Omsendbrief 33/2022

Omsendbrief 33/2022


Administratief
October 24, 2022


OB: 33 / 2022

Geagte ouers
Lief en Leed

Baie geluk aan Mev. Davidson wat ‘n babadogter ryker geword het.

Atletiek
H/S Brits, 14 Oktober 2022

14 Skole en 1400 atlete vanuit Gauteng, Noordwes en Limpopo neem hier deel. Baie geluk aan die volgende atlete van PNHS wat skitterend presteer:

1ste plekke: Schalk Fourie 800M (673) en MC Swanepoel SG (542)

2de plekke: Junior Bokwa 1500M (784) en 800M (694), Simoné de Koker 800M (759) en 1500M (736), Rubin Nel 400M (700), Kyle Engelbrecht HS (670) en Jemma Els HS (420).

3de plekke: Cindy de Koker 800M (420).

Die volgende atlete behaal nie plekke nie, maar behaal skitterende prestasies met ASA punte van 600+: Wilné Kriel GS (759), Junior Bokwa 3000M (733), Schalk Fourie 1500M (726), Zelda Niemand 3000M (701), Carla Ackerman 3000M (689), Elisma van Wyk 3000M (684), Henrico van Tonder 3000M (675) en 1500M (602), Cindy de Koker 400M (667), Marco Janse van Rensburg 3000M (660), Christoff Fourie SW (641), Heinrich Buitendag 1500M (624), Rubin Nel 200M (620), MC Swanepoel GS (617, Nelmari Driescher 400M (616), Rohan Horn 3000M (602) en Jessica Steenkamp 3000M (602)

H/S Centurion, 21 Oktober 2022

Baie geluk aan die volgende atlete van PNHS wat skitterend presteer:

1ste plekke: Junior Bokwa 1500M (714) en 800M (632), Deoné Meintjies SG (703), Christoff Fourie SW (665), Elisma van Wyk 400M (631) en 800M (636), Leonardo Pretorius 1500M 543) en MC Swanepoel SG (456).

2de plekke: Simoné de Koker 800M (767) en 1500M (693), Deoné Meintjies GS (711), MC Swanepoel GS (701), Cindy de Koker 400M (637), 800M (668) en 1500M (579), Ashlee Jordaan 400M (614), Ezmarelda Vivier 800M (616) en 1500M (562), Rohan Louw 100M (613), Chanél Labuschagne HS (480) en Leonardo Pretorius 800M (300).

3de plekke: Ashlee Jordaan 800M (608), Henrico van Tonder 1500M (604), Zelda Niemand 800M (597), Carla Ackerman 400M (560) en 1500M (539), Elisma van Wyk 1500M (543), Dané Louw HS (540), Taryn Hayes SW (575) en Rohan Louw SG (403).

Atlete wat nie plekke behaal nie, maar skitterende ASA punte: Christoff Fourie GS (622) en Carla Ackerman 800M (602)

Jukskei

Baie geluk aan die volgende leerders wat opgeneem is in die Gauteng-Noord Jukskei-span wat gedurende Desember aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Kroonstad gaan deelneem:

  • Brandon Venter (0/16)
  • Leander Esterhuizen (Akademie span)
  • Gertjie Fereira (0/19A)
  • Floris Brand (0/19A)
  • Keagan Schutte (Akademie span)
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2023 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 25 Oktober 2022 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 25 Oktober 2022 is nie sal die vergadering op Dinsdag, 15 November 2022 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 11 Oktober 2022

Merietefunksie 2022
  • Alle leerders wat gedurende 2021 trofee ontvang het by die Merietefunksie moet dit asseblief terugbesorg by Me. Du Plessis.
  • Alle leerders wat provinsiale of nasionale kleure ontvang het vir aktiwiteite buite skoolverband moet asb. bewyse daarvan inhandig by Mev. Swanepoel.
Fotoblad 2022

‘n Geleentheid vir u om u kind se 2022 skoojaar verewig vas te vang in die skool se fotoblad van plus minus 80 kleur glansbladsye met foto’s van al ons skoolaktiwiteite met gepaardgaande berigte. Die blad is van koffietafel gehalte en kos slegs R 100-00 per eksemplaar. Bestellings met betaling sluit op 30 Oktober 2022. Leerders bestel en betaal die blaaie in hul voogklasse.

Restaurant Akademie: Gasvryheidstudies

Ondersteun asseblief ons Gasvryheidstudies fondsinsameling. Dit sal die vorm van ‘n “Drive Thru” aanneem vanaf 17H00 op Vrydag, 28 Oktober 2022.

Bestellings kan geplaas word by Elaine du Plessis by 078 549 0162 per whatsapp en sluit op 26 Oktober 2022.


Program vir die week
Maandag, 24 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen: Alpha Wiskunde.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
Dinsdag, 25 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen: RTT Prakties.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Eldoraigne, 14H30, weg.
  • Algemene Jaarvergadering, 18H00, saal.
Woensdag, 26 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen: IT Prakties.
  • Akademiese periode graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
  • Merietefunksie: Sport, 18H30, saal.
Donderdag, 27 Oktober:
  • Graad 8 – 11, Eindeksamen: Afrikaans en Engels Vraestel 3.
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen.
  • Merieteoggendfunksie: 08H30, saal.
  • Merietefunksie: Akademie, Kultuur & Leierskap, 18H30, saal.
Vrydag, 28 Oktober:
  • Graad 8 -11, dag 3.
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen.
  • Gasvryheidstudies: “Drive Thru”, 17H00, restaurant.
Maandag, 31 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Akademie vir Leerder Prestasievergadering, 18H00, personeelkamer

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug