Omsendbrief 32/2025

Omsendbrief 32/2025


Administratief
October 13, 2025


OB: 32 / 2025

Geagte ouers

Baie welkom terug na die kort vakansie en baie sterkte vir die laaste skof van 2025!

Sagtebal:

Seuns Liga 9: PNHS v/s Tuine, 1 Oktober 2025

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN   Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/14 A      
0/15 A PN 20 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A      
0/16 A PN 22 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16 A      
0/19 A PN 21 Gewen: 9, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/19 A Tuine 0  

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B     Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/14 B      
0/15 B PN   Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 B      
0/16 B PN   Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 B      
0/19 B PN 10 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 7
0/19 A Tuine 9  

0/19 B: Beste Kolwer: Migael Snyman.
Speler van die wedstryd: Jason Fourie.
0/19 A: Beste kolwer: Rohan Louw.
Speler van die wedstryd: Jayden Neethling.

Krieket

Verskeie van ons spelers neem deel aan die AVS inter-provinsiale toernooi en presteer baie mooi:

  • Ulrich Breytenbach speel vir Noord-Transvaal Noord en slaan 159 lopies in 8 wedstryde, hy neem ook 6 paaltjies en 8 vangskote. Hy word opgeneem in die Gazelle span.
  • Mark Gorman speel ook vir Noord-Transvaal Noord en slaan 159 lopies in 8 wedstryde en neem 2 vangskote.
  • Charl Otto speel vir Noord-Transvaal Wes. Hy slaan 300 lopies in 8 wedstryde met ‘n hoogste telling van 99 n.u.n. Hy neem ook 2 paaltjies en 1 vangskoot. Charl word opgeneem in die Bokkie span.
  • Michael Flanagan speel vir die Noord-Transvaal Wes span. Hy slaan 18 lopies en neem 4 paaltjies.

Rugby

Jayden Kruger, Ficardo Morgan en Eduard du Plessis word opgeneem in die Blou Bulle 0/16 klubspan, wat aan die Inter-Provinsiale Kampioenskappe by H/S Monument deelneem. Blou Bulle is naaswenners van die toernooi.

Kultuur: Sang

Baie geluk aan Marioné Engelbrecht wat aan die WCOPA kompetisie deelneem. Sy verower 2 goud, 1 silwer en 1 brons en word opgeneem in die Suid-Afrikaanse span wat in Las Vegas gaan optree.

Kunswedstryde

Die volgende leerders neem deel aan die Afrikaanse Kunsvereniging Kunswedstryd en presteer baie mooi:

  • Mia Rynners: behaal ses A++ en een A+ simbole en is ook kategoriewenner in ses van haar voordrag items.
  • Zené Swart: behaal twee A++ simbole in voordrag en is in beide ook kategoriewenner.
  • Lara van Schalkwyk: behaal twee A simbole in haar voordrag items.

Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerders:
Rorisang Mphephu (8A) - Verantwoordelikheid.
Jordan Anderson (8D) - Verantwoordelikheid.
Ressouw Ackerman (8E) - Verantwoordelikheid

Merietefunksie 2025

Alle leerders wat trofee verower het gedurende die 2024 Merietefunksie word versoek om hierdie trofee by Mev. Du Plessis in K 73 in te handig.

Algemene Ouervergadering, 22 Oktober 2025

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2026 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Woensdag, 22 Oktober 2025 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 22 Oktober 2025 is nie sal die opvolgvergadering op Woensdag, 12 November 2025 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 8 Oktober 2025.

PNHS Gholfdag 2025

Die tyd het weer aangebreek vir ons jaarlikse gholfdag en ons nooi ons ouers, oud-leerders en besighede uit om deel van hierdie hoogtepunt op ons kalender te wees! Daar wag hope pret, uitstekende pryse en ook die kans om ‘n splinternuwe 2025 Suzuki Celerio te wen vir ‘n speler wat ‘n “hole in one” op putjie 7 slaan.

Datum: Vrydag, 7 November 2025
Plek: Seasons Eco Estate.
Tye: Registrasie 09H00, Afslaan: 11H00, Prysuitdeling en Aandete 18H00.
Kostes:
Vierbal R 3500-00 (insluitend karretjies, halfweghuis-ete en aandete)
Putjieborge: R 2500-00
Besprekings en besonderhede: pnhs.co.za/gholfdag-2025
Navrae: [email protected]


Program vir die week

Maandag, 13 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Graad 12 – Laaste saal.
  • Personeelvergadering, 14H15, saal.
Dinsdag, 14 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Graad 12 Finale Kuns Praktiese Eksamen.
  • Foto’s: PNNK en 7’s Rugby.
  • ATKV Uitklopspel, Bloemfontein, Vertrek 14H00.
Woensdag, 15 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Graad 12 Finale Kuns Praktiese Eksamen.
  • Graad 12 rapporte uit.
  • Krieket: PNHS 1 v/s John Vorster 1, Middag-aand wedstryd, 14H30, weg.
  • ATKV Uitklopspel, Bloemfontein, Terug om en by 18H00.
  • Beheerliggaam begrotingsvergadering, 17H00, restaurant.
Donderdag, 16 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12 Kerkdiens, 08H00, NG Florauna.
  • Graad 12 Finale Kuns Praktiese Eksamen.
  • Graad 12 Afsluitingsbraai.
Vrydag, 17 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Atletiek: Jakaranda Atletiekbyeenkpoms, 14H30, Brits.
  • Graad 12 Afskeid, 18H00, Coloseum.
Saterdag, 18 Oktober:
  • Sagtebal: Tshwane Semi-Finales, 08H00, Crafford Park.
Maandag, 20 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 12 Finale Kuns Praktiese Eksamen.
  • Detensie, 14H00.
  • Netbal Akademievergadering, 17H00, K22.
  • Rugby Akademievergadering, 18H00, Konferensiekamer.
  • Krieket Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
  • Restaurant Akademievergadering, 18H00, restaurant.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug