Omsendbrief 32/2022

Omsendbrief 32/2022


Administratief
October 17, 2022


OB: 32 / 2022

Geagte ouers

Baie welkom terug aan al ons leerders, ouers en voogde vir die laaste kwartaal van 2022. Ons bid vir almal net voorspoed en vreugde toe vir hierdie laaste kwartaal.

Krieket

26 September:

PNHS 2 v/s HTS John Vorster 2 tuis. HTS John Vorster 2 kolf eerste en behaal 59 / 10 in 16 beurte. Goeie boulwerk van Nathan du Preez met 3 paaltjies vir 8 lopies in 3 beurte (verower ‘n brons balkie) en Wian Rynners met 3 paaltjie vir 22 lopies in 4 beurte (verower ‘n brons balkie). Ludwig Erasmus neem 3 vangskote (verower ‘n brons balkie vir veldwerk). PNHS volg op met 60 / 0 in 5 beurte. Skitterende kolfwerk deur Ludwig Erasmus met 39 lopies van 18 balle (verower ‘n brons balkie) en Jayden Gordon met 15 lopies van 13 balle. PNHS wen met 10 paaltjies, Dit was ons sesde en laaste ligawedstryd waarvan ons 5 wen. Baie geluk aan ons 2de span met ‘n skitterende seisoen!

27 September:

PNHS 0/14 A v/s Waterkloof 0/14 B(tuis). Pretoria- Noord kolf eerste en behaal 97 / 8 in 20 beurte. Goeie kolfwerk van: MC Swanepoel met 26 lopies en Wian van Heerden met 26 lopies. Waterkloff 0/14 B volg op met 98 / 7 in 12 beurte. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 4 paaltjies vir 11 lopies in 4 beurte (ontvang ‘n brons balkie). Waterkloof wen met 3 paaltjies. Dit was ons 0/14 A se vyfde ligawedstryd, waarvan hulle drie wen en twee verloor.

29 September:

PNHS 0/15 A v/s HTS John Vorster 0/15 A (weg). PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 168 / 1 in hul 20 beurte. Goeie kolfwerk van Ulrich Breytenbach met 62 lopies van 56 balle (verower ‘n silwer balkie) en Mark Gorman met 82 lopies van 57 balle (verower ‘n goue balkie vir 20 beurte gekolf sonder om sy paaltjie te verloor). HTS John Vorster 0/15 A volg op met 52 / 10. Goeie boulwerk van Ettiene du Bruyn met 4 paaltjies vir 14 lopies in 3 beurte (verower ‘n silwer balkie), Jacques Runnals 3 paaltjies vir 3 lopies in 1 beurt (verower ‘n silwer balkie) en Keaan van Wyk 2 paaltjies vir 6 lopies in 4 beurte. PNHS wen met 116 lopies. Dit was ons 0/15 A se sesde ligawedstryd waarvan hulle twee wen en vier verloor.

13 Oktober:

PNHS 0/14 A v/s Overkruin 0/14 A (tuis). PNHS 0/14 A kolf eerste en behaal 210 lopies / 0 in hul 20 beurte. Goeie kolfwerk van: Mark Gorman met 103 lopies van 67 balle hy kolf vir 20 beurte (verower 2 goue balkies) en Nathan Oosthuizen met 78 lopies van 59 balle, hy kolf ook deur die 20 beurte (verower 1 goue en 1 silwer balkie). Overkruin volg op met 75 / 10 na 12 beurte. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 4 paaltjies vir in 3 beurte (verower ‘n brons balkie). Nathan Oosthuizen, MC Swanepoel en Rohan louw neem elkeen 2 paaltjies. PNHS wen met 135 lopies. Dit was ons 0/14 A se sesde en laaste ligawedstryd, waarvan hulle vier wen en twee verloor. Geluk aan ons manne met ‘n uitstekende seisoen.

13 Oktober:

PNHS 0/15 A v/s H/S Sutherland 0/15 A (tuis). PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 173 / 2 in hul 20 beurte. Goeie kolfwerk van Ulrich Breytenbach met 36 lopies van 35 balle (verower ‘n brons balkie) en Ettiene du Bruyn met 49 lopies n.u.n. van 24 balle (verower ‘n brons balkie). H/S Sutherland 0/15 A volg op met 135 / 8 in hul 20 beurte. Goeie boulwerk van Gute von Steen met 5 paaltjies vir 34 lopies in 4 beurte (verower ‘n silwer balkie) Ettiene du Bruyn en Eduan du Pessis neem elk 3 vangskote (verower silwer balkies). PNHS wen met 38 lopies. Dit was ons 0/15 A se sewende en laaste ligawedstryd waarvan hulle drie wen en vier verloor.

Sagtebal:
Semi Finales, 12 Oktober 2022, Crafford Park
Skool PN Peps PN Hpt PN HS     PN Tuine
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de   1ste 1ste
Seuns 35 0 12 3 1 16     14 4
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 6 - 1 - 3 - 9 -
Gelykop 0 - 0 - 1 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 0 - 3 - 3 - 0 -
  • 0/14 A speel vir goud in die Gauteng-Noord Finaal.
  • 0/15 A speel vir goud in die Gauteng-Noord Finaal.
  • 0/16 A speel vir brons in die Gauteng-Noord Finaal.
  • 1ste span speel vir goud in die Gauteng-Noord Finaal.
Skool PN OM PN   PN   PN Cent    
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A    
Dogters 2 5         2 7    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 1 - 3 - 4 - - -
Gelykop 1 - 0 - 0 - 1 - - -
Verloor 4 - 6 - 4 - 3 - - -
  • 0/14 A speel vir brons in die Gauteng-Noord Finaal.
  • 1ste span speel vir brons in die Gauteng-Noord Finaal.
Gauteng-Noord Finaal: 15 Oktober 2022, Crafford Park
Skool PN Hs PN Tuine PN Eduplex     PN Hs
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de   1ste 1ste
Seuns 1 6 19 4 punte       9 20
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 7 - 2 - 3 - 9 -
Gelykop 0 - 0 - 1 - 0 - 0 -
Verloor 2 - 0 - 3 - 3 - 1 -
  • 0/14 A wen silwer in die Gauteng-Noord Finaal.
  • 0/15 A wen goud in die Gauteng-Noord Finaal.
  • 0/16 A wen brons in die Gauteng-Noord Finaal.
  • 1ste span wen silwer in die Gauteng-Noord Finaal.
Skool PN Cen PN   PN   PN Cent    
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A    
Dogters 0 24         2 7    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 1 - 3 - 4 - - -
Gelykop 1 - 0 - 0 - 1 - - -
Verloor 5 - 6 - 4 - 3 - - -
  • 0/14 A eindig 4de in die Gauteng-Noord Finaal.
  • 1ste span wen brons in die Gauteng-Noord Finaal.

Baie geluk met die volgende individuele prestasies:

  • Mia Cloete - Beste Vanger in Gauteng-Noord.
  • Owen Kűhn - Beste Gooier in Gauteng-Noord
  • 0/19 Seuns Blue Sox span: Owen Kűhn, Divan Niemand, Zain Vorster, Tinashe Chikari, Andrew Durdle, Eben Schreuder, Lourens du Plessis.
  • 0/19 Seuns Red Sox span: Paul Kohls en Schalk Fourie.
  • 0/15 Seuns Blue Sox span: Keaan van Wyk, Jayden Neethling, Nathan Oosthuizen en Arno Schreuder.
  • 0/15 Seuns Red Sox span: Donovan Wallendorf, Tristan Tingtinger, Jaco Jansen van Vuuren, Wian van den Heever, James Ashby en Anthony Smith.
  • 0/19 Dogters Blue Sox: Charlene Pretorius en Mia Potgieter.
  • 0/19 Dogters Red Sox: Anmari Malan.
  • 0/19 Dogters White Sox: Cherise van Staden.
  • 0/15 Dogters Blue Sox: Chane de Lange
Landloop: Suid-Afrikaanse Kampioenskappe, 17 September 2022, Rustenburg

Seuns 0/14: Shon-dré Scheun (40ste)
Dogters 0/14: Simoné de Koker (12de)
Dogters 0/15: Ezmerelda Vivier (63ste)
Seuns 0/16: Schalk Fourie (20ste)
Dogters 0/16: Cindy de Koker (36ste), Carla Ackerman (38ste) en Zelda Niemand (49ste)
Dogters 0/19: Natasha Sikisi (27ste)

Simoné de Koker is deel van die Gauteng-Noord span wat algeheel 1ste eindig.

Sport buite skoolverband
  • Baie geluk aan Kylie Engelbrecht wat ‘n 3de en 5de plek behaal op die Suid-Afrikaanse Springmat Kampioenskappe op 30 September 2022.
  • Baie geluk aan Ofentse Selahla wat van 2 tot 7 Oktober 2022 aan die Suid-Afrikaanse Pluimbal Kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem het.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2023 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 25 Oktober 2022 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees va`8worum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 11 Oktober 2022.

Merietefunksie 2022
  • Alle leerders wat gedurende 2021 trofee ontvang het by die Merietefunksie moet dit asseblief terugbesorg by Me. Du Plessis.
  • Alle leerders wat provinsiale of nasionale kleure ontvang het vir aktiwiteite buite skoolverband moet asb. bewyse daarvan inhandig by Mev. Swanepoel.
Fotoblad 2022

‘n Geleentheid vir u om u kind se 2022 skoojaar verewig vas te vang in die skool se fotoblad van plus minus 80 kleur glansbladsye met foto’s van al ons skoolaktiwiteite met gepaardgaande berigte. Die blad is van koffietafel gehalte en kos slegs R 100-00 per eksemplaar. Bestellings met betaling sluit op 30 Oktober 2022. Leerders bestel en betaal die blaaie in hul voogklasse.

Leerder Ondersteuning: Noorderlig

Weens ‘n tekort aan skoolklere by die klerebank word ‘n “ruil” transaksie gedoen. Leerder kom ruil hul skool klere om vir ander.

Ons saai produkte vir die volgende 2 weke is koffie, tee, suiker en koeldrank. Ondersteun ons asb sodat ons, ons koskas kan opvul en volhoubaar te maak.

Dankie vir u ondersteuning.


Program vir die week
Maandag, 17 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Leerder Ondersteuning / Noorderlig Akademie vergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 18 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12 rapporte uit.
  • Graad 12: “Fourty Days”.
  • Interskole Gholf Kampioenskappe, Irene gholfklub, 10H00.
  • Koor Oudisies, 14H00 – 17H00, K 26.
Woensdag, 19 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen.
  • Koor Oudisies, 14H00 – 17H00, K 26
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam UK vergadering, 19h00, Konferensiekamer.
Donderdag, 20 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 12: Kerkdiens, 08H00, Florauna NG kerk.
  • Kultuur afsluiting, 18H00, A-rugbyveld.
Vrydag, 21 Oktober:
  • Graad 8 -11, dag 5.
  • Graad 8 – 11 rapporte uit.
  • Atletiek: H/S Centurion, 14H30, weg.
  • Graad 12 Afskeid, 17H00, Coloseum Reale.
Saterdag, 22 Oktober:
  • Krieket: PNHS 1 v/s Eldoraigne, 09H00, weg.
Maandag, 24 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12: Senior Sertifikaat Eksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug