Omsendbrief 34/2024

Omsendbrief 34/2024


Administratief
October 28, 2024


OB: 34 / 2024

Geagte ouers

Finansiële Sake

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers van Woensdag 23 Oktober 2024 om 18H00, waar die begroting vir 2025 voorgelê, bespreek en goedgekeur sou word, nie kon plaasvind nie, omdat ons nie die vereiste kworum kon behaal nie. Die opvolgvergadering sal nou op Woensdag, 13 November 2024 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Ons nooi weer al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Die voorlopige begroting is beskikbaar vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak reeds vanaf Woensdag, 9 Oktober 2024.

Naskoolsentrum by PNHS 2025

Die beplande naskoolsentrum by PNHS is uitgeskuif na Januarie 2025. ‘n Privaat instansie beoog om vanaf Januarie 2025 ‘n naskoolsentrum by Hoërskool Pretoria-Noord te vestig. Monique en Belinda Povey van JV Studiesentrum bied ‘n veilige en beheerde omgewing met streng toesig na skool, ligte middagetes vir leerders, gekontroleerde studiesessies vir leerders om huiswerk te voltooi onder toesig van fasiliteerders asook ekstra hulp in alle vakke. Sou u belangstel, kan u skakel met Monique by 081 772 3506 of by [email protected] met hulle per e-pos kontak maak.

Program vir die week

Maandag, 28 Oktober:
  • Graad 8 – 9: dag 5.
  • Graad 10 – 11: Eindeksamen.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
  • Detensie, 14H15 – 16H15..
Dinsdag, 29 Oktober:
  • Graad 8 – 9: dag 6.
  • Graad 10 – 11: Eindeksamen.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
Woensdag, 30 Oktober:
  • Graad 8 – 9: dag 1.
  • Graad 10 – 11: Eindeksamen.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
  • Akademiese periode graad 8 en 9, 14H15 – 15H15.
  • Mnr. en Mej. PNHS 2025: onderhoude, 14H00, K6.
Donderdag, 31 Oktober:
  • Graad 8 – 9: dag 2.
  • Graad 10 – 11: Eindeksamen.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
Vrydag, 1 November:
  • Graad 8 – 9: dag 3.
  • Graad 10 – 11: Eindeksamen.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
  • Krieketafsluiting, 15H00, Afdak.
Maandag, 4 November:
  • Graad 8 – 11: Eindeksamen.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug