Omsendbrief 31/2023

Omsendbrief 31/2023

Administratief
September 11, 2023


OB: 31 / 2023

Geagte ouers
Lief en Leed

Dit is met leedwese dat ons kennis gekry het van die afsterwe van een van ons ouers, Mev. W. Lues. Ons dra hierdie gesin aan die Here op en bid vir vertroosting met hulle groot verlies.

Krieket

4 September:

PNHS 2 v/s Cullinan 1 (tuis). PNHS 2 kolf eerste en behaal 256 / 6. Cullinan 2 volg op met 68 / 10. PNHS 2 wen met 188 lopies. Goeie kolfwerk deur Jacques Runnals met 44 n.u.n. van 17 balle (silwer balkie), Melvin Swart met 52 lopies van 31 balle (silwer balkie) en Euan du Plessis met 40 lopies n.u.n van 23 balle (brons balkie). Goeie boulwerk van Leonard McGeer met 3 paaltjies vir 11 lopies in 3 beurte (silwer balkie), DF du Preez met 3 paaltjies vir 18 lopies in 3 beurte (silwer balkie) en Melvin Swart met 2 paaltjies vir 6 lopies in 3 beurte (brons balkie). Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons vier wen.

5 September:

PNHS 0/14A v/s Midstream College 0/14A (tuis). PNHS 0/14A kolf eerste en behaal 83 / 10. Midstream College volg op met 87 / 2. Midstream College wen met 8 paaltjies. Goeie kolfwerk van Ruan Schoonraad met 20 lopies van 24 balle. Goeie boulwerk van Keagan Joubert met 1 paaltjie vir 16 lopies in 3 beurte. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons vier verloor.

6 & 7 September:

PNHS 0/15 A v/s Midstream College 0/15 A (weg). Midstream College 0/15 A kolf eerste en behaal 377 / 8. PNHS 0/15 A volg op met 130 / 10. PNHS 0/15 A verloor met 246 lopies. Goeie kolfwerk van Mark Gorman met 85 n.u.n van 92 balle (silwer balkie). Goeie boulwerk van Marx du Plessis met 3 paaltjies vir 38 lopies in 6 beurte (silwer balkie) en Giardt Conradie met 2 paaltjies vir 46 lopies in 6 beurte (brons balkie). Dit was ons 0/15 A span se vierde ligawedstryd waarvan hulle drie verloor en een wen.

9 September:

PNHS 1 v/s Midstream College 1 (weg). PNHS 1 kolf eerste en behaal 234 / 10. Midstream College 1 volg op met 228 / 6. PNHS 1 verloor met 4 paaltjies. Goeie kolfwerk van Ludwig Erasmus met 74 lopies van 57 balle (silwer balkie) en Ulrich Breytenbach met 55 lopies van 60 balle (silwer balkie). Goeie boulwerk van Nathan Oosthuizen met 2 paaltjies vir 17 lopies in 4 beurte (brons balkie) en Wian Rynners met 2 paaltjies vir 43 lopies in 10 beurte (brons balkie). Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons drie verloor en een wen.

Sagtebal
Seuns Liga 7: PNHS v/s Rietondale, 8 September 2023, tuis
Skool PN   PN Riet PN   PN Riet PN Riet
  0/14A 0/14A 0/15A 0/16A 0/16A 0/16A 2de 1ste 1ste 1ste
Uitslag     16 0     14 19 19 1
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 6 - 4 - 2 - 8 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 1 - 0 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 6 - 0 -
Dogters Liga 7: PNHS v/s Montana, 8 September 2023, tuis
Skool PN   PN Mon PN Mon PN Mon PN Mon
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19B 0/19B 0/19A 0/19A
Uitslag     5 4 0 15 10 13 6 2
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 3 - 1 - 4 - 3 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 3 - 3 - 5 - 3 - 4 -
Skool             PN JV    
              2de 1ste    
Uitslag             12 9    
Uitslae tot dusver                    
Gewen - - - - - - 5 - - -
Gelykop - - - - - - 0 - - -
Verloor - - - - - - 3n - - -

JV = HTS John Vorster

Baie geluk aan die volgende spelers van PNHS wat provinsiale kleure ontvang:

Dogters 0/15: Chanté Zeelie en Elmarie Fourie
Dogters 0/19: Mia Cloete, Anneke Le Roux, Annika Jacobs en Cherise van Staden.
Seuns 0/15: Raynhard Bosman, Arno Schreuder, Nathan Oosthuizen, Wian van Heerden, Malan Bezuidenhout, Jayden Neethling en Johan Gerhard v Niekerk.
Seuns 0/19: Divan Niemand, Owen Kuhn, Zain Vorster, Andrew Durdle, Schalk Fourie, Tinashe Chikari en Eben Schreuder

Rugby 7’s, Montana Toernooi, 8 & 9 September
Skool PN Zwart PN Wilg PN Gars PN OM PN  
  0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A
Uitslag 19 5 0 19 17 28 12 24    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 6 - 6 - 6 - 6 - - -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - - -
Verloor 3 - 4 - 5 - 6 - - -

Zwart = Zwartkop / Wilg = Wilgers / Gars = Garsfontein / OM = Oos Moot

Skool PN Eras PN Won PN Gars PN Suth uitspeel PN Won uitspeel
  0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A
Uitslag 35 7 21 17 0 19 33 12 26 5
Uitslae tot dusver                    
Gewen 7 - 8 - 8 - 9 - 10 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 4 - 4 - 5 - 5 - 5 -

Eras = Erasmus / Won = Wonderboom / Suth = Sutherland / Eldo = Eldoraigne

Skool PN Eldo Finaal                
  0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A
Uitslag 0 31                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 10 - - - - - - - - -
Gelykop 0 - - - - - - - - -
Verloor 6 - - - - - - - - -
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2024 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 24 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 24 Oktober 2023 is nie sal die vergadering op Dinsdag, 14 November 2023 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 10 Oktober 2023.

Merietefunksie 2023
  • Alle leerders wat gedurende 2022 trofee ontvang het by die Merietefunksie moet dit asseblief terugbesorg by Me. Du Plessis.
  • Alle leerders wat provinsiale of nasionale kleure ontvang het vir aktiwiteite buite skoolverband moet asb. bewyse daarvan inhandig by Mev. Swanepoel.
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
  • ‘n Spesiale glans 80 jaar gedenkblad teen R 200-00 per eksemplaar. Leerders kan in hule voogklasse bestel.
PNHS Ondersteuners: Fondsinsameling, 24 September 2023

Hiermee word u hartlik uitgenooi om kaartjies te bespreek vir ‘n onvergeetlike middag van musiek. Die Barnyard Teater in Menlyn bied op Sondag 24 September 2023 om 14:00 ‘n ABBA en QUEEN vertoning aan. Bring sommer die hele gesin of vriendekring en kom kuier heerlik saam.

Die kaartjies beloop R180-00 per persoon. Indien u egter voor of op 15 Augustus 2023 u kaartjies bespreek en betaal sal u slegs R150-00 per kaartjie hoef te betaal.

Ondersteun gerus hierdie fondsinsamelingsprojek en bespreek vroegtydig u kaartjie by [email protected] om teleurstelling te voorkom.

Klagtes oor parkering in Burgerstraat

Geagte ouers ons versoek dat u nie in burgerstraat sal parkeer wanneer u, u kind in die middae oplaai nie, dit skep ‘n uiters gevaarlike situasie en ons het verskeie klagtes van inwoners en die metropolisie ontvang oor die situasie. Ons versoek dat u aan die kant van die Berglaan grens van PNHS sal parkeer. Ook dat u met u voertuig se neus na die grens sal parker en nie parallel nie, sodat meer voertuie daar kan parkeer.

Skoolfonds

Geagte ouers dit het onder ons aandag gekom dat die wanpersepsie bestaan dat die staat ruim bydrae tot skole en ook skoolfonds betaal vir alle leerders wat vrystelling ontvang. Die waarheid is egter dat die staat se bydrae tot ons skool so beperk is dat ons nie eens ons diensterekening vir 8 maande daarmee sal kan betaal nie. Die staat se vergoeding vir verpligte vrystellings beloop maar sowat 5% van die werklike verlies vir die skool. Om die skool in staat te stel om kwaliteit onderrig en geleenthede vir u kind te bied nodig ons dat ons ouers getrou skoolfonds sal betaal.

Betaal asseblief u skoolfonds, dit is die regte ding om te doen!


Program vir die week
Maandag, 11 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Gasvryheidstudies Vasvra, 14H15, restaurant.
  • Krieket liga 5: PNHS 2 v/s Overkruin, 14H30, weg.
Dinsdag, 12 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Toetsperiode graad 8 – 11.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • Krieket: Liga 5 dag 1: PNHS 0/14A v/s Oos Moot 0/14A, 14H30, tuis.
Woensdag, 13 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Akademiese uur graad 8 – 11, 14H15 – 15H00.
  • Krieket: Liga 5 dag 2: PNHS 0/14A v/s Oos Moot 0/14A, 14H30, tuis.
  • Krieket: Liga 5 dag 1: PNHS 0/15A v/s Oos Moot 0/15A, 14H30, weg.
  • Finansiële Komitee Begrotingsvergadering, 17H15, konferensiekamer.
Donderdag, 14 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Toetsperiode 8 - 11.
  • Krieket: Liga 5 dag 2: PNHS 0/15A v/s Oos Moot 0/15A, 14H30, weg.
Vrydag, 15 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Sagtebal: Seuns 0/14, 0/15 en 0/19 v/s Homespun, 14H30, Crawford Park.
  • Sagtebal: Seuns 0/15 en 0/16 v/s Crawford College, 14H30, tuis.
  • Sagtebal: Dogters 0/14 v/s Montana, 14H30, weg.
  • Sagtebal: Dogters 0/19 B v/s oos Moot, 14H30, weg.
  • Sewes Rugby: 0/15 Eldoraigne Toernooi, 14H30, Eldoraigne.
Saterdag, 16 September:
  • Krieket: Liga 5: PNHS 1 v/s Oos Moot 1, 09H00, weg.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 High Tea, 10H30, restaurant.
  • Sewes Rugby: 0/17 Eldoraigne Toernooi, 09H00, Eldoraigne.
Maandag, 18 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Krieket liga 6: PNHS 2 v/s HTS Tuine 1, 14H30, tuis.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug