Omsendbrief 37/2024

Omsendbrief 37/2024


Administratief
November 18, 2024


OB: 37 / 2024

Geagte ouers

Waardebalkies

Geluk aan die volgende graad 10 leerders:

  • MC Kritzinger ontvang ‘n waardebalkie vir Lojaliteit.
  • Leandré Koekemoer ontvang ‘n waardebalkie vir Verantwoordelikheid.
  • Larissa Ellis ontvang ‘n waardebalkie vir Integriteit.

Finansiële Sake

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers op Woensdag, 13 November 2024 om 18H00 in die saal plaasgevind het. Dankie vir ons ouers wat dit getrou bygewoon het. Skoolfonds vir 2025 is vasgestel op R 26 125-00 per jaar. Dit kan afbetaal word in 11 gelyke paaiemente van R 2375-00 per maand van Januarie tot November. U sal R 500-00 afslag kry indien die volle bedrag voor of op 28 Februarie 2025 betaal is.

Naskoolsentrum by PNHS 2025

Die beplande naskoolsentrum by PNHS is uitgeskuif na Januarie 2025. ‘n Privaat instansie beoog om vanaf Januarie 2025 ‘n naskoolsentrum by Hoërskool Pretoria-Noord te vestig. Monique en Belinda Povey van JV Studiesentrum bied ‘n veilige en beheerde omgewing met streng toesig na skool, ligte middagetes vir leerders, gekontroleerde studiesessies vir leerders om huiswerk te voltooi onder toesig van fasiliteerders asook ekstra hulp in alle vakke. Sou u belangstel, kan u skakel met Monique by 081 772 3506 of by [email protected] met hulle per e-pos kontak maak.

Program vir die week

Maandag, 18 November:
  • Graad 8 – 11: Eindeksamen.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
Dinsdag, 19 November:
  • Graad 8 – 11: Eindeksamen.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
Woensdag, 20 November:
  • Graad 8 – 11: Eindeksamen.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
Donderdag, 21 November:
  • Graad 8 – 11: Eindeksamen.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
Vrydag, 22 November:
  • Graad 8 – 11: Eindeksamen.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
Maandag, 25 November:
  • Graad 8 – 11: Eindeksamen.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug