Omsendbrief 32/2024

Omsendbrief 32/2024


Administratief
October 14, 2024


OB: 32 / 2024

Geagte ouers

Atletiek: Jakaranda Byeenkoms, Brits, 4 Oktober 2024:

Dankie aan al ons atlete wat aan hierdie opwarmingsbyeenkoms deelgeneem het.
Baie geluk aan die volgende atlete van PNHS wat skitterend presteer het:

Goud: Divan Botha (GS 0/15), Leana Bezuidenhout (200M 0/15), MC Swanepoel (SG 0/16), Dehan Joubert (SW 0/16), Shondré Scheun (800M 0/16) en Simoné de Koker (1500M 0/16).

Silwer: Jeanique Huygen (100M en 200M 0/13), Izak Vos (800M 0/13), Divan Botha (SW 0/14), Leana Bezuidenhout (100M 0/15), Shondré Scheun (1500M 0/16), Simoné de Koker (800M 0/16), Junior Bokwa (400M, 0/17) en Yolandi van der Merwe (HS 0/17).

Brons: Jeanique Huygen (90M hekkies 0/13), Jayden Schoeman (SG 0/14), Elmari Fourie (SW 0/16), Dehan Joubert (GS 0/16), Junior Bokwa (800M 0/17), Esmeralda Viviers (800M 0/17).

Krieket

7 Oktober: PNHS 2 v/s HTS John Vorster. HTS John Vorster kolf eerste en behaal 102 / 10. Goeie boulwerk van Jayden Oberholster met 3 paaltjies vir 21 lopies in 3 beurte (silwer balkie) en Arthur Dobson met 3 paaltjies vir 16 lopies in 4 beurte (silwer balkie). Jordan Booyjens neem 2 mooi vangskote (brons balkie). PNHS volg op met 103 / 8. Goeie kolfwerk van Ewan Rynners met met 45 lopies van 43 balle (brons balkie). PNHS wen met 2 paaltjies. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons twee wen en drie verloor.

8 Oktober: PNHS 0/14 A v/s H/S Montana 0/14 A (weg). PNHS 0/14 A kolf eerste en behaal 43 /10. Goeie kolfwerk van Christopher Runnals met 32 lopies van 40 balle (brons balkie). Montana 0/14 A volg op met 46 / 0. Montana wen met 10 paaltjies. Dit was ons vyfde ligawedstryd, waarvan ons een gelykop speel en vier verloor.

9 & 10 Oktober: PNHS 0/15 A v/s Montana 0/15 A (tuis). Montana 0/15 A kolf eerste en behaal 368 /6. Goeie boulwerk van Ruan Schoonraad met 3 paaltjies vir 94 lopies in 10 beurte (silwer balkie) en Aiden Grobler met 2 paaltjies vir 75 lopies in 10 beurte (brons balkie). PNHS volg op met 171 / 10. Goeie kolfwerk van Ruan Schoonraad met 32 lopies van 59 balle (brons balkie). H/S Montana wen met 197 lopies. Dit was ons sewende ligawedstryd, waarvan ons sewe verloor.

12 Oktober: PNHS 1 v/s Montana 1 (weg). PNHS kolf eerste en behaal 100 / 10. Goeie kolfwerk van Jean Swart met 39 lopies van 44 balle (brons balkie) en Charl Otto met 37 lopies van 84 balle (brons balkie). Montana volg op met 101 / 1. Montana wen met 9 paaltjies. Dit was ons sewende ligawedstryd waarvan ons 1 gelykop speel en ses verloor.

Baie geluk aan Ulrich Breytenbach wat verkies is tot die AVS se Bokkiespan wat gedurende Desember na Indië toer.

Sagtebal

Gauteng span

Baie geluk aan die volgende spelers van PNHS wat opgeneem is in die 0/17 Gauteng span wat van 12 – 16 Desember aan die nasionale kampioenskappe in Pretoria gaan deelneem:
Jayden Neethling, Arno Schreuder, JG van Niekerk, Nathan Oosthuizen en Donovan Wallendorf.

Tshwane Kampioenskappe: Finales, Crafford Park 12 Oktober 2024

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 3 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/14 A Hs 8  
0/15 A PN 11 Gewen: 9, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Hpt 5  
0/16 A PN 6 Gewen: 10, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A Hs 5  
0/19 B PN   Gewen: 4, Gelykop: 1, Verloor: 4
0/19 B      
0/19 A PN 1 Gewen: 10, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/19 B Hpt 7  

Hs = Homespun / Hpt = Hartebeespoort

0/14 A (silwer medalje): Beste kolwer: Zivan Bezuidenhout
Speler van die wedstryd: Jean-Ré Pienaar
0/15 A (goue madalje): Beste kolwer: 0/15 span.
Speler van die wedstryd: 0/15 span.
0/16 A (goue medalje): Beste kolwer: 0/16 span.
Speler van die wedstryd: 0/16 span.
0/19 A (silwer medalje): Beste kolwer: Schalk Fourie.
Speler van die wedstryd: Donovan Wallendorf

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 5 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/14 A AHMP 6  
0/15 A PN   Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 A AHMP    
0/16 A PN   Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/16 A AHMP    
0/19 A PN   Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/19 A AHMP    

0/14 A (4de in Gauteng-Noord): Beste Kolwer: Ruché Mollentze
Speler van wedstryd: Janica Roodt

Geluk aan ons spelers wat die volgende individuele trofee by die Gauteng-Noord Kampioenskappe ontvang:

Antonay van der Westhuizen - Beste Catcher 0/19B.
Kimberley Chatadza - Beste Kolwer 0/19 B.
Donovan Wallendorf - Beste Kolwer 0/19 A.
Nathan oosthuizen - Beste Kolwer 0/16 A.
Brandon Fourie - Beste Kolwer 0/15 A.

Sport buite skoolverband

Baie geluk aan Marnique Breytenbach wat vir dans nasionaal tweede eindig in Talent Africa se nasionale kompetisie.

Waardebalkies

Geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies ontvang:

  • Ansureth Schoeman (8A) vir Verantwoordelikheid.
  • Priyanka Gopal (8C) vir Verantwoordelikheid.
  • Luzaan Nortjé (10) vir Respek.
  • Chenique Malan (10) vir Respek.

Finansiële Sake

  • Geagte ouers neem asseblief kennis dat die skool se bankbesonderhede gaan verander omdat dit vir die skool verskeie voordele sal inhou. Ons nuwe rekening skuif na FNB: takkode: 210554 en nuwe rekeningnommer 63096257738.
  • Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2025 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Woensdag, 23 Oktober 2024 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 23 Oktober 2024 is nie sal die opvolgvergadering op Woensdag, 13 November 2024 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 9 Oktober 2024

Projek: SPAR Ninapark

SPAR Ninapark gee aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 1 September tot 30 November 2024 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000.Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 1 September 2024!

Naskoolsentrum by PNHS

Die beplande naskoolsentrum by PNHS is uitgeskuif na Januarie 2025. ‘n Privaat instansie beoog om vanaf Januarie 2025 ‘n naskoolsentrum by Hoërskool Pretoria-Noord te vestig. Monique en Belinda Povey van JV Studiesentrum bied ‘n veilige en beheerde omgewing met streng toesig na skool, ligte middagetes vir leerders, gekontroleerde studiesessies vir leerders om huiswerk te voltooi onder toesig van fasiliteerders asook ekstra hulp in alle vakke. Sou u belangstel, kan u skakel met Monique by 081 772 3506 of by [email protected] met hulle per e-pos kontak maak.

Akademie vir Leerder Ondersteuning “Noorderlig

  • U word herhinner aan ons “Saaidag” vir 18 Oktober 2024.

Program vir die week

Maandag, 14 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
Dinsdag, 15 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
  • Krieket: PNHS 0/14 A v/s Midstrem 0/14 A, 14H30, tuis.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 Restaurantaand, 18H00, restaurant.
Woensdag, 16 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
  • Akademiese periode graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
  • Krieket: PNHS 0/14 A v/s Midstream 0/14 A, 14H30, tuis.
  • Sport Merietefunksie, 18H30, saal.
Donderdag, 17 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
  • Graad 8 – 11, Vraestel 3 Eindeksamen.
  • Meriete oggendfunksie, 08H30, saal.
  • Akademie, Kultuur & Leierskap Merietefunksie, 18H30, saal.
Vrydag, 18 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
  • “Saaidag”.
  • Rugbyafsluiting, 17H00, klubhuis
Saterdag, 19 Oktober:
  • Sagtebal : Gauteng kampioenskappe S 0/15 en 0/19, 08H00, OosMoot.
Maandag, 21 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
  • Detensie, 14H15 – 16H15.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug