Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 33/2026
Administratief
October 06, 2026
OB: 33 / 2026
Geagte ouers
Baie welkom terug na die vakansie, ons wens almal sterkte toe met die laaste skof vir 2026.
1. Lief en Leed
- Baie geluk aan Mej. E Du Toit wat verloof is gedurende die vakansie.
- Baie welkom aan Mev. R. Mentz wat aansluit by ons Finansies kantoor in die plek van Mev. L Strydom wat afgetree het.
2. Jukskei: Suid-Afrikaanse Inter-Provinsiale Toernooi, 24 September 2026
Tyler Neveling, Michael de Villiers, Jayden de Villiers en JP van der Westhuizen is deel van die PNHS Uitnodigingspan wat deelneem. Hulle eindig as naaswenners van die toernooi.
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/19 A Seuns | PN | 7 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/19 A Seuns | Anker | 8 | |
| 0/19 A Seuns | PN | 10½ | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/19 A Seuns | Bas | 5½ | |
| 0/19 A Seuns | PN | 9½ | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/19 A Seuns | Won | 4½ | |
| 0/19 A Seuns | PN | 13 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/19 A Seuns | Help | 2 | |
| 0/19 A Seuns | PN | 8 | Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/19 A Seuns | Gars | 7 |
Anker = H/S Die Anker / Bas = H/S Bastion / Won = H/S Wonderboom / Help = Helpmekaar Kollege / Gars = H/S Garsfontein
3. Krieket
5 Oktober: PNHS 1 v/s H/S Overkruin 1. PNHS kolf eerste en behaal 114/10 in 26 beurte. Goeie kolfwerk van JP Thomas met 29 lopies van 38 balle en Janco Schoonraad met 19 lopies van 27 balle. Overkruin volg op met 117/4. Goeie boulwerk van Jayden van Wyngaard met 2 paaltjies vir 8 lopies (brons balkie). PNHS verloor met 6 paaltjies. Dit was ons sesde ligawedstryd waarvan ons drie wen en drie verloor.
4. Sagtebal
Geluk aan die volgende spelers van PNHS wat ingesluit is in die Gauteng-Noord spanne:
Seuns 0/15: Caleb de Lange, Darion van Deventer, Janco Schoonraad, Jason du Plessis, Jayden Cilliers, Jayden Joubert, Jaydrian Brandon, Johann Velthuysen, Jonathan de Lange, Nathan Lamprecht, Santiago Bezuidenhout, Zander Pieterse en Zuandré Theron.
Dogters 0/19: Anelshka van Dyk, Amorey Wallendorf en Chantelee Nel.
Seuns 0/19: Deerik Ellis, Divan Botha, Zivan Bezuidenhout, Raynard Bosman, Fourie Brandon, Jayden Neethling, Arno Schreuder, JG van Niekerk, Nathan Oosthuizen, Ryan Engelbrecht en Herco Venter.
5. Algemene Ouervergadering, 28 Oktober 2026
Geagte ouers, neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2027 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, geskeduleer is vir Woensdag, 28 Oktober 2026 om 18:00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees; indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 28 Oktober 2026 is nie, sal die opvolgvergadering op Woensdag, 11 November 2026 om 18:00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 14 Oktober 2026.
6. Merietefunksie 2026
Alle leerders wat trofee verower het gedurende die 2025 Merietefunksie word versoek om hierdie trofee by Mev. Du Plessis in K73 in te handig.
7. Program vir die week
Dinsdag, 6 Oktober
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Graad 12: Laaste saalopening.
- Graad 12: Visuele Kuns Praktiese eksamen.
- Personeelvergadering (14:00, saal).
- Atletiek: Akademievergadering (18:00, personeelkamer).
Woensdag, 7 Oktober
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Graad 12: Visuele Kuns Praktiese eksamen.
- Krieket: PNHS 0/14 v/s Wonderboom (14:30, tuis).
- Finansiële Komitee vergadering (17:00, Konferensiekamer).
- Uitvoerende Komitee vergadering (19:00, Konferensiekamer).
Donderdag, 8 Oktober
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Graad 12: Kerkdiens (08:00, NG Florauna).
- Graad 12: Visuele Kuns Praktiese eksamen.
- Gholf Finaal: PNHS 1 (11:00, Dienste Klub). Vertrek om 10:00 vanaf PNHS.
- Krieket: PNHS 0/15 v/s Overkruin (14:30, tuis).
- Krieket: PNHS 0/14 v/s Akasia (14:30, weg).
- Sagtebal: Akademievergadering (18:00, restaurant).
- Akademie vir Leerder Ondersteuning “Noorderlig” vergadering (18:00, K66).
Vrydag, 9 Oktober
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Graad 12: Rapporte uit.
- Graad 12: Belofte ondertekening.
- Graad 12: Visuele Kuns Praktiese eksamen.
- Graad 12: “Fourty Days” (11:00 – 13:00).
- Atletiek: Jakaranda Byeenkoms (14:30, Brits). Vertrek om 13:00.
- Koor: Soiree (18:00, saal).
Maandag, 12 Oktober
- Graad 8 – 11, dag 2.
- Graad 12 NSS Eksamen.
- Detensie (14:15 – 16:15).
- Krieket: PNHS 2 v/s AHS (14:30, tuis).
- Tennis: Akademievergadering (18:00, personeelkamer).
Vriendelike Groete
Mnr. CJC Driescher, Hoof
