Waarna is jy opsoek?




Omsendbrief 31/2026


Administratief
September 14, 2026


OB: 31 / 2026

Geagte ouers

1. Krieket

7 September: PNHS 2 v/s HTS John Vorster 2. HTS John Vorster kolf eerste en behaal 98/9 in hul 20 beurte. Goeie boulwerk van Jadon Smith met 3 paaltjies vir 11 lopies in 4 beurte (brons balkie). PNHS volg op met 93/10. Goeie kolfwerk van Nathan Oosthuizen met 52 lopies van 25 balle (silwer balkie). PNHS verloor met 5 lopies. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons twee wen en twee verloor.

10 September: PNHS 0/15 A v/s H/S Wonderboom 0/15 A. PNHS kolf eerste en behaal 176/1 in 20 beurte. Goeie kolfwerk van Phillip Beukes met 108* lopies van 79 balle (goue balkie) en Jaydrian Brandon met 44* van 45 balle (brons balkie). Wonderboom volg op met 34/10. Goeie boulwerk van Neil Botha met 5 paaltjies vir 5 lopies in 3 beurte (goue balkie), Joshua de Klerk met 2 paaltjies vir 3 lopies in 3 beurte (brons balkie) en Jordan Anderson met 2 paaltjies vir 0 lopies in 1 beurt (brons balkie). Mooi vangskote deur Janco Schoonraad en Tsebo Makua. PNHS wen die wedstryd met 142 lopies. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons vier wen.

12 September: PNHS 1 v/s H/S Wonderboom 1. PNHS kolf eerste en behaal 166/10. Goeie kolfwerk van Mark Gorman met 71 lopies van 65 balle (silwer balkie) en Jayden Schoeman met 41 lopies van 19 balle (brons balkie). H/S Wonderboom volg op met 160/10. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 4 paaltjies vir 33 lopies in 10 beurte (silwer balkie), Charl Otto met 3 paaltjies vir 16 lopies in 6 beurte (brons balkie) en Christopher Runnals met 2 paaltjies vir 35 lopies in 10 beurte (brons balkie). PNHS wen met 6 lopies. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons twee wen en twee verloor.

2. Sagtebal

2.1 Dogters Sagtebal Liga 5: PNHS v/s H/S Zwartkop, 7 & 8 September 2026, tuis

A-spanne

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 5 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 A Zw 2  
0/15 A PN 2 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 A Zw 5  
0/16 A PN 4 Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/16 A Zw 18  
0/19 A PN 8 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/19 A Won 3  

B-spanne

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 5 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 B Zw 10  
0/15 B PN 10 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 B Zw 13  
0/16 B PN 3 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/16 B Zw 19  
0/19 B PN 3 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/19 B Zw 11  
2.2 Dogters Sagtebal Liga 5: PNHS v/s Wilgers, 8 September, weg
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 2 Gewen: 2, Gelykop: 1, Verloor: 3
0/14 A Wilg 2  
0/15 A PN 10 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 A Wil 3  
0/16 A PN 10 Gewen: 2, Gelykop: 1, Verloor: 1
0/16 A Wilg 3  
0/19 A PN 13 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/19 A Won 0  
2.3 Seuns Sagtebal Liga 6: PNHS v/s Akasia, 10 September, weg
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/16 A PN 20 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A   1  
0/19 A PN 11 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/19 A Akasia 10  
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/19 B PN 0 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/19 A Akasia 9  
2.4 Seuns Sagtebal Liga 7: PNHS v/s Overkruin, 11 September, tuis
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 A PN 18 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Ov 1  
0/16 A PN 20 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A   1  
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 B PN 1 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A Ov 15  
2.5 Dogters Sagtebal Liga 6: PNHS v/s AHMP, 12 September 2026, weg

A-spanne

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 2 Gewen: 2, Gelykop: 1, Verloor: 4
0/14 A AHMP 10  
0/15 A PN 5 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/15 A AHMP 6  
0/16 A PN 5 Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 3
0/16 A AHMP 8  
0/19 A PN 0 Gewen: 4, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/19 A AHMP 0  

B-spanne

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 1 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 B AHMP 16  
0/15 B PN 1 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 B AHMP 17  
0/16 B PN 13 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/16 B AHMP 12  
0/19 B PN 3 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/19 B AHMP 15  

3. Rugby: Sewes Montana Toernooi, 11 & 12 September 2026

0/15A

Wedstryd Uitslag Uitslae tot dusver
PN v/s Eldoraigne (Eldo) 12 – 26 Gewen: 9, Gelykop: 1, Verloor: 6
PN v/s Afrikaans Hoër Seuns (AHS) 0 – 69 Gewen: 9, Gelykop: 1, Verloor: 7
PN v/s Wonderboom (Won) 24 – 26 Gewen: 9, Gelykop: 1, Verloor: 8
PN v/s Menlopark (Menlo) 19 – 19 Gewen: 9, Gelykop: 2, Verloor: 8

0/17A

Wedstryd Uitslag Uitslae tot dusver
PN v/s Zwartkop (Zw) 27 – 5 Gewen: 13, Gelykop: 1, Verloor: 4
PN v/s Silverton (Sil) 26 – 12 Gewen: 14, Gelykop: 1, Verloor: 4
PN v/s Wilgers (Wil) 33 – 21 Gewen: 15, Gelykop: 1, Verloor: 4
PN v/s Oos-Moot (OM) 12 – 27 Gewen: 15, Gelykop: 1, Verloor: 5
PN v/s Boys High (BH), Skild Semi-Finaal 26 – 33 Gewen: 15, Gelykop: 1, Verloor: 6

4. Atletiek: TUT Top 12, Pulditch, 11 September

Baie geluk aan ons atlete wat skitterend vaar tydens die byeenkoms:

  • Jenique Huygen (0/15) algeheel 8ste in die 200m (835 ASA) en algeheel 9de in die 400m (776 ASA).
  • Sandra Viviers (0/15) algeheel 10de in die 3000m (820 ASA).
  • Jamila Buff (0/16) algeheel 7de in die 800m (762 ASA).
  • Jayden Schoeman (0/16) algeheel 6de in die spiesgooi (608 ASA).
  • Divan Botha (0/16) algeheel 3de in gewigstoot (852 ASA) en algeheel 3de in diskus (903 ASA).

Divan word ook aangewys as die Beste Senior Seuns-veldatleet asook die Senior Victor Ludorum in die B-Afdeling van die kompetisie.

5. Jukskei: Noord-Vaal Kampioenskappe, Randfontein, 12 September 2026

Seuns 0/19A

Wedstryd Uitslag Uitslae tot dusver
PN v/s Kemptonpark (Kemp) 7 – 8 Gewen: 7, Gelykop: 1, Verloor: 2
PN v/s Dendron (Den) 8 – 7 Gewen: 8, Gelykop: 1, Verloor: 2
PN v/s Helpmekaar (Help) 7 – 8 Gewen: 8, Gelykop: 1, Verloor: 3
PN v/s Riebeeckrand (Rr) 10½ – 5½ Gewen: 9, Gelykop: 1, Verloor: 3
PN v/s Hendrina (Hen) 8 – 7 Gewen: 10, Gelykop: 1, Verloor: 3

Baie geluk aan ons 1ste span manne: MP O’Grady, Tyler Neveling, Jayden de Villiers en Michael de Villiers wat hulself onderskei as naaswenners in die Noord-Vaal Kampioenskappe!

Dogters 0/19A

Wedstryd Uitslag Uitslae tot dusver
PN v/s H/S Oosterlig (Oost) 4½ – 10½ Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 3
PN v/s HTS Tom Naude (TN) 10½ – 4½ Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 3
PN v/s H/S Goudrif (Gr) 9½ – 5½ Gewen: 9, Gelykop: 0, Verloor: 3
PN v/s Riebeeckrand (Rr) 7 – 8 Gewen: 9, Gelykop: 0, Verloor: 4
PN v/s HTS Witbank (HTW) 10½ – 4½ Gewen: 10, Gelykop: 0, Verloor: 4

Baie geluk aan ons 1ste span dogters: Anuske van Dyk-Stroebel, Nicole Guelpa, Kylie Steyn en Zoë Jonker wat hulself onderskei as naaswenners in die Noord-Vaal Kampioenskappe!

6. Waardebalkies

Baie geluk aan Kiara Weber in graad 11 wat ‘n balkie vir lojaliteit verwerf.

7. Algemene Ouervergadering, 28 Oktober 2026

Geagte ouers, neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2027 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, geskeduleer is vir Woensdag, 28 Oktober 2026 om 18:00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees; indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 28 Oktober 2026 is nie, sal die opvolgvergadering op Woensdag, 11 November 2026 om 18:00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 14 Oktober 2026.

8. Merietefunksie 2026

Alle leerders wat trofee verower het gedurende die 2025 Merietefunksie word versoek om hierdie trofee voor of op 22 September 2026 by Mev. Du Plessis in K73 in te handig.

9. Program vir die week

Maandag, 14 September
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Detensie (14:15 – 16:15).
  • Gasvryheidstudies: Interne Vasvra (14:15, restaurant).
  • Krieket: PNHS 2 v/s Wonderboom 2 (14:30, tuis).
Dinsdag, 15 September
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Toetsperiode
  • Sagtebal: Dogters 0/19 A en B v/s Oos Moot (14:30, tuis).
  • Sagtebal: Seuns 0/19 A en B v/s Tuine (14:30, tuis).
  • Krieket: PNHS 0/14 A v/s Sutherland (14:30, weg, vertrek 13:25).
  • Krieket: PNHS 0/15 A v/s Wagpos (14:30, tuis).
Woensdag, 16 September
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Addisionele Akademiese uur Graad 8-11 (14:15 – 15:15).
  • Sagtebal proewe: seuns en dogters (14:30, Crafford Park).
Donderdag, 17 September
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Krieket: PNHS 0/15 v/s HTS John Vorster (14:30, weg, vertrek 13:50).
  • Sagtebal: Seuns 0/16 & 0/19 v/s Wagpos (14:30, tuis).
  • Sagtebal: Dogters 0/16 A v/s Montana (14:30, weg).
Vrydag, 18 September
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Geskiedenis: Graad 10 uitstappie na die Voortrekker Monument.
  • Sagtebal: Seuns 0/15 v/s Wagpos (14:30, Tuine).
  • Sagtebal: Dogters v/s H/S Centurion (14:30, weg).
Saterdag, 19 September
  • Gasvryheidstudies: Gr. 10 Restaurantoggend (10:30, restaurant).
  • Skaak: Buitelig Kompetisie (10:00, PNHS buitelig skaakborde).
  • Krieket: PNHS 1 v/s HTS John Vorster (09:00, tuis).
Sondag, 20 September
  • Koor optrede, Volle Evangelie kerk, Lofdal.
Maandag, 21 September
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Detensie (14:15 – 16:15).
  • Krieket: PNHS 2 v/s Tyger Valley (14:30, tuis).
  • Sagtebal: Seuns v/s Rietondale High (14:30, weg).

Vriendelike Groete

Mnr. CJC Driescher, Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug