Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 34/2026
Administratief
October 12, 2026
OB: 34 / 2026
Geagte ouers
1. Krieket
21 September: PNHS 2 v/s Tyger Valley College 1. PNHS kolf eerste en behaal 89/10 in hul 20 beurte. Tyger Valley College volg op met 93/2. Tyger Valley College wen 8 paaltjies. Dit was ons sesde ligawedstryd waarvan ons drie wen en drie verloor.
23 September: PNHS 0/14 A v/s Overkruin 0/14 A. PNHS kolf eerste en behaal 191/5. Goeie kolfwerk van Diwan Vermaak met 97 lopies van 53 balle (silwer balkie) en Leru Snyman met 25 lopies van 33 balle. Overkruin volg op met 75/10. Goeie boulwerk van Raynard du Plessis met 3 paaltjies vir 16 lopies in 4 beurte (silwer balkie), Luan Bezuidenhout met 2 paaltjies vir 6 lopies in 4 beurte (brons balkie) en Leru Snyman met 2 paaltjies vir 3 lopies in 2 beurte (brons balkie). Diwan Vermaak, Leru Snyman en Marco Buys neem mooi vangskote in die veld. PNHS wen met 116 lopies. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons twee wen en twee verloor.
7 Oktober: PNHS 0/14 A v/s Wonderboom 0/14 A. PNHS kolf eerste en behaal 101/9 in ons 20 beurte. Goeie kolfwerk van Luan Bezuidenhout met 39 lopies van 48 balle (brons balkie). Wonderboom volg op met 103/4. Goeie boulwerk van Luan Bezuidenhout met 2 paaltjies vir 13 lopies in 4 beurte (brons balkie). PNHS verloor met 6 paaltjies. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons twee wen en drie verloor.
8 Oktober: PNHS 0/15 A v/s Overkruin 0/15 A. PNHS kolf eerste en behaal 196/2. Goeie kolfwerk deur Phillip Beukes met 101* van 62 balle (goue balkie) en Jaydrian Brandon met 50 van 42 balle (silwer balkie). H/S Overkruin volg op met 69/7 in hul 20 beurte. Goeie boulwerk van Joshua de Klerk met 3 paaltjies vir 7 lopies in 3 beurte (silwer balkie) en Phillip Beukes met 3 paaltjies vir 8 lopies in 3 beurte (silwer balkie). Mooi vangskote word geneem deur Shawn Gorman, Janco Schoonraad, Zander Pieterse, Jordan Anderson, Tsebo Makua en Phillip Beukes. PNHS wen met 127 lopies. Dit was ons sewende ligawedstryd waarvan ons ses wen en een verloor.
PNHS 0/14 A v/s Akasia 0/14 A. Akasia het nie ‘n span nie en gee punte. Dit was ons sesde ligawedstryd waarvan ons drie wen en drie verloor.
2. Gholf
Finaal, 8 Oktober 2026, Dienste Klub. Ons speel uit teen Garsfontein, Menlopark en Montana. Finale uitslag:
| Plek | Skool | Punte |
|---|---|---|
| 1ste | Garsfontein | 95 |
| 2de | Menlopark | 90 |
| 3de | Pretoria-Noord | 87 |
| 4de | Montana | 84 |
3. Sagtebal
3.1 Gauteng-Noord Semi-Finaal, 10 September 2026, Craffordpark
- 0/14 A Seuns v/s Gerrit Maritz. PNHS wen met 18 lopies teenoor 1. Ons 0/14 A seuns sal eerskomende Saterdag in die finaal speel.
- 1ste span v/s Wonderboom. PNHS wen met 10 lopies teenoor 5 en sal eerskomende Saterdag teen Afrikaans Hoër Meisies te staan kom in die finaal.
3.2 0/18 Suid-Afrikaanse Proewe, 10 September 2026, Kemptonpark
Baie geluk aan Raynard Bosman, Fourie Brandon en Herco Venter wat uitgenooi is vir hierdie proewe.
4. Perdesport
Baie geluk aan Xanya van Dyk Stroebel wat onder PNHS se naam deelgeneem het en die SANESA skoleligawenner trofee verower het.
5. Akademie
5.1 ATKV Geskiedenis Olimpiade
Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend presteer in die FAK Internasionale Geskiedenis Olimpiade:
- Raynard Bosman – algehele wenner.
- Nicola du Plessis – naaswenner.
- Allen Robeiro – derde plek.
PNHS ontvang daarmee ook R5 000-00 prysgeld van die ATKV vir die skool wat die beste presteer.
5.2 Graad 12 Rekordeksamen
Baie geluk aan die volgende graad 12 leerders van PNHS wat sertifikate van die distrik direkteur ontvang as beste presteerders in Tshwane Wes distrik:
- Larissa Ellis – 91% gemiddeld (3de plek)
- Leandré Koekemoer – 91% gemiddeld (4de plek)
- Leila van Rensburg – 90% gemiddeld (6de plek)
6. Algemene Ouervergadering, 28 Oktober 2026
Geagte ouers, neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2027 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, geskeduleer is vir Woensdag, 28 Oktober 2026 om 18:00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees; indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 28 Oktober 2026 is nie, sal die opvolgvergadering op Woensdag, 11 November 2026 om 18:00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 14 Oktober 2026.
7. Merietefunksie 2026
Alle leerders wat trofee verower het gedurende die 2025 Merietefunksie word versoek om hierdie trofee by Mev. Du Plessis in K73 in te handig.
8. Program vir die week
Maandag, 12 Oktober
- Graad 8 – 11, dag 2.
- Graad 12 NSS Eksamen.
- Detensie (14:15 – 16:15).
- Krieket: PNHS 2 v/s AHS (14:30, tuis).
- Tennis: Akademievergadering (18:00, personeelkamer).
Dinsdag, 13 Oktober
- Graad 8 – 11, dag 3.
- Graad 12 NSS Eksamen.
- Krieket: PNHS 0/14 v/s Sutherland (14:30, weg).
- Sagtebal seuns: Gauteng-Noord Semi-Finales (14:30, Craffordpark).
- Beheerliggaam: Begrotingsvergadering (17:00, restaurant).
- Gasvryheidstudies: Graad 10 restaurantaand (18:00, restaurant).
Woensdag, 14 Oktober
- Graad 8 – 11, dag 4.
- Graad 12 NSS Eksamen.
- Akademiese periode (14:00 – 15:00).
Donderdag, 15 Oktober
- Graad 8 – 11, dag 5.
- Graad 12 NSS Eksamen.
- Rapporte graad 8 – 11 na ouers.
- ATKV: Uitklopspel Finaal (Akademia). Vertrek om 07:40 vanaf PNHS.
- Atletiek: PUK Top 30 (Sasolburg). Vertrek om 08:00 vanaf PNHS.
- Gasvryheidstudies: Graad 10 restaurantaand (18:00, restaurant).
Vrydag, 16 Oktober
- Graad 8 – 11, dag 6.
- Graad 12 NSS Eksamen.
- Atletiek: PUK Top 30 (Sasolburg).
Saterdag, 17 Oktober
- Atletiek: PUK Top 30 (Sasolburg).
- Sagtebal: Gauteng-Noord Finales (08:00, Craffordpark).
- Hokkie Sewes (08:00 – 16:00, PNHS Astro).
- Gasvryheidstudies: Graad 10 Opknappingsdag (08:00 – 13:00, restaurant).
- Krieket: PNHS 1 v/s Hammanskraal (09:00, weg).
Maandag, 19 Oktober
- Graad 8 – 11, dag 1.
- Graad 12 NSS Eksamen.
- Detensie (14:15 – 16:15).
- Dirigent oudisies (14:15, aantreeblad).
- Rugby: Akademievergadering (17:00, Konferensiekamer).
- Akademie vir Leerder Prestasie (18:00, personeelkamer).
Vriendelike Groete
Mnr. CJC Driescher, Hoof
