Omsendbrief 31/2024

Omsendbrief 31/2024


Administratief
October 07, 2024


OB: 31 / 2024

Geagte ouers

Lief en Leed

Ons groet Mnr. W Pienaar wat bedank het.

Krieket

1 Oktober:

PNHS 1 v/s Eldoraigne 1. Eldoraigne kolf eerste en behaal 551 / 6. Goeie boulwerk van Jean Swart met 2 paaltjies vir 65 lopies in 10 beurte (brons balkie) en Ulrich Breytenbach met 2 paaltjies vir 68 lopies in 9 beurte (brons balkie).PNHS volg op met 168 / 10. Goeie kolfwerk van Ettienne de Bruyn met 56 van 78 balle (silwer balkie) en Rohan Louw met 45 lopies van 29 balle. H/S Eldoraigne wen met 383 lopies. Dit was ons sesde ligawedstryd waarvan ons 1 gelykop speel en vyf verloor.

Sagtebal

Gauteng proewe

Baie geluk aan die volgende spelers van PNHS wat uitgenooi is na die Gauteng proewe:

0/19 dogters: Ashlee Jordaan.

0/19 seuns: Jayden Neethling, Arno Schreuder, JG van Niekerk, Nathan Oosthuizen, Donovan Wallendorf, Rohan Louw, Anthony Smith, James Ashby, Wihan van Heerden, Malan Bezuidenhuot en Richard van Schalkwyk.

Tshwane Kampioenskappe: Semi-Finales, Crafford Park 5 Oktober 2024

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 3 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 A Wagp 2  
0/15 A PN 7 Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Hs 5  
0/16 A PN 7 Gewen: 9, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A GM 0  
0/19 B PN   Gewen: 4, Gelykop: 1, Verloor: 4
0/19 B      
0/19 A PN 12 Gewen: 10, Gelykop: 1, Verloor: 1
0/19 B Hs 1  

Wagp = Wagpos / Hs = Homespun / GM = Gerrit Maritz

0/14 A Beste kolwer: Dylan du Plessis
Speler van die wedstryd: Divan Botha
0/15 A: Beste kolwer: Herco Venter
Speler van die wedstryd: Raynard Bosman
0/19 A: Beste kolwer: Donovan Wallendorf
Speler van die wedstryd: Donovan Wallendorf

Al ons seunspanne sal uitspeel vir posisie 1 en 2 in die Tshwane Kampioenskappe se Finaal.

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 0 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 A OM 22  
0/15 A PN   Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 A AHMP    
0/16 A PN   Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/16 A AHMP    
0/19 A PN   Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/19 A AHMP    

0/14 A: Beste Kolwer: Ruché Mollentze
Speler van wedstryd: Ruché Mollentze

Ons 0/14 dogters sal uitspeel vir posisie 3 / 4 in die Tshwane Kampioenskappe se Finaal.

Inter-Provinsiale Kampioenskappe, Camp Discovery, 1 – 5 Desember 2024

Baie geluk aan die volgende spelers wat in die Tshwane provinsiale spanne opgeneem is:

0/15 dogters: Cady Meyer (Kgodiso), Anelska van Dyk (White Sox) en Amorey Wallendorf (Red Sox).
0/15 seuns: Michael de Villiers (Red Sox), Ethan Walkinshaw (Red Sox), Divan Botha (Red Sox), JeanRe Pienaar (Red Sox), Dylan du Plessis (Red Sox), Jayden de Villiers (Blue Sox), Brandon Fourie (Blue Sox), Edowhann Schwartz (Blue Sox), Herco Venter (Blue Sox), Zivan Bezuidenhout (Blue Sox), Rouxnando Marx (Blue Sox) en Rynard Bosman (Blue Sox).
0/19 dogters: Ashlee Jordaan (White Sox) en Nakita Horn (Blue Sox).
0/19 seuns: Anthony Smith (Red Sox), James Ashby (Red Sox), Juan Swart (Red Sox), Wihan van Heerden (Red Sox), Malan Bezuidenhout (Red Sox), Richard van Schalkwyk (Red Sox), Jayden Neethling (Blue Sox), Arno Schreuder (Blue Sox), JG van Niekerk (Blue Sox), Nathan Oosthuizen (Blue Sox), Donovan Wallendorf (Blue Sox) en Rohan Louw (Blue Sox).

Sport buite skoolverband

Baie geluk aan Xanya van Dyk wat pragtig presteer het in perdry:

  • Sy verteenwoordig op 28 Julie 2024 die Gauteng-Noord skolespan in die Gauteng Kampioenskappe by Kyalami Equestrian Park waar sy onder andere 1ste, 5de, 9de en 10de plekke behaal.
  • Sy verteenwoordig Gauteng op 26 September 2024 op die Nasionale Kampiuoenskappe by Kyalami Equestrian Park waar sy 3de, 4de en 6de plekke behaal.

Kansvatter Redenaars

Baie geluk aan al ons redenaars wat deurgedring het na die nasionale rondte van die Kansvatter Redenaars Kompetisie. Besonder geluk aan Helé Lottering wat nasionaal 2de geeindig het.

FAK Afrikaanse Ekspo

64 van ons leerders het vanjaar aan die Afrikaanse Ekspo deelgeneem, hulle verower 43 goue, 42 silwer en 4 brons sertifikate.

Baie geluk aan Raynard Bosman wat ‘n kategoriewenner is vir graad 9 opstelle, hy het 100% behaal vir sy opstel.

Baie geluk ook aan Luan O’Callaghan wat kategoriewenner is vir kort verhale Graad 12 asook vir die kategorie: Lirieke Graad 12.

Kunswedstryde

  • In die Bold Internasionale Eistedfod verower Luan O’Callaghan 5 X B+simbole vir sang.
  • In die Afrikaanse Kunsvereniging se Beeldende Kuns Kompetisie verower Lara van Schalkwyk ‘n A-simbool vir haar kunswerk.

Finansiële Sake

  • Geagte ouers neem asseblief kennis dat die skool se bankbesonderhede gaan verander omdat dit vir die skool verskeie voordele sal inhou. Ons nuwe rekening skuif na FNB: takkode: 210554 en nuwe rekeningnommer 63096257738.
  • Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2025 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Woensdag, 23 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 23 Oktober 2023 is nie sal die opvolgvergadering op Woensdag, 13 November 2024 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 9 Oktober 2024

Projek: SPAR Ninapark

SPAR Ninapark gee aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 1 September tot 30 November 2024 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000.Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 1 September 2024!

Dankie vir ons ouers se ondersteuning teen Dinsdag, 1 Oktober 2024 was Hoërskool Pretoria-Noord nog die voorloper met R 44 954-40 se strokies.

Akademie vir Leerder Ondersteuning “Noorderlig

  • Ouers word herhinner aan ons vergadering op 9 Oktober om 18H00 in die restaurant. Alle ouers wat belangstel om deel te word van Noorderlig word uitgenooi. Die Kersprojek vir 2024 en graad 8 sakkies vir dogters vir 2025 word bespreek.
  • Indien u ons behulpsaam kan wees met die herstel van skoolklere vir die Noorderhoekie en maak van broodjies vir omgeeleerders vir pouses kan u asseblief skakel met Mev. Tanya Breytenbach by 082 601 6878.
  • U word ook herhinner aan ons “Saaidag” vir 18 Oktober 2024.

Program vir die week

Maandag, 7 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 12: Visuele Kuns, Finale Praktiese Eksamen, 08H30 – 14H30
  • Graad 12: Laaste Saalopening.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Krieket: PNHS 2 v/s HTS John Vorster, 14H30, weg.
  • Netbal Akademievergadering, 17H30, K. 22.
  • Rugby Akademievergadering, 17H30, konferensiekamer.
Dinsdag, 8 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12 Braaidag.
  • Rapporte uit.
  • Krieket: PNHS 0/14 A v/s Montana 0/14 A, 14H30, weg.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 Restaurantaand, 18H00, restaurant.
Woensdag, 9 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Akademiese periode graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
  • Krieket: PNHS 0/14 A v/s Montana 0/14 A, 14H30, weg.
  • Krieket: PNHS 0/15 A v/s Montana 0/15 A, 14H30, tuis.
  • Tennis: Interne Kampioenskappe, 14H30, Pretoria-Noord Klub.
  • Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderlig vergadering, 18H00, restaurant.
Donderdag, 10 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Graad 12: Kerkafsluiting, 08H00, NG Florauna.
  • VLR vergadering, 14H15, K 76.
  • Krieket: PNHS 0/15 A v/s Montana 0/15 A, 14H30, tuis.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 Restaurantaand, 18H00, restaurant.
Vrydag, 11 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Graad 12: Afskeid.
  • Atletiek: Centurion afgestel.
Saterdag, 12 Oktober:
  • Sagtebal : Tshwane Kampioenskappe, Finales, 08H00, Crafford Park.
Maandag, 14 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12: Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen
  • Detensie, 14H15 – 16H15.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug