Omsendbrief 34/2022

Omsendbrief 34/2022


Administratief
October 31, 2022


OB: 34 / 2022

Geagte ouers
Krieket

25 Oktober:

PNHS 1 v/s H/S Eldoraigne 1 (weg). Eldoraigne kolf eerste en behaal 302 / 10 in 41 beurte. Goeie boulwerk van Wian Rynners met 5 paaltjies vir 45 lopies in 9.4 beurte (verower ‘n silwer balkie). PNHS volg op met 79 lopies / 10 paaltjies in 27 beurte. Eldoraigne wen met 223 lopies. Dit sluit ons eerste span se seisoen af ons 1ste span het 7 ligawedstryde gespeel waarvan hulle 2 wen en 5 verloor.

Sagtebal

Ons het kennis gekry van Gauteng-Noord sagtebal dat nog 3 van ons spelers opgeneem is in die Gauteng- Noord Ontwikkellingspan. Baie geluk aan die volgende leerders wat ook opgeneem is in die Gauteng-Noord White Sox span: Marianné Lottering, Mirelda Erasmus en Anneke Le Roux.

Leierskap: PN Raad

Met die verhuising van een van ons PN-Raadslede het ‘n vakante pos op die PN-Raad ontstaan en volgens beleid word die volgende leerder op die stemlys, dan gevra om die vakante pos te vul mits die oorblywende termyn op die PN-Raad dit regverdig. Ons wil hiermee dan vir Tonei Wright (graad 11) gelukwens met haar verkiesing tot die PN-Raad en haar sterkte toewens vir haar termyn as leier.

Dissipline: Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies ontvang het:

  • Leané Cohen (graad 10) vir lojaliteit.
  • Jessica van Jaarsveld (graad 8) vir verantwoordelikheid.
  • Kaleb Snyman (graad 8) vir verantwoordelikheid.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2023 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 25 Oktober 2022 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 25 Oktober 2022 is nie sal die vergadering op Dinsdag, 15 November 2022 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 11 Oktober 2022.

Fotoblad 2022

‘n Geleentheid vir u om u kind se 2022 skoojaar verewig vas te vang in die skool se fotoblad van plus minus 80 kleur glansbladsye met foto’s van al ons skoolaktiwiteite met gepaardgaande berigte. Die blad is van koffietafel gehalte en kos slegs R 100-00 per eksemplaar. Bestellings met betaling sluit op 30 Oktober 2022. Leerders bestel en betaal die blaaie in hul voogklasse.


Program vir die week
Maandag, 31 Oktober:
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen: Engels.
  • Graad 10 – 11, Jaareindeksamen.
  • Graad 8-9, dag 4.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Akademie vir Leerder Prestasie, 18H00, Personeelkamer.
Dinsdag, 1 November:
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen.
  • Graad 10 – 11, Jaareindeksamen.
  • Graad 8 – 9, dag 5.
  • Atletiekafrigtingskursus, 15H00, atletiekbaan.
  • Akademie vir Leierskap, 18H00, personeelkamer.
Woensdag, 2 November:
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen.
  • Graad 10 – 11, Jaareindeksamen.
  • Graad 8 – 9, dag 6.
  • Akademiese periode graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
  • Krieket Akademievergadering, 18H00, K 2.
Donderdag, 3 November:
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen.
  • Graad 10 – 11, Jaareindeksamen.
  • Graad 8 – 9, dag 1.
  • Beheerliggaamvergadering, 17H30, restaurant.
Vrydag, 4 November:
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen.
  • Graad 10 – 11, Jaareindeksamen.
  • Graad 8 – 9, dag 2.
  • Sagtebalafsluiting, 14H00, Gymnasium afdak.
  • Krieketafsluiting, 18H00, Gymnasium afdak
Maandag, 7 November:
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen.
  • Graad 10 – 11, Jaareindeksamen.
  • Graad 8 – 9, dag 3.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug