Omsendbrief 33/2024
Administratief
October 21, 2024
OB: 33 / 2024
Geagte ouers
Krieket
15 Oktober: PNHS 0/14 A v/s Midstream College 0/14 A (tuis). PNHS 0/14 A kolf eerste en behaal 98 /10. Goeie kolfwerk van Heino Schuster 52 lopies van 64 balle (silwer balkie). Midstream College 0/14 A volg op met 101 / 0. Midstream College wen met 10 paaltjies. Dit was ons sesde ligawedstryd, waarvan ons een gelykop speel en vyf verloor.
Sagtebal
Gauteng Kampioenskappe, Oos Moot, 19 Oktober
Seuns | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 5 | |
0/14 A | |||
0/15 A | PN | 15 | Gewen: 10, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/15 A | ESA | 0 | |
0/16 A | PN | Gewen: 11, Gelykop: 0, Verloor: 0 | |
0/16 A | |||
0/19 B | PN | Gewen: 4, Gelykop: 1, Verloor: 4 | |
0/19 B | |||
0/19 A | PN | 4 | Gewen: 11, Gelykop: 1, Verloor: 2 |
0/19 A | ESA | 3 |
ESA = Ekhureleni Suid
0/15 A (goue madalje): Beste kolwer: Edowhan Schwartz
Speler van die wedstryd: Raynard Bosman
0/19 A (goue medalje): Beste kolwer: James Ashby.
Speler van die wedstryd: Donovan Wallendorf
Akademie: Derde Kwartaal: Top 10
Baie geluk aan ons top akademiese presteerders:
Graad 8
- Mia Viljoen (91,99%)
- Helé Lottering (91,93%)
- Liani Swanepoel (91,92%)
- Nimrie Beyleveld (91,28%)
- Tlotli Morake (89,87%)
- Marnis Rudolph (89,60%)
- Ziané Nel (89,59%)
- Lara van Schalkwyk (88,36%)
- Jamilla Buff (88,19%)
- Carlé Pieterse (87,85%)
Graad 9
- Michael de Villiers (97,43%)
- Raynard Bosman (94,55%)
- Mia Rynners (94,49%)
- Allan Ribeiro (93,43%)
- Carli du Plessis (92,39%)
- Max Mokrane (90,47%)
- Danielle Louw (90,24%)
- Jayden Neethling (89,57%)
- Barco Lombard (89,43%)
- Jessica Watt (87,93%)
Graad 10
- Larissa Ellis (96,84%)
- Leila van Rensburg (94,32%)
- Leandre Koekemoer (94,10%)
- Cheyenne Pieterse (90,30%)
- Annabelle van Wyk (89,51%)
- Mikayla de Wet (89,10)
- Rohan Louw (88,37%)
- Shané Rudolph (87.96%)
- Mikayla Smith (87,87%)
- Dehan Joubert (87,62%)
Graad 11
- Shené Louw (94,51%)
- Righardt Beytell (89,83%)
- Zanthé Joubert (88,64%)
- Beate Haarhoff (88,16%)
- Delinda Josling (87,86%)
- Ruan Olwagen (87,77%)
- Ettienne Botha (87,41%)
- Kaelo Mohammed (86,68%)
- Kaylin Groenewald (86,25%)
- Xanethe Mahon (85,61%)
Graad 12
- Juané Pretorius (90,92%)
- Bea-Mae lombard (84,30%)
- Clarisza Taljaard (82,43%)
- Tiane Smit (81,03%)
- André Haarhoff (81,01%)
- Caitlin van Staden (80,61%)
- Werdané van Deventer (80,39%)
- Helena Fourie (80,03%)
- Vicky Hurn (79,73%)
- Ntivo Makhubela (78,07%)
Waardebalkies
Geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies ontvang:
- Jayden de Villiers (9E) Respek.
- Allan Ribeiro (9E) Respek.
- Charles Kok (9A) Respek.
- Janus Smith (9E) Verantwoordelikheid.
Finansiële Sake
- Geagte ouers neem asseblief kennis dat die skool se bankbesonderhede gaan verander omdat dit vir die skool verskeie voordele sal inhou. Ons nuwe rekening skuif na FNB: takkode: 210554 en nuwe rekeningnommer 63096257738.
- Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2025 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Woensdag, 23 Oktober 2024 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 23 Oktober 2024 is nie sal die opvolgvergadering op Woensdag, 13 November 2024 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 9 Oktober 2024
Projek: SPAR Ninapark
SPAR Ninapark gee aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 1 September tot 30 November 2024 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000. Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 1 September 2024! Baie dankie vir die ondersteuning tot en met 14 Oktober was die stand van sake asvolg:
- H/S Pretoria-Noord R 230 562 - 35.
- L/S Danie Malan R 197 984 - 54.
- L/S Rachel de Beer R 85 535 – 52.
- H/S Akasia R 74 938 – 51.
- L/S Voortrekker Eeufees R 70 574 – 90.
- L/S Theresapark R 45 543 – 73.
- H/S Gerrit Maritz R 36 098 – 80.
Naskoolsentrum by PNHS
Die beplande naskoolsentrum by PNHS is uitgeskuif na Januarie 2025. ‘n Privaat instansie beoog om vanaf Januarie 2025 ‘n naskoolsentrum by Hoërskool Pretoria-Noord te vestig. Monique en Belinda Povey van JV Studiesentrum bied ‘n veilige en beheerde omgewing met streng toesig na skool, ligte middagetes vir leerders, gekontroleerde studiesessies vir leerders om huiswerk te voltooi onder toesig van fasiliteerders asook ekstra hulp in alle vakke. Sou u belangstel, kan u skakel met Monique by 081 772 3506 of by [email protected] met hulle per e-pos kontak maak.
Program vir die week
Maandag, 21 Oktober:
- Graad 8 – 11, dag 6.
- Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- PN-Raadopleiding, 14H30 – 16H30, K.81.
Dinsdag, 22 Oktober:
- Graad 8 – 11, dag 1.
- Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
- Gasvryheidstudie: Noodhulp-opleiding, 14H15 – 16H15, k.73.
- Sagtebal Akademievergadering, 18H00, restaurant.
Woensdag, 23 Oktober:
- Graad 8 – 11, dag 2.
- Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
- Akademiese periode graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
- Algemene Ouervergadering, 18H00, saal.
Donderdag, 24 Oktober:
- Graad 8 – 11, dag 3.
- Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
- Graad 8 – 11, Vraestel 3 Eindeksamen.
Vrydag, 25 Oktober:
- Graad 8 – 11, dag 4.
- Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
- PNHS Gholfdag, 11H00, Four Seasons, Brits.
- Sagtebal-afsluiting, 14H30, klubhuis.
Maandag, 28 Oktober:
- Graad 8 – 9, dag 5.
- Graad 10 – 11: Eindeksamen.
- Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
- Detensie, 14H15 – 16H15.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof