Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 32/2026
Administratief
September 21, 2026
OB: 32 / 2026
Geagte ouers
1. Krieket
14 September: PNHS 2 v/s H/S Wonderboom 2. PNHS kolf eerste en behaal 306/2 in hul 20 beurte. Goeie kolfwerk van Nathan Oosthuizen met 62 lopies van 25 balle (silwer balkie) en Jayden Schoeman met 41 lopies van 18 balle (brons balkie). H/S Wonderboom volg op met 228/3 in hul 20 beurte. PNHS wen met 78 lopies. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons drie wen en twee verloor.
15 September: PNHS 0/15 A v/s Wagpos 0/15 A. PNHS kolf eerste en behaal 121/8 in hul toegelate 20 beurte. Goeie kolfwerk van Jaydrian Brandon met 39 lopies van 52 balle (brons balkie) en Janco Schoonraad met 27 lopies van 28 balle. Wagpos volg op met 122/1 in 16 beurte. Goeie boulwerk van Marnus Havenga met 1 paaltjie vir 13 lopies in 2 beurte. PNHS verloor die wedstryd met 9 paaltjies. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons vier wen en 1 verloor.
17 September: PNHS 0/15 A v/s HTS John Vorster 0/15 A. HTS John Vorster kolf eerste en behaal 100/10 in 16 beurte. Goeie boulwerk van Logan Pretorius met 4 paaltjies vir 15 lopies in 3 beurte (silwer balkie), Phillip Beukes met 3 paaltjies vir 5 lopies in 3 beurte (silwer balkie) en Jaydrian Brandon met 2 paaltjies vir 21 lopies in 3 beurte. Mooi vangskote word geneem deur Neil Botha (3), Logan Pretorius (2), Jordan Anderson (1) en Dario van Deventer (1). PNHS volg op met 101/7 in 18 beurte. PNHS wen met 3 paaltjies. Dit was ons sesde ligawedstryd waarvan ons vyf wen en 1 verloor.
19 September: PNHS 1 v/s HTS John Vorster 1. HTS John Vorster kolf eerste en behaal 94/10 in 22 beurte. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 4 paaltjies vir 23 lopies in 7 beurte (silwer balkie) en Christopher Runnals met 4 paaltjies vir 33 lopies in 7 beurte (silwer balkie). PNHS 1 volg op met 97/2 in 13 beurte. Goeie kolfwerk van Mark Gorman met 30 lopies van 27 balle (brons balkie) en Charl Otto met 54 lopies van 31 balle (silwer balkie). PNHS wen met 8 paaltjies. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons drie wen en twee verloor.
2. Sagtebal
2.1 Dogters Sagtebal Liga 6: PNHS v/s Oos Moot (Uitgestel), 15 September 2026, tuis
A-spanne
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/19 A | PN | 10 | Gewen: 5, Gelykop: 1, Verloor: 0 |
| 0/19 A | OM | 8 |
B-spanne
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/19 B | PN | 2 | Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 5 |
| 0/19 B | OM | 13 |
2.2 Seuns Sagtebal Liga 7: PNHS v/s Tuine, 15 September, weg
A-spanne
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/19 A | PN | 10 | Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/19 A | Tuine | 0 |
B-spanne
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/19 B | PN | 4 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 4 |
| 0/19 A | Tuine | 6 |
2.3 Dogters Sagtebal Liga 6: PNHS v/s Montana, 17 September 2026, weg
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/16 A | PN | 3 | Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 4 |
| 0/16 A | Mon | 6 |
2.4 Seuns Sagtebal Liga 8: PNHS v/s Wagpos, 17 & 18 September, tuis
A-spanne
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/15 A | PN | 15 | Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
| 0/15 A | Wagpos | 4 | |
| 0/16 A | PN | 3 | Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/16 A | Wagpos | 2 | |
| 0/19 A | PN | 14 | Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
| 0/19 A | Wagpos | 0 |
B-spanne
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/15 B | PN | 5 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
| 0/15 A | Wagpos | 13 | |
| 0/19 B | PN | 10 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4 |
| 0/19 A | Wagpos | 7 |
2.5 Dogters Sagtebal Liga 9: PNHS v/s Centurion, 18 September 2026, weg
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 B | PN | 12 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4 |
| 0/14 B | Cen | 1 | |
| 0/15 B | PN | 8 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 5 |
| 0/15 B | Cen | 11 | |
| 0/19 B | PN | 12 | Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 5 |
| 0/19 B | Cen | 15 |
3. Waardebalkies
Baie geluk aan:
- Liamay Botha in graad 11C wat ‘n balkie vir verantwoordelikheid verwerf.
- Fortune Magongua 11C wat ‘n balkie vir integriteit verwerf.
- Mishca Breytenbach 11B wat balkies vir verantwoordelikheid en respek verwerf.
- Juhané du Plessis 11C wat ‘n balkie vir lojaliteit verwerf.
4. Algemene Ouervergadering, 28 Oktober 2026
Geagte ouers, neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2027 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, geskeduleer is vir Woensdag, 28 Oktober 2026 om 18:00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees; indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 28 Oktober 2026 is nie, sal die opvolgvergadering op Woensdag, 11 November 2026 om 18:00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 14 Oktober 2025.
5. Merietefunksie 2026
Alle leerders wat trofee verower het gedurende die 2025 Merietefunksie word versoek om hierdie trofee voor of op 22 September 2026 by Mev. Du Plessis in K73 in te handig.
6. Program vir die week
Maandag, 21 September
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Detensie (14:15 – 16:15).
- Krieket: PNHS 2 v/s Tyger Valley (14:30, tuis).
- Sagtebal: Seuns v/s Rietondale High (14:30, weg).
Dinsdag, 22 September
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Graad 11: Akademia Opedag: “Elite Fontie Dag”, vertrek om 07:30.
- Krieket: PNHS 0/14 A v/s Overkruin (14:30, weg).
- Finansiële Komitee: Begrotingsvergadering (16:00).
Woensdag, 23 September
- Skool sluit om 11:00:
- 07:20 – 09:10: Saal & Voog.
- 09:10 – 09:30: Pouse.
- 09:40 – 09:55: Leestyd.
- 09:55 – 10:55: Toets.
- 10:55 – 11:00: Afsluiting.
Vrydag, 25 September
- Graad 12 Afskeid (16:00 vir 18:30, Coloseum).
Dinsdag, 6 Oktober
- Skool heropen.
Vriendelike Groete
Mnr. CJC Driescher, Hoof
