruik asseblief die volgende verwysing: Leerder se naam + van + Jaarblad
- Bewys van betaling:
- Stuur asseblief die bewys van betaling ook per e-pos aan mev. du Toit.
- Uitreiking:
- Die jaarblaaie sal op 10 Desember saam met die rapporte uitgedeel word.
- ➡️ Slegs ouers wat die bestelling per e-pos bevestig het, sal ’n jaarblad ontvang.
Kontrakteursgeleentheid
Enige ouer wat gasaansluitings kan doen kan met Mnr. Corné Botha by 083 555 7719 skakel.
Program vir die week
Maandag, 17 November:
- Graad 8 – 11 Eindeksamen.
- Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.
Dinsdag, 18 November:
- Graad 8 – 11 Eindeksamen.
- Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.
Woensdag, 19 November:
- Graad 8 – 11 Eindeksamen.
- Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.
Donderdag, 20 November:
- Graad 8 – 11 Eindeksamen.
- Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.
Vrydag, 21 November:
- Graad 8 – 11 Eindeksamen.
- Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.
Maandag, 24 November:
- Graad 8 – 11 Eindeksamen.
- Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof
