
Omsendbrief 31/2025
Administratief
September 29, 2025
OB: 31 / 2025
Geagte ouers
Krieket
23 September:
PNHS 0/14 A v/s H/S Die Wilgers 0/14 A. PNHS kolf eerste en behaal 113 /6. Goeie kolfwerk van Janco Schoonraad met 49 lopies van 55 balle (Brons balkie). Neil Botha lewer ook ‘n goeie bydrae met die kolf met 26 lopies van 20 balle. H/S Die Wilgers volg op met 83 / 10. Goeie boulwerk van Phillip Beukes met 3 paaltjies vir 7 lopies in 4 beurte (Brons balkie), Neil Botha met 2 paaltjies vir 23 lopies in 4 beurte en Joshua de Klerk met 2 paaltjies vir 32 lopies in 4 beurte. Janco Schoonraad neem twee vangskote in die veld (Brons balkie) en Jordan Anderson neem ook 2 vangskote in die veld (Brons balkie). PNHS wen met 5 lopies. Dit was ons sewende en laaste ligawedstryd waarvan ons vier wen en drie verloor.
25 September:
PNHS 0/15 A v/s H/S Die Wilgers 0/15 A. PNHS kolf eerste en behaal 104 / 10 in 17 beurte. Goeie kolfwerk van Jayden Schoeman met 43 lopies van 34 balle (Brons balkie) en JP Thomas met 15 lopies van 24 balle. H/S Die Wilgers volg op met 83 / 10. Goeie boulwerk van JP Thomas met 4 paaltjies vir 20 lopies in 4 beurte (Silwer balkie) en Heino Schuster met 2 paaltjies vir 0 lopies in 1 beurt. Marnis Rudolph neem 2 vangskote in die veld (Brons balkie). PNHS wen met 21 lopies. Dit was ons sesde en laaste ligawedstryd, waarvan ons 5 wen en 1 verloor.
Sagtebal:
Seuns Liga 8: PNHS v/s Rietondale, 22 September
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1 | |
0/14 A | |||
0/15 A | PN | 20 | Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/15 A | Riet | 1 | |
0/16 A | PN | 22 | Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/16 A | Riet | 3 | |
0/19 A | PN | 20 | Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/19 A | Riet | 0 |
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 B | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 | ||
0/14 B | |||
0/15 B | PN | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 | |
0/15 B | |||
0/16 B | PN | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 | |
0/16 B | |||
0/19 B | PN | 13 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 7 |
0/19 A | Riet | 19 |
0/15 A: Beste kolwer: Jan Hendrik Botes.
Speler van die wedstryd: Jayden Schoeman.
0/16 A; Beste kolwer: Jaden de Villiers.
Speler van die wedstryd: Jaden de Villiers.
0/19 B: Beste Kolwer: Migael Snyman.
Speler van die wedstryd: Migael Snyman.
0/19 A: Beste kolwer: Nathan Oosthuizen.
Speler van die wedstryd: Jayden Neethling.
Geluk aan die volgende spelers wat opgeneem is in die Gauteng-Noord sagtebalspan:
0/15: Jandré Gerber, Janco Schoonraad, Divan Botha, Dylan du Plessis, Jean-Ré Pienaar, Jayden Schoeman, Zivan Bezuidenhout, Jayden Joubert, Zander Pieterse, Johan Veldhuysen, Jaydrian Brandon, Christopher Snyman en Deerik Ellis.
0/19: Donovan Wallendorf, Nathan Oosthuizen, JG van Niekerk, Arno Schreuder, Jayden Neethling, Malan Bezuidenhout, Richard van schalkwyk, Wian van Heerden, Edowhann Schwartz, Herco Venter en Raynard Bosman.
Geluk aan die volgende spelers wat uitgenooi is vir die Gauteng proewe:
Nathan oosthuizen, Richard van Schalkwyk, Herco Venter, Raynard Bosman, Jayden Neethling, Arno Schreuder, JG van Niekerk en Malan Bezuidenhout.
Dogters Liga 8: PNHS v/s Zwartkops, 27 September 2025, weg
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | 0 | Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 4 |
0/14 A | Zwart | 2 | |
0/15 A | PN | 2 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 6 |
0/15 A | Zwart | 3 | |
0/16 A | PN | 4 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 5 |
0/16 A | Zwart | 3 | |
0/19 A | PN | 5 | Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 6 |
0/19 A | Zwart | 8 |
0/14 A: Beste Kolwer: Anuske van Dyk-Stroebel.
Speler van wedstryd: Larochelle van der Merwe.
0/15 A: Beste kolwer: Cady Meyer.
Speler van die wedstryd: Wiandri Viviers.
0/16 A: Beste kolwer: Ané Reis.
Speler van die wedstryd: Amorey Wallendorf.
0/19 A: Beste kolwer: Anneke Le Roux.
Speler van die wedstryd: Juané Greyvenstein.
Dogters B Liga 7 PNHS v/s Zwartkops, 27 September 2025, weg
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 B | PN | 0 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 6 |
0/14 B | Zwart | 15 | |
0/15 B | PN | 6 | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 6 |
0/15 B | Zwart | 12 | |
0/16 B | PN | Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: - | |
0/16 B | |||
0/19 B | PN | 1 | Gewen: 2, Gelykop: 1, Verloor: 2 |
0/19 B | Zwart | 11 |
0/14 B:Beste Kolwer:Willow Robinson.
Speler van die Wedstryd: Milan Moller.
0/15 B:Beste Kolwer: Bianca van der Merwe.
Speler van die Wedstryd: Tlotli Morake.
0/19 B:Beste Kolwer: Chrilize de Beer.
Speler van die Wedstryd: Chané Wurth.
Geluk aan die volgende spelers wat opgeneem is in die Gauteng-Noord span:
0/15: Cady Meyer
0/19: Anelska van Dyk en Amorey Wallendorf.
Atletiek: NWU Top 30, 23 & 24 September 2025, Potchefstroom
Dankie aan al ons atlete wat deelgeneem het. Geluk aan die volgende PNHS atlete wat baie mooi presteer: Sandra Viviers 3000M (808 ASA punte), Jeanique Huygen 100M (824 ASA punte) en 200M (773 ASA punte), Jamila Buff 800M (778 ASA punte), Jazlyn Roux 3000M (746 ASA punte), Leana Bezuidenhout 100M (782 ASA punte) en 200M (814 ASA punte), Simoné de Koker 1500M (735 ASA punte) en 3000M (851 ASA punte), Juhane du Plessis 3000M (710 ASA punte), Divan Botha SW (855 ASA punte) en GS (893 ASA punte), Caleb Jooste 3000M (740 ASA punte), Matthew Roselt 1500M (727 ASA punte) en 3000M (740 ASA punte), Mikyle Willemse 3000M (712 ASA punte), Shon-dré Scheun 800M (749 ASA punte), Henrico van Tonder 3000M (700ASA punte) en Maurice Munro 3000M (701 ASA punte)
Kultuur: Sang
Baie geluk aan Marioné Engelbrecht wat met die Allegretto Eistedfodd een goud en een dubbel goud ontvang vir sang. Sy ontvang ook ‘n medalje as item wenner vir “Musical” en word uitgenooi na die nasionale rondte op 1 November in Krugersdorp.
Merietefunksie 2025
Alle leerders wat trofee verower het gedurende die 2024 Merietefunksie word versoek om hierdie trofee voor of op 3 Oktober by Mev. Du Plessis in K 73 in te handig.
Algemene Ouervergadering, 22 Oktober 2025
Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2026 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Woensdag, 22 Oktober 2025 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 22 Oktober 2025 is nie sal die opvolgvergadering op Woensdag, 12 November 2025 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 8 Oktober 2025.
PNHS Gholfdag 2025
Die tyd het weer aangebreek vir ons jaarlikse gholfdag en ons nooi ons ouers, oud-leerders en besighede uit om deel van hierdie hoogtepunt op ons kalender te wees! Daar wag hope pret, uitstekende pryse en ook die kans om ‘n splinternuwe 2025 Suzuki Celerio te wen vir ‘n speler wat ‘n “hole in one” op putjie 7 slaan.
Datum: Vrydag, 7 November 2025
Plek: Seasons Eco Estate.
Tye: Registrasie 09H00, Afslaan: 11H00, Prysuitdeling en Aandete 18H00.
Kostes: Vierbal R 3500-00 (insluitend karretjies, halfweghuis-ete en aandete)
Putjieborge: R 2500-00
Besprekings en besonderhede: pnhs.co.za/gholfdag-2025
Navrae: [email protected]
Program vir die week
Maandag, 29 September:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Krieket: PNHS 2 v/s Maragon Mooikloof, 14H30, tuis.
Dinsdag, 30 September:
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Finansiële Komiteevergadering, 17H00, Konferensiekamer.
- Uitvoerende Komiteevergadering, 19H00, konferensiekamer.
Woensdag, 1 Oktober:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Finansiële Komitee Begrotingsvergadering, 17H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 2 Oktober:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Krieket: 0/15A v/s Wilgers, 14H30, weg.
Vrydag, 3 Oktober:
- Toetsdag 8 - 11.
- Skool sluit: Saal & Voog - 07H20 – 09H10.
Pouse: - 09H10 – 09H30
Leestyd: - 09H45 – 09H55
Toets: - 09H55 – 10H55
Afsluiting; - 10H55 – 11H00
Maandag, 13 Oktober:
- Skool Heropen
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Graad 12: Laaste Saalopening.
- Personeelvergadering, 14H15, saal.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof