Omsendbrief 33/2025
Administratief
October 20, 2025
OB: 33 / 2025
Geagte ouers
Krieket: PNHS v/s HTS John Vorster (vriendskaplik), 15 Oktober 2025, weg.
Middag-aand wedstryd: PNHS 1 v/s HTS John Vorster 1. HTS John Vorster wen die loot en behaal 105 / 8
in 20 beurte. Goeie boulwerk van Charl Otto met 3 paaltjies vir 15 lopies in 4 beurte (brons balkie). PNHS 1
volg op met 106 / 4 in 12 beurte. Goeie kolfwerk van Ulrich Breytenbach met 30 lopies van 30 balle (brons
balkie) en Ettiene du Bruyn met 22 lopies van 8 balle. PNHS wen met 6 paaltjies.
Ons 1ste span het 12 wedstryde vir die seisoen gespeel waarvan hulle 11 wen en 1 verloor.
Atletiek: Jakaranda Byeenkoms, 17 Oktober, Brits
Baie dankie aan al ons atlete wat weer fluks aan die werk is met voorbereiding vir 2026. Baie geluk aan die volgende atlete wat plekke behaal het by die Jakaranda Byeenkoms in Brits:
1ste plekke: Zandeleigh Botha 800M (ASA 651), Divan Botha Gewigstoot (ASA 739) en Diskus (ASA 909) (Rekord), Jazlyn Roux 1500M (ASA 651), Simoné de Koker 800M (ASA 753) en 1500M (ASA723) en Jeanique Huygen 400M (ASA 709).
2de plekke: Carmen Zengel 300M Hekkies, Neil Botha 100M (ASA 678), Kaylie van Jaarsveld 800M (ASA 682), Junior Bokwa 800M (ASA 689) en 1500M (ASA 688), Jeanique Huygen 200M (ASA 778) en Miandri Ysel 400M.
3de plekke: Divan Deyzel Gewigstoot (607), Sandra Viviers 800M (ASA 646), Bonolo Malatse Diskus (ASA 673), Heino Schuster 400M (ASA 637), Charney Badenhorst 800M (ASA 674), Calen Jooste 1500M (ASA 670), Marinus Jansen van Rensburg Gewigstoot (ASA 715), Lucille Zengel Gewigstoot (ASA 708), Juhane du Plessis 800M (ASA 637), Esmarelda Louw Gewigstoot (ASA 640), Miandri Ysel 200M (ASA 661), Divan Deyzel Diskus en Juhane Du Plessis 1500M (ASA 603).
Sagtebal:
Seuns Tshwane Semi-Finaal, 18 Oktober 2025, Crafford Park
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 A | PN | 4 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/14 A | Hs | 3 | |
| 0/15 A | PN | 9 | Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 0/15 A | Hs | 7 | |
| 0/16 A | PN | 10 | Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/16 A | Hpt | 9 | |
| 0/19 A | PN | 19 | Gewen: 10, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/19 A | Hpt | 0 |
Hs = Homespun / Hpt = Hartebeespoort
0/14 A: Beste Kolwer: Christopher Snyman.
Beste Speler: Jaydrian Brandon.
0/15 A: Beste Kolwer: Nathan Kinnear.
Beste Speler: Zivan Bezuidenhout.
0/16 A: Beste Kolwer: Michael de Villiers.
Beste Speler: Eduwahn Schwartz.
0/19 A: Beste kolwer: Donovan Wallendorf.
Speler van die wedstryd: Jayden Neethling.
- Al ons seuns spanne speel eerskomende Saterdag vir posisie 1 en 2 uit in Tshwane.
Dogters Tshwane Semi-Finaal, 18 Oktober 2025, Crafford Park
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 A | PN | Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 4 | |
| 0/14 A | |||
| 0/15 A | PN | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 6 | |
| 0/15 A | 3 | ||
| 0/16 A | PN | 5 | Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 5 |
| 0/16 A | OM | 2 | |
| 0/19 A | PN | Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 6 | |
| 0/19 A |
OM = Oos Moot
0/16 A: Beste kolwer: Amorey Wallendorf.
Speler van die wedstryd: Amorey Wallendorf.
- Ons 0/16 dogters speel eerskomende Saterdag vir posisie 1 en 2 uit in die Tshwane Kampioenskappe
Hokkie
Baie geluk aan die volgende spelers wat mooi presteer het tydens die AVS week op Meyerton gedurende die vakansie: Kiara Strydom is opgeneem in die 0/17 Gazelle span en Charney Badenhorst is opgeneem in die 0/15 President span. Me. S Bornman, ons hoofafrigter, is ook aangestel as die bestuurder van die 0/15 President span.
Kultuur
ATKV Uitklopspel: Nasionale Rondte, 15 Oktober 2025, Grey College, Bloemfontein
Baie geluk aan Mia Viljoen, Helé Lottering en Ziané Nel wat ons skool in die junior kategorie verteenwoordig en Liané Schutte, Leandré Koekemoer en Annabelle van Wyk wat ons skool in die senior kategorie in die nasionale rondte verteenwoordig. Ons is ongelooflik trots op ons ware spelsterre, hulle het met selfvertroue en vaardigheid die lywige, ongesiene spellyste aangepak en onderskei hulself deur tot in die finale rondte te spel. Hulle ontvang sertifikate hiervoor.
Kunswedstryde
Marshmellow Excello:
Baie geluk aan Leandré Koekemoer wat ‘n A++, A+ en A simbole ontvang vir stilstaande poësie en redenaars.
Huisgenoot Eistedfod:
Baie geluk aan Leandré Koekemoer wat ‘n A en B simbole ontvang in hierdie kompetisie vir stilstaande poësie en redenaars.
Bedford Eistedfod:
Geluk aan Leandré Koekemoer wat drie A++ simbole tydens hierdie kompetisie ontvang vir stilstaande poësie en redenaars.
Afrikaanse Kunsvereniging Prysuitdeling, 14 Oktober 2025, Voortrekker Monument
Baie geluk aan die volgende leerders van PNHS:
- Mia Rynners ontvang die volgende toekennings: Algehele wenner vir Hoërskool Voordrag – trofee en kontantprys, Trofee vir Beste Prestasie Voordrag in Graad 10, Trofee vir Beste Gedramatiseerde Poësie in Graad 10, Trofee vir Beste Prestasie in Poësie, Trofee vir Beste Poësie Eie Keuse graad 9 en 10, Trofee vir Beste Prosa graad 9 en 10.
- Zené Swart ontvang die Trofee vir Beste Prestasie in Voordrag Graad 8.
Prestasie Buite Skoolverband
Zené Swart neem op 6 Oktober 2025 deel aan Talent Africa se nasionale rondte in Vereeniging. Sy verwerf hier ‘n goue medalje en provinsiale kleure. Sy kwalifiseer ook om aan die Internasionale rondte in Italië deel te neem tydens die Italian Performing Arts kompetisie.
Merietefunksie 2025
Alle leerders wat trofee verower het gedurende die 2024 Merietefunksie word versoek om hierdie trofee by Mev. Du Plessis in K 73 in te handig.
Algemene Ouervergadering, 22 Oktober 2025
Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2026 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Woensdag, 22 Oktober 2025 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 22 Oktober 2025 is nie sal die opvolgvergadering op Woensdag, 12 November 2025 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 8 Oktober 2025.
PNHS Gholfdag 2025
Die tyd het weer aangebreek vir ons jaarlikse gholfdag en ons nooi ons ouers, oud-leerders en besighede uit om deel van hierdie hoogtepunt op ons kalender te wees! Daar wag hope pret, uitstekende pryse en ook die kans om ‘n splinternuwe 2025 Suzuki Celerio te wen vir ‘n speler wat ‘n “hole in one” op putjie 7 slaan.
Datum: Vrydag, 7 November 2025
Plek: Seasons Eco Estate.
Tye: Registrasie 09H00, Afslaan: 11H00, Prysuitdeling en Aandete 18H00.
Kostes:
Vierbal R 3500-00 (insluitend karretjies, halfweghuis-ete en aandete)
Putjieborge: R 2500-00
Besprekings en besonderhede: pnhs.co.za/gholfdag-2025
Navrae: [email protected]
Noorderlig: Afsluitingsvergadering, 21 Oktober 2025 om 18H00, restaurant
Ons nooi graag alle belangstellendes uit om saam met die Noorderlig-omgeegroep in te skakel wanneer ons begin werk aan die jaar se Kersprojek: Plakkies en T-shits vir hoop. Kom dinkskrum saam en help beplan aan ‘n betekenisvolle projek — waar elke klein bydrae help om ’n groot verskil te maak. Indien jy ‘n bydrae wil maak of op enige manier wil help, is jy welkom om Mev. Jeanetta de Beer of Mev. Tanya Bruitenbach by die skool te kontak.
Program vir die week
Maandag, 20 Oktober:
- Graad 8 – 11, dag 2.
- Graad 12 Finale Kuns Praktiese Eksamen.
- Detensie, 14H00.
- Netbal Akademievergadering, 17H00, K22.
- Rugby Akademievergadering, 18H00, Konferensiekamer.
- Krieket Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
- Restaurant Akademievergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 21 Oktober:
- Graad 8 – 11, dag 3.
- Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.
- Noorderlig vergadering, 18H00, restaurant.
Woensdag, 22 Oktober:
- Graad 8 – 11, dag 4.
- Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.
- Akademiese Periode 8 – 11, 14H10 – 15H00.
- Algemene Ouervergadering, 18H00, saal.
Donderdag, 23 Oktober:
- Graad 8 – 11, dag 5.
- Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.
- Graad 8 – 11 rapporte uit.
- VLR-vergadering, 14H00, K 76.
- Revue afsluiting, 17H00, Menlyn Barnyard.
- Krieket Akademievergadering, 18H00, Personeelkamer.
Vrydag, 24 Oktober:
- Graad 8 – 11, dag 6.
- Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.
- Koor afsluiting, 18H00, saal.
Saterdag, 25 Oktober:
- Sagtebal: Tshwane Finales, 08H00, Crafford Park.
- Hokkie Sewes Toernooi, 08H00, Astro.
Maandag, 27 Oktober:
- Graad 8 – 9, dag 1.
- Graad 10 – 11 Eindeksamen.
- Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.
- Detensie, 14H00.
- Leier Akademievergadering, 18H00, personeelkamer
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof
